TV Plus (Afrikaans)

Die einde van ’n era

Mrs J. groet haar huis ná al die jare.

-

Dis nie maklik om jou tuiste te groet nie, veral wanneer dit vir jare jou nes was, jy jou kinders daar grootgemaa­k het en alles in die huis herinnerin­ge het van jou familie, vriende en lief en leed. Maar dis die werklikhei­d waardeur Mrs J. (Theresa Sedras) nou in die gesig gestaar word. “Die ouderdom haal Mrs J. in,” sê Theresa. “Sy het die afgelope tyd ’n paar blapse begaan wat aan vergeetagt­igheid toegeskryf kan word. Dit is dus vir haar eie beswil dat sy nie meer alleen bly nie – sy het nodig om sorgeloos te kan lewe, en dit kan sy nie meer op haar eie regkry nie.” En dis hoekom sy by ’n splinternu­we kothuis wat op haar oudste dogter Bridgette (Denise Newman) se erf gebou word, gaan intrek. Uhhm, dis nou as sy nie van plan verander nie.

DIS FINAAL

Dis swaar vir Mrs J. om aan die idee gewoond te raak om haar huis te verlaat, dus wil sy nie saam met die bouer

Chris (Marcel van Heerden) gaan om na die kothuis se vordering te kyk nie. “Sy het die volste vertroue dat Chris en Bridgette weet wat hulle doen met die bouery, maar as sy gaan kyk, moet sy besef dis finaal, en daarvoor is sy nie gereed nie,” sê Theresa.

Intussen kom haar jongste dogter, Lee-Ann (Portia Joel), agter Mrs J. is nie werklik van plan om te trek nie. “Mrs J. is effens teësinnig oor die hele trekkery en lyk glad nie opgewonde nie. Sy is selfs ’n bietjie halsstarri­g daaroor, al doen haar dogters moeite om die skuif so maklik moontlik te maak,” sê Theresa.

GOEIE NUUS

Mrs J. besluit dan inderdaad sy bly waar sy geplant is en wil die blye nuus met haar huismaat

Siya (Gantane Kush) deel, maar voor sy dit kan doen, het Siya nuus van sy eie om aan Mrs J. te vertel, wat haar plan ontspoor: “Siya het ’n pos aanvaar om kapelaan van ’n Christelik­e jeugakadem­ie te wees en dit sluit verblyf in. Hy gaan steeds medepastoo­r by die kerk wees, maar verblyf is ingesluit by sy nuwe pos,” verduideli­k Theresa.

Mrs J. is baie bly vir Siya en besef uiteindeli­k sy is besig om aan die verlede te klou en besluit finaal om na die kothuis te trek.

VERLEDE KEER

Wade W was nie gelukkig met die takies wat hy h moes uitvoer nie en het probeer om kop uit u te trek, Zoe het begin twyfel oor haar en Tim T se toekoms, en Kaashifa en Rhafiek het ewige e trou aan mekaar beloof.

IN DIÉ UITGAWE

Bridgette is oorbluf deur iets wat sy uitvind, Kaashifa en Rhafiek sukkel om ’n nuwe balans te vind, en Rhafiek oefen druk uit op Susan om steeds die fort by Atlantic Adrenaline te hou. Lee-Ann is bekommerd oor Mrs J., Bridgette vind iets skokkends uit, en Siya het groot nuus, maar nie almal is ewe opgewonde daaroor nie. Dit lyk asof ’n spesifieke booswig se gekonkel uiteindeli­k resultate lewer, ’n bekende gesig is terug in Ruiterbosc­h, en Siya betrap Lee-Ann onkant met sy nuus. Carlo is oortuig hy het Wade gesien, Chris rapporteer terug aan Bridgette oor sy ondersoek, en Lee-Ann kry ’n aanbod vir Mrs J. se huis.

Zoe konfrontee­r Bridgette oor Donovan, Ty en Wade se paaie kruis weer, en Nazeem en Tim is angstig. Kaashifa en Rhafiek jaag mekaar die harnas in, Mrs J. se trekkery sloer, en Siya nooi Carlo op ’n uitstappie. Iemand ondermyn Bridgette weer, Mrs J. en haar dogters vind dit moeilik om van die familiehui­s afskeid te neem, en Bridgette ontmoet haar nuwe vyand. Rhafiek en Kaashifa stamp koppe, Wade kom loer vir die eerste keer vandat hy terug is, by Mrs J. in, en Zoe is vasberade om uit te vind of iemand by JPD hulle verraai. Mrs J. trek uit, en Rhafiek en Kaashifa probeer ’n ander manier kry om haar siekte te hanteer.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa