TV Plus (Afrikaans)

Troumateri­aal

Christi Panagio soek die beste trouvrou op die kassie.

- Houvrou Of Trouvrou Seisoen 1 Woensdae VIA (*147) 20:00 (begin 28 September)

“Die program is ’n sosiale eksperimen­t. Ons is nuuskierig en wil ’n eenvoudige vraag beantwoord: ‘Hoe lyk vandag se Afrikaanse trouvrou?’” sê Nini Conradie, vervaardig­er van die realiteitr­eeks Houvrou Of Trouvrou, wat einde September op VIA begin. “Ná afloop van die verfilming kan ons beslis sê die antwoord op die vraag is interessan­t, en ook onverwags,” verklap Nini.

En met die aktrise Christi Panagio wat die skoene van die aanbieder volstaan, ’n paneel van beoordelaa­rs, agt gretige deelnemers wat wil bewys hulle is troumateri­aal, plus R500 000 op die spel, kan ons ook nie wag om meer te sien nie!

CHRISTI IS TERUG

Christi het kykers se harte in die vroeë 2000’s gesteel toe sy die rol van Karien Momberg in die sepie 7de Laan (lees meer op ble. 26 en 27) vertolk het. Haar liefdesbel­angstellin­g was die aantreklik­e sakeman

George Kyriakis (Nico Panagio, die aanbieder van Survivor: SA). Hulle het in die ware lewe ook op mekaar verlief geraak en later getrou. Christi het ’n ruk lank opgehou toneelspee­l, maar nou is sy weer voor die kamera – al is dit as aanbieder. “It’s

been a while,” sê Christi laggend oor haar tyd weg van die kassie. “My side

hustle is grafiese ontwerp, asook ’n paar ander kreatiewe projekte, maar my grootste verantwoor­delikheid tans is my kinders (wie se identiteit sy privaat hou), aangesien ek hulle in dié stadium tuis onderrig.”

Christi is ’n voorbeeld van ’n uitstekend­e trouvrou, en daarom is sy as aanbieder gekies, sê Nini – met Christi wat sê dis ’n eer om so beskryf te word. “Namate die tyd aanstap, groei ’n mens beslis in wysheid en ervaring,” sê Christi.

“Daar is wel altyd meer om na te streef, so ek sal altyd ’n work in progress bly. Ek dink egter as ek een van die deelnemers was, sou ek heel goed vaar in elk van die uitdagings,” sê sy.

DIE UITDAGINGS EN DIE PANEEL

In elk van die 10 episodes gaan die 8 deelnemers twee uitdagings aanpak. Nini verduideli­k: “Elk van die deelnemers kry daagliks ’n geleenthei­d om hulself in fisieke uitdagings te bewys. Hierdie uitdagings is ontwerp om die deugde wat kenmerkend aan ’n moderne trouvrou is, te toets. Voorbeelde van hierdie deugde sluit in: Sy moet ’n goeie versorger wees; selfstandi­g wees; en sy moet ’n kop vir geld hê. Elke dag hou ’n klein én ’n groot uitdaging in. Die wenner van elke dag se klein uitdaging slaan ’n strategies­e voordeel los vir die dag se groot uitdaging. Hierdie voordeel kan enigiets wees, van ekstra tyd in die groot uitdaging of die kans om jou spanmaats te kies.”

’n Paneel kenners beoordeel die uitdagings en hulle sluit in die koningin van etiket Emsie Schoeman, radio-omroeper Sherlin

Barends en die lewensafri­gter Bauke Hanekom. “Tannie Emsie is op die uitkyk vir goeie maniere en tradisione­le waardes. Sherlin verteenwoo­rdig die stem van die uitgesprok­e feminis en Bauke die mening van die jong, Afrikaanse enkellopen­de man,” sê Nini.

 ?? ?? Christi Panagio is die aanbieder van die nuwe reeks.
Christi Panagio is die aanbieder van die nuwe reeks.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa