TV Plus (Afrikaans)

Iemand om dop te hou

Ontmoet die nuwe gesig in Arendsvlei: Rikus, die bokser.

-

Daar is ’n nuwe outjie in die Vlei en sy droom is om ’n beroepsbok­ser te word. Rikus (William Adams, ’n nuweling) is ’n jong seun wat goed weet van swaarkry – albei sy ouers is onlangs dood. Daar is nou net een ding wat vir hom waarde het en dis om te boks. Hy gaan klop dus aan by Lennie (DannJaques Mouton) en sy boksklub om sy talente te slyp en sy hartseer met bokshandsk­oene te verwerk.

BAIE POTENSIAAL

“Rikus is in matriek, maar hy draf nie klas by die Hoërskool Arendsvlei nie,” sê William. Dis onduidelik waar hy skoolgaan, maar dis deel van die intrige wat later opgelos word (ons mag dit nie verklap nie). “Rikus het destyds by sy pa geleer hoe om te boks en het daai tyd al versot geraak op die sport,” sê William, maar vir eers hou hy dit geheim.

En Rikus het beslis talent. Lennie en sy kollega Eric (Sergio Fransman) is beïndruk met Rikus se houding tydens sy eerste oefensessi­e. “Lennie het Eric gevra om Rikus af te rig, want hy het gesien hulle het ’n goeie verhouding,” sê William. “Rikus het gewys hy is keen om te leer en wil graag sy bes doen. Dit het Lennie en Eric opgewonde gemaak om hom by die klub te laat boks.”

WARE VERMOËNS

Ál meer mense sluit by die boksklub aan vir lesse, en Lennie is in die wolke om die klub weer op die been te kry. Hy het die boksklub onlangs teruggekry nadat

Ingrid (Rehane Abrahams) vir al haar misdade toegesluit is – en Ingrid het mos die klub onder hom uitgeswend­el.

Hoewel Lennie bly is oor al die nuwe lede, is dit Rikus wat hom en Eric die meeste beïndruk wanneer Eric sien hoe vlugvoetig Rikus is. “Rikus slaan per ongeluk sy boksmaat Avukile (Aviwe Ngabom) dat Avukile neerslaan, al het hy eintlik tot dusver sy talent onderspeel,” verklap William. “Eric kom gou agter daai hou is eintlik van iemand met jare se ondervindi­ng en vra Rikus later daaroor uit en Rikus erken sy pa het hom destyds ’n paar tricks geleer.”

Lennie wil graag meer by Rikus uitvind oor sy pa, maar Rikus klap toe wanneer Lennie oor sy pa praat. “Rikus se pa was sy held,” sê William. “Rikus wil nie oor sy pa praat nie, want dis ’n baie hartseer topic.” Maar ons kry ’n gevoel dis nie ál rede hoekom Rikus se pa se naam nie genoem word nie . . . Daar is nog baie kinkels in Rikus se storielyn, belowe William.

VERLEDE KEER

Anton het op pad na sy troue met Nicolene in ’n motorongel­uk gesterf, Thys was in die sop omdat nie tussen Bianca en Dominique kon kies nie, en Lionel het ’n plan beraam om meer tyd saam met Janice te bestee.

IN DIÉ UITGAWE

Lionel is passievol oor sy ouerskappl­anne, maar sal Janice moet oortuig, Bianca en Dominique stamp koppe, en Yvette sukkel om haar verhouding met Hein te herbou. Janice wroeg ná Lionel se versoek om ’n baba te hê, Nicolene, Yvette en Hein se hartseer lei tot skindersto­ries in die gemeenskap, en Lennie en Eric is beïndruk met Rikus se houding by sy eerste boksoefeni­ng. Janice verduideli­k waarom sy nie ’n kind wil hê nie, maar Lionel sluk swaar daaraan, Lennie en Eva maak gereed vir nóg inskrywing­s by die boksklub, en Hein probeer met Yvette opmaak ná ’n gesprek met Aunty Gertie, maar dinge loop skeef.

Rikus wys per ongeluk sy ware vermoë as ’n bokser en Eric let dit op, Thys is bekommerd oor Bianca en gaan loer by haar in, en Nicolene vra Hein en Yvette om verskoning omdat sy probleme in die huis veroorsaak het. Lennie nooi Rikus om te kyk hoe Eric boks, en Bianca neem wraak op Thys. Ruby is geskok wanneer sy hoor

Yvette het Hein sy tasse laat pak, en Dominique verras Thys en dit dwing hom om tussen die vroue in sy lewe te kies. • Lees meer op bl. 41.

 ?? ?? Rikus se passie is om te boks, maar steek hy iets weg?
Rikus se passie is om te boks, maar steek hy iets weg?
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa