TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30 Sepie

-

Dr. Liam Vorster (David Viviers) is nou op ’n goeie plek ná die terugslae weens sy pilverslaw­ing. Hy het sy werk en verhouding met verpleegst­er Karen (Luandri Reynders) verloor, maar nadat hy in Junie in ’n rehabilita­siesentrum herstel het, het hy stadig maar seker weer die stukkies van sy lewe opgetel – hy het sy werk by die Binnelandk­liniek hervat en Karen is aan sy sy.

“Dit gaan goed met Liam en hy voel in beheer van sy lewe en sy verslawing,” sê David. Maar wanneer Liam se pa onverwags opdaag, krap dit ou wonde oop wat sy beheer oor sy lewe in gedrang plaas.

Karen se bestie, verpleegst­er Gaby (Maude

Sandham), stel voor Liam trek by Louis en Naomi

Koster se huis in waar van die hospitaal se personeel loseer. “Liam slaap al ’n geruime tyd by Karen en Gaby se woonstel oor, want hy wil nie alleen in sy woonstel bly nie,” sê Liam.

Liam trek by die Kosters in, maar is byna dadelik spyt oor sy besluit. “Almal is baie gaaf,” sê David. “En al wil Liam nie alleen wees nie, gaan die huis dalk joliger wees as wat hy verkies.” Dis juis daar waar sy pa hom besoek. Ons brand om te sê wie Liam se pa is, want kykers ken hom reeds, maar ons mag nie. David kleur die prentjie ’n bietjie in: “Liam en sy pa is vervreem en Liam koester ’n wrok jeens sy pa omdat sy pa hom en sy ma verlaat het toe hy kind was. Hy weet nie wat sy pa daar soek nie, en hy gaan vir seker nie met sy pa versoen nie. Dis alles onnodige stres vir Liam en ek weet nie of hy dit goed gaan hanteer nie,” verklap David.

• Lees meer op ble. 18 en 19.

 ?? ?? Kykers gaan binnekort uitvind wie Liam (foto) se pa is.
Kykers gaan binnekort uitvind wie Liam (foto) se pa is.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa