TV Plus (Afrikaans)

Alle kante van die saak

Aden en Chrislynn bemiddel dispute in Sê Jou Sê.

- Sê Jou Sê

Seisoen 1 Saterdae kykNET & kie (*145) 19:30 (begin 1 Oktober)

Saterdagaa­nde is binnekort nie net ’n tyd om die vuur aan te steek nie, maar ook om nader te skuif vir die nuwe kletsprogr­am Sê Jou Sê waarin dispute, onderonsie­s, misverstan­de, knelpunte en selfs beweerde bedrieglik­heid en ontrouheid tussen egpare bespreek gaan word. Klink sommer klaar na drama!

Die gesoute radio-omroeper

Aden Thomas – Kaapse kykers sal sy stem herken van sy program op die radiostasi­e Heart 104.9 FM – is die ankeraanbi­eder. Die snuffelhon­djoernalis Chrislynn Sias staan Aden by en saam help hulle die partye wat hul sê kom sê om tot ’n vergelyk te kom of ’n oplossing te vind.

“Met Sê Jou Sê wil ons twee opponerend­e partye die kans gee om dinge van aangesig tot aangesig uit te praat en alle kante van die saak te hoor,” verduideli­k Aden. Dit kan soms drama veroorsaak, maar volgens Aden gaan aggressiew­e gedrag nie geduld word nie: Sake gaan met deernis en respek bespreek word en so kan kykers ook leer om soortgelyk­e sake in hul eie huishoudin­gs te hanteer.

REGUIT PRAAT

“Ek het ’n reguit manier van gesels en gaan nie enige doekies omdraai wanneer ernstige vrae gevra moet word nie,” sê Aden.

Voorbeelde van die dispute wat in die program bespreek gaan word, sluit in: ’n Vrou wat koppe stamp met haar skoonma en skoonfamil­ie oor waar haar oorlede man begrawe moet word; geld wat gesteel is; en selfs vyandighed­e tussen bure.

“Ons werk ook daaraan om mense vir die program te kry wat uit geld of besittings gekul is. Of selfs dolverlief geraak het op iemand wat hulle op die internet ontmoet het, net om vir die persoon geld te stuur en dan word hulle afgepers om nóg geld te stuur, of die persoon verdwyn net, soos wat gebeur het in die Netflix-dokkie The Tinder Swindler.”

VUIL WASGOED

Chrislynn is die inhoudskoö­rdineerder, navorser en veldaanbie­der, en dis dus haar verantwoor­delikheid om die inhoud vir die program te kry. “Ek gaan ook uit om onderhoude te voer met die mense in die gemak van hul huise, en dan vaar ons die strate in om gewone mense se menings oor die saak te hoor.”

Dit kan nie maklik wees om jou vuil wasgoed op TV te was nie, maar Chrislynn sê jy sal verbaas wees hoe gretig sommige mense is om hul storie voor die kameras te vertel.

DIE GEHOOR

Die program is interaktie­f en word voor ’n lewende gehoor verfilm. “Die gehoor speel ’n belangrike rol, want hulle word die ooggetuies, die arbiters en bepaal wat is geloofwaar­dig en wat is ’n klomp nonsens wat die partye kwytraak,” sê Aden. “Hulle kan ook vrae aan die partye vra om by die waarheid uit te kom. So hou hulle my en die mense wat die sake in die program bespreek eerlik sodat die stories nie buitenspor­ig raak nie of die simpatieka­artjie nie gemelk word nie,” voeg Aden by.

Daar sal ook soms verassings­gaste in die program verskyn en die gas werp dan nuwe lig op die saak of kan iemand selfs in ’n leuen uitvang . . .

Chrislynn sê sy glo die program gaan ’n verskil in die samelewing maak, want kwessies waarvan mense gewoonlik wegskram, gaan nou openlik bespreek word.

“Mense gaan nou ’n kans hê om daai berg van hul skouers af te kry en te besef hulle is nie alleen in whatever situasie hulle hulself bevind nie. Baie van hierdie kwessies is goed waarmee ons almal kan relate.

Ek dink die reeks gaan mense leer dit is fine is om te praat oor goed wat jou pla – jy hoef dit nie onder die mat in te vee nie.”

 ?? ?? Aden Thomas (hooffoto) vra die moeilike vrae as aanbieder van die nuwe geselsprog­ram Sê Jou Sê, en Chrislynn Sias (inlas), die veldaanbie­der, is ook ’n omroeper op RSG en skryf vir die tydskrif Kuier.
Aden Thomas (hooffoto) vra die moeilike vrae as aanbieder van die nuwe geselsprog­ram Sê Jou Sê, en Chrislynn Sias (inlas), die veldaanbie­der, is ook ’n omroeper op RSG en skryf vir die tydskrif Kuier.
 ?? ?? Hier sit van die deelnemers (wie se identiteit verbloem word) op die Sê Jou Sê-stel wat in dieselfde ateljee as die program Koortjies Met Jonathan Rubain verfilm word.
Hier sit van die deelnemers (wie se identiteit verbloem word) op die Sê Jou Sê-stel wat in dieselfde ateljee as die program Koortjies Met Jonathan Rubain verfilm word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa