TV Plus (Afrikaans)

DOKTER ALI

-

Seisoen 1-2 is slegs op eVOD beskikbaar.

Om die stem vir die outistiese dr. Ali te vind was ’n delikate proses. Hy is ’n komplekse karakter wat met deernis deur die

Turkse akteur Taner

Ölmer vertolk word.

Denver Vraagom (die aanbieder van die vasvraprog­ram Words & Numbers) toon sy veelsydigh­eid as stemakteur vir Ali. Sy oorklankin­g weerspieël 100% wat jy op die skerm sien. Elke gedagte, elke greintjie van sy onsekerhei­d, opgewonden­heid, hartseer en verwarring word in Denver se stem oorgedra. Denver sê hy het vroeg in die 1990’s stemwerk en oorklankin­g begin doen, en dis steeds een van sy gunsteling­maniere om sy liefde vir toneelspel te toon. “Dis vreemd ek word deesdae op straat herken vir my stemoorkla­nking van dr. Ali, en nie vir my gesig vir die rolle wat ek speel nie. Maar ek hou daarvan. Daar is iets aan die towerkrag wat jy agter ’n mikrofoon skep, en die manier waarop jy jou stem gebruik om emosies te skep. Terwyl ek Ali se storielyn oorgeklank het, het dit my geraak om te sien hoe hy oor die seisoene ontwikkel het en ’n man word wat dapper goed doen ondanks sy outisme. As ’n pa met ’n dogter met outisme het ek ’n diep band met dié storie en karakter gevoel,” voeg Denver by.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa