TV Plus (Afrikaans)

PRIKKELAAR­S

-

Hier is die eerste twee prikkelaar­s van Diepe Waters wat in die tweede helfte van ons uitgawe begin. In ons volgende uitgawe van 6 Oktober sal ons ’n volledige voorskou van twee weke hê. Maandag 3 Oktober:

Die Swarts-familie word onkant betrap deur Gys se verrassing op sy 66ste verjaardag. Meghan het groot planne vir haar toekoms, en Zelda kry die skok van haar lewe.

Dinsdag 4 Oktober:

Henry leer grootoog hoeveel werk die opsigter van Die Swartmarly­ne-swemklub het. Sal hy die mas kan opkom? Zelda en Tannie Bybie moet by Sanet hoor waar Meghan is en watter groot stap sy in haar lewe gedoen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa