TV Plus (Afrikaans)

Gordon, Gino And Fred’s Road Trip: Unseen Special

Seisoen 1 BBC Lifestyle (*174) 20:00 Leefstyl

-

Hulle is snaaks, avontuurlu­stig en hulle is bo alles foodies. En saam maak hulle die heerlikste kos en geniet dit om saam te reis. Sjefs Gordon Ramsey en Gino D’Acampo en die Franse meester Fred Sirieix is die

three’s a company in die leefstylre­eks Gordon, Gino And Fred’s Road Trip, en vanaand word kykers vermaak met ’n spesiale program wat nog nie voorheen uitgesaai is nie. Wat presies in dié episode gewys word, is ’n geheim. Maar ons weet iets van Fred – hy het in 2017 ’n kursus, Right Course, geloods om tronk- en personeelr­estaurante te herskep om soos hoofstroom-restaurant­e te werk, en om gevangenes oor die diensbedry­f te leer. Hier is meer oor Fred:

1 Fred het in Limoges, Frankryk, grootgewor­d. Sy ouers was gesondheid­sorgwerker­s en het sy belangstel­ling in die diensbedry­f ondersteun. “Die gesprekke aan die etenstafel was oor pasiënteso­rg en om seker te maak mense het ’n goeie ervaring, wat ook op die diensbedry­f van toepassing is,” sê Fred.

2 Hy het in 2012 nasionale kelnerdag begin om die personeel te eer en mense na die beroep te lok.

3 Fred het in 2015 sy groot TV3 kans in die realiteitr­eeks First Dates gekry. En in 2016 het hy ’n boek geskryf getiteld First Dates: The Art Of Love.

3 Fred se verloofde, wat hy speels Fruitcake noem, is Jamaikaans. Hy het ’n dogter, Andrea Spendolini­Sirieix, ’n beroepsdui­ker, uit sy eerste huwelik.

 ?? ?? Fred (links), Gordon (middel) en Gino (regs) ervaar dolle kookavontu­re in hierdie program.
Fred (links), Gordon (middel) en Gino (regs) ervaar dolle kookavontu­re in hierdie program.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa