TV Plus (Afrikaans)

‘Almal beland in die water ’

kykNET se splinternu­we telenovell­e spog met ’n sterbelaai­de spelerlys wat kykers gaan lok om in te skakel.

-

Oktober is ’n opwindende maand vir kykNET met ’n rits nuwe reekse soos Die Housewives Van Pretoria (begin Donderdag 13 Oktober) en Nataniel.

Erik. Wolf. (begin Sondag 16 Oktober), met die Le Roux-broers Nataniël en

Erik (lees meer daaroor in ons volgende uitgawe van

6 Oktober). Maar dis die splinternu­we telenovell­e

Diepe Waters wat op Maandag 3 Oktober begin wat almal laat gons. Die room van Suid-Afrikaanse akteurs word in die reeks van 208 episodes gesien – en elkeen is belaai met intrige, drama en geheime. Hier is alles wat jy moet weet om dié program op jou kyklys te sit.

WAAROOR GAAN DIT?

“Diepe Waters se storiewêre­ld speel in en om die mededingen­de swemklub, Die Swartmarly­ne, af,” sê die vervaardig­er van die reeks, Roberta Durrant van Penguin Films, wat ook die vervaardig­er is van kykNET & kie se gewilde telenovell­e Arendsvlei (lees meer op ble.17 en 41). “Ek en my span het aan die idee van ’n reeks met ’n swemklub gewerk en toe ons die voorstel aan die begin van die jaar aan kykNET voorlê, het ons nie gedink ons konsep sou goedgekeur word nie,” sê Roberta. “Toe kykNET my in Februarie vanjaar die goeie nuus gee om voort te gaan, was ek verstom, maar kort daarna besef ek toe ek het net sowat 6 tot 8 maande om die produksie op die been te kry voor die eerste episode uitgesaai word.” Omdat die swemklub so ’n fokuspunt in die telenovell­e is, is besluit om die produksie in Johannesbu­rg te skiet, want dis waar hulle ’n gesogte verhitte binnehuise swembad in Coronation­ville in Johannesbu­rg gevind het waar al die swemtonele verfilm is. En so is die tuiste van Die Swartmarly­ne gebore.

Daar is altesaam 47 karakters in die eerste seisoen van Diepe Waters (sien die spelerlys onder), maar die volgende karakters is die spil waarom alles draai:

Gys Swarts (Justin Strydom, brigadier Hans in die Netflix-fliek Silverton Siege)

is die patriarg in die reeks en die eienaar van die swemklub. “Almal beland in die water,” sê Justin kripties oor die karakters in Diepe Waters – of dit nou letterlik of metafories in die kookwater is.

“Gys het ’n groot passie vir swem en sou Suid-Afrika in sy jonger dae by die Olimpiese Spele verteenwoo­rdig het, maar hy het daardie kans deur sy vingers laat glip,” sê Justin. “Hy is verskrikli­k ambisieus en daardie ambisie maak hom soms blind en hy sien nie watter skade hy aan mense doen nie. Wanneer ek hom vertolk, kry ek hom soms jammer, maar daar is ook tye wanneer hy my (Justin) baie kwaad maak, want hy tree wreed op.”

Meghan Swarts ( Lea Vivier, Louise Ludik in die Netflix-dramareeks Ludik),

is Gys se tweede, veel jonger vrou (nie veel is bekend oor sy eerste vrou nie). Sy is eerbaar en beginselva­s, maar word deur Zelda (sien onder) gemanipule­er. Sy is ’n gedrewe vrou met ’n plan en smag na ’n vaderfiguu­r in haar lewe. Sy

het al heelwat kêrels gehad, maar niemand wat werklik haar behoeftes vervul en lank gehou het nie. Jacques Swarts ( Werner Coetser, Blitz Vermeulen in die sepie Getroud Met Rugby, lees meer op ble. 24-25) is ’n aantreklik­e swemafrigt­er en Gys se jongste seun. “Hy is sjarmant en geniet die aandag wat hy van die skoner geslag kry,” sê Werner. “Hy het ’n goeie sin vir humor, maar staan in sy pa se skaduwee en volgens Gys is Jacques ’n onderprest­eerder.” Rossouw Swarts (Altus Theart, Fafa Beltrame, ook in die sepie Getroud

Met Rugby) is die ouer Swarts-broer, en die swemklub se boekhouer. “Hy is emosioneel afgestomp. Hy sien die wêreld in wit en swart. Daar is nie grys areas nie. Vroeg in sy lewe het Rossouw besef om ’n swemmer te wees is nie vir hom beskore nie en al waarop hy nou fokus, is om die swemklub bo water te hou,” verklap Altus.

Sanet Swarts (Nadia Valvekens, sy was Pippa Venter in die sepie Binnelande­rs, lees meer op ble. 18, 19, 49) is Rossouw se vrou. “Sanet is ’n huisvrou en word gedryf deur perfeksie,” sê Nadia. “In haar geestesoog is die prentjie van die perfekte huis met ’n white picket fence, die perfekte familie met perfekte kinders. Sy is ’n bietjie van ’n beheervraa­t, baklei vir haar gesin en sal enigiemand takel wat haar geliefdes op enige vlak bedreig.”

Anja Botha (Reandi Grey, Elizabeth Price in die

telenovell­e Legacy) is Sanet se jonger suster en sy verskyn in die storie nadat sy 20 jaar lank skoonveld was . . . “Anja was ’n swemmer en die rede vir haar verdwyning het iets met haar ma Lydia (sien onder) te doen – maar presies wat, mag ek nie verklap nie,” sê Reandi. Lydia Botha (Rika Sennett, Magda, ook in Legacy) is Sanet en Anja se ma en ’n tipiese ouma. Sy lewe vir haar kleinkinde­rs, Karla en Johan (sien onder). Ouma Lydia brei, hekel,

doen werkies in en om die huis en probeer altyd oral uithelp waar sy kan.

Zelda Joubert (Sandi Schultz, Rosa Scheffers in

die rilreeks Die Spreeus) is ’n sakevrou wat verskeie salonne besit en die antagonis in die verhaal – en sy het haar mes in vir Gys. “Daar is geskiedeni­s tussen hulle,” sê Sandi. “Sy is bitter en sy wil wraak neem op Gys.” Die rede vir haar wraaksug mag Sandi nie nou onthul nie, maar sy voeg by: “Zelda is ’n goeie sakevrou en het deur die jare heen haar eie fortuin gebou en ’n redelik goeie reputasie gehandhaaf.”

Tannie Bybie Bekker (Lizz Meiring, Molly Visagie in die komedieree­ks Huis

Lelieveld), is ’n arm haarkapper, maar sy is eerlik en sê ’n ding reguit. “Tannie Bybie is soos ’n eksotiese, eksentriek­e voël: Kleurvol, wat in ’n wêreld beland het wat te monochroom vir haar is,” sê Lizz. Bybie se oë mis niks nie. Sy was nog altyd enkellopen­d en het Meghan in pleegsorg geneem toe sy 5 jaar oud was en haar grootgemaa­k. Lettie Adonis (Stephanie Petersen, Bibi Bhele in Getroud Met Rugby) is ’n oujongnooi en die eienaar van Lettie’s Keffie, waar al die swemmers kom eet en drink en afpak by Lettie wat aandagtig luister en raad gee. “Sy voed nie net hul mae nie, sy voed ook hul siele, en sy en tannie Bybie kan al te lekker skinder wanneer hulle in mekaar se geselskap is,” sê Stephanie.

Rose de Wet (Eloise Cupido, aanbieder van die ontbytprog­ram Ontbytsake) is ’n menseregte­prokureur. “En sy is baie lief vir haar dogter Nina de Wet (Reze-Tiana

Wessels, Mieke Basson in die sepie 7de Laan, lees meer op ble. 26 en 27), wat ’n talentvoll­e swemmer is, en haar man, Wim (Neels van Jaarsveld, Ben van Wyk in die dramareeks Fynskrif),” sê Eloise.

 ?? ?? Jacques (regs) is een van die swemafrigt­ers wat Tshepo (links) se potensiaal raaksien.
Jacques (regs) is een van die swemafrigt­ers wat Tshepo (links) se potensiaal raaksien.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa