TV Plus (Afrikaans)

JETT (aksiereeks)

-

Dis belangrik om te weet wat jou talent is, en vir Daisy (Jett) Kowal

ski (Carla Gugino, Madeline in die aksiefliek Gunpowder Milkshake), is dit diefstal. Ninjas en klouterdie­we is dalk heel swart geklee, maar Jett sluip rond in ’n pers luiperdbed­rukte jas en hemelhoë hakke. Dié meesterlik­e dief het boonop die vermoë om haar teiken sommer tydens die hoofgereg en nagereg te verlei en beroof. Maar dinge raak ingewikkel­d in hierdie reeks wanneer Jett met ’n misdadiger te doen kry wat haar ware bedoelings ontbloot en haar dan keer. Ons wonder wie se kierang gaan eerste braai wanneer dié twee verplig word om later in die reeks van een seisoen saam te werk.

 ?? ?? Die meesterdie­f Jett se oog is op die boerpot en niemand gaan haar keer nie.
Die meesterdie­f Jett se oog is op die boerpot en niemand gaan haar keer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa