TV Plus (Afrikaans)

Soveel vyande . . .

Tim en Nazeem span kragte saam om Bridgette te vernietig.

-

Tim (Marco Spaumer), het genoeg gehad. Bridgette (Denise Newman), sy vrou, Zoe (Lauren Joseph), se tannie en sy baas by Jacobs Property Developmen­t (JPD), het te ver gegaan in haar pogings om hom te ondermyn. “Die laaste strooi was toe Bridgette onlangs Tim se argitek-ontwerpe vir ’n nuwe ontwikkeli­ng, tweede viool laat speel het teenoor ’n buite-argitek s’n. Hy wil Bridgette vernietig en die beste manier is om ’n alliansie met Nazeem (Irvine van der Merwe), Bridgette se halfbroer en aartsvyand, te vorm,” verklap Marco.

JUWEELDIEW­E

Tim en Nazeem se visier is op Bridgette se duur juwele. Hulle steel, verkoop, en vervang dit met identiese vervalste juwele. “Bridgette kom agter iets is nie pluis nie wanneer sy haar borsspeld aan die welsyn skenk om opgeveil te word, en daar word ontdek die juweelstuk is vervals,” sê Denise. Sy wil dadelik agter die kap van die byl kom en vra haar versekerin­g se speurders om ondersoek in te stel, wat Tim senuweeagt­ig maak. “Tim smoor dit in die kiem deur Bridgette te oortuig haar eksman Ian (Abduragman Adams) kon dit vervals het, want Ian was immers die een wat dit vir haar gegee het en hy het nooit geskroom om Bridgette ’n rat voor die oë te draai nie,” sê Marco.

Intussen word ’n eiendom onder Zoe, wat ook vir JPD as agent werk, se neus verkoop voordat sy dit self kan koop, en dit ontstig haar behoorlik. “Tim en Nazeem sit daaragter,” erken Marco. “Dis deel van hul planne om Bridgette en JPD te ondermyn. Die eiendom waarop Zoe afgekom het, is perfek vir ontwikkeli­ng, en Tim en Nazeem koop die eiendom deur ’n ooreenkoms met die eienaar van ’n ander eiendomsag­entskap

Gerda Louw (Clara Joubert, bekend vir haar rol as Hess van Tonder in die komedieree­ks Orkney Snork Nie) te sluit.”

DIE PERFEKTE FRONT

Bridgette hoor Gerda het die eiendom gekoop en wil dadelik meer weet van die vrou en of Gerda mededingin­g vir JPD gaan wees, maar Bridgette se aandag word afgelei wanneer een van haar juweelstuk­ke – duur oorbelle – skielik breek. “Die stene breek soos glas en Bridgette begin vermoed al haar juwele is vervals, wat later bevestig word,” sê Denise.

Tim spring om vinger te wys na

Donovan (Marvin-Lee Beukes), Bridgette se eksman wat in Februarie vanjaar vermoor is. “Dis die perfekte front,” sê Marco. “Tim sê vir Bridgette die enigste persoon in hul binnekring wat redelik onlangs toegang tot die huis gehad en geweet het wat gaan vir wat, was Donovan. Só skep hy twyfel dat Donovan [wat eintlik net lief was vir Bridgette] dalk bybedoelin­gs met sy verhouding met Bridgette gehad het.”

Maar wat Tim nie weet nie, is Donovan is geskiet toe hy met ’n dwelmhande­laar gaan gesels het om by hom te pleit om Greg, sy tweelingbr­oer (ook gespeel deur MarvinLee) – wat toe verslaaf was – uit te los. Greg het homself daarna voorgedoen as Donovan voor hy by Bridgette gebieg het haar man is dood.

Bridgette het net haar ma, Mrs J. (Theresa Sedras), die waarheid van

Donnie se dood vertel.

 ?? ?? Bridgette (hooffoto) is ontsteld oor haar juwele wat vervals is. Dis Tim (inlas links) se wraakpogin­g – met die sluwe Nazeem (inlas regs) se hulp.
Bridgette (hooffoto) is ontsteld oor haar juwele wat vervals is. Dis Tim (inlas links) se wraakpogin­g – met die sluwe Nazeem (inlas regs) se hulp.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa