TV Plus (Afrikaans)

America’s Got Talent

Seisoen 17 M-Net (*101) 19:00 Realiteit

-

Dit was nie vir die akteur Terry Crews maklik om sy naam in Hollywood te vestig nadat sy loopbaan in beroepsvoe­tbal in 1997 geëindig het nie. Hy het jare lank klein rolle in TV-advertensi­es gespeel, en in 2002 sy deurbraak gemaak in die komediefli­ek Friday After Next.

“Ek het nog nooit teruggekyk nie en elke werkdag is ’n seën,” sê die 54-jarige akteur wat die talentreek­s America’s Got Talent sedert seisoen 14 (2019) aanbied.

1 Terry is streng Christelik grootgemaa­k deur sy ma, Patricia Ann Simpson, in Flint, Michigan. Sy verhouding met sy pa, Terry S, ’n gemene dronklap, was sleg.

2 Hy het portrette geskets van mense en sy spanmaats om geld te verdien as student en atleet. Hy het ook vir ’n paar jaar as sketser in die hof gewerk, en het vroeër vanjaar sy eerste geanimeerd­e grafiese roman getiteld Terry’s Crew uitgegee.

3 Terry het in 2014 in sy outobiogra­fie Manhood: How To Be A Better Man Or Just Live With One, erken hy is reeds lank aan pornografi­e verslaaf, wat sy huwelik met Rebecca King

Crews, ’n musiekdire­kteur, in gevaar gestel het. Hy het rehabilita­sie ondergaan en hy en Rebecca is ná 34 jaar steeds saam.

4 Terry se fiksheid is legendarie­s en iets waarop hy trots is. “Ek staan elke dag om 05:00 op, het teen 08:00 klaar geoefen, en kan met my dagtake begin. Daar’s struktuur in my wêreld,” sê hy.

 ?? ?? Die aanbieder Terry Crews is vir die kollig gebore.
Die aanbieder Terry Crews is vir die kollig gebore.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa