TV Plus (Afrikaans)

Die eindfluitj­ie

Die Stryders en hul geliefdes groet.

-

Hartseer, afskeid, skok, teleurstel­ling, maar ook liefde en nuwe vooruitsig­te seëvier in die laaste agt dae van die Stryders en hul geliefdes se slothoofst­uk. Tydens die laaste twee weke moes Schalk (Johan Scholtz), HUB van die Stryders, omtrent vure doodslaan nadat ’n paar belangrike borge onttrek het. ’n Foto waarop die span se bemarkings­hoof Amanda

(Natasja Jacobs) en die

Styders-vleuel Philip

(Markus Haywood) mekaar voor ’n bord met al die borge se name soen, het in die sosiale media en die nuus beland en van die borge die harnas ingejaag.

SKOKNUUS

Wanneer Schalk hoor ’n potensiële borg het van besluit verander weens die Stryders se huidige skarlaken reputasie, besef hy die eindfluitj­ie het vir die Stryders geblaas. Omdat hulle nie finansieel die mas gaan opkom nie, roep Schalk die volgende dag die drie afrigters Wouter (Francois Lensley), Fafa (Altus Theart) en Liam (David Johnson) in om hulle die slegte nuus te vertel. Fafa het wel groener weivelde wat wink, want hy het ’n rukkie terug ’n Ierse span genader om as afrigter by hulle aan te sluit en Fafa het tot sy verbasing die pos gekry.

NUWE BLINK GELEENTHED­E

Maryke is in die wolke omdat hulle Ierland toe trek en sy vertel haar salon-vennoot Bibi (Stephanie Petersen) sy en Fafa gaan emigreer en sy wil haar aandele vir Bibi teruggee. Bibi is erg teleurgest­eld, maar daar is darem ’n ligpunt: Een van die pompons, Ivy (Tiné Minderon), klop by Maryke aan oor nuwe entreprene­urmoontlik­hede, en Bibi maak Ivy ’n aanbod om Ivy by die salon te mentor.

Die kelnerin Nesie (Melissa Massyn) en haar Stryder-man, Buks (Adriaan Marais), gaan na Nesie se tuisdorp, Springs aan die Oos-Rand, trek waar sy haar eie kroeg gaan oopmaak. Die paartjie Candice (Claudia Jones) en haar wederhelf Liam (David Johnson) gaan weer Kaap toe verhuis waar Candice haar toneelloop­baan gaan voortsit en dramaklass­e aanbied, terwyl Liam weer sy sakevernuf op die proef gaan stel.

Die Styders-insinking beteken ook die kuierkroeg Pottie’s moet sy deure sluit, en die eienaars Magda (Elzabé Zietsman) en haar man, Pottie (Christo Compion), besluit om af te tree. Koekie (Rina Nienaber) en Festus (Louis van Niekerk) ga gaan na ’n aftreeoord in Her Hermanus.

Blit Blitz ( Werner Coetser) kry ’n geleen geleenthei­d om in Engeland rugby te speel – maar wat met sy vrou, Lienkie (Mandi du PlooyBaard), gebeur, mag ons nie verklap nie. Ryno (Adrian Steyn) kry ’n aanbod om in Durban vir die Tornados te speel. Ryno se nuwe liefde, Damon (Rowlen von Gericke), en die pompon

Anastasia (Jenine Grobler) gaan saam kus toe.

Wouter het ’n aanbod in die Kaap gekry en hy en die kelnerin Lulu (Ansu Visser) en die kinders trek na die Moederstad waar Lulu op haar spyseniers­drome gaan fokus. Schalk en Jana (Juanita de Villiers-Velts) gaan trou, en ’n pienkvoet is op pad.

Pine (Gerald Steyn) vra

Kristien (Marlee van der

Merwe) om te trou en sy sê ja.

DRAAI DIE HORLOSIE TERUG

Die lewe in die Stryders-kamp was net so spannend soos ’n goeie rugbywedst­ryd. Maar so tussen die donker wolke was daar dikwels silwer randjies wat die lewe van die spelers en hul geliefdes opgekikker het. Hier is ’n paar hoogtepunt­e.

HUWELIKSKL­OKKIES

Maryke (Marijke Coetser), medeeienaa­r van die skoonheids­alon Bibi’s, en die Stryders-afrigter Fafa se spogtroue in 2017 was wonderlik. Die troukoors het in 2020 hoog geloop in die Stryderska­mp. Reitz en sy veel ouer bokkie, Amanda

(Natasja Jacobs), het in die lente tydens ’n stylvolle seremonie afgehaak en ’n maand later het Blitz (Werner Coetser) en sy jeugliefde, Lienkie, eers in die hof getrou en daarna op ’n informele tuintroue ewige trou aan mekaar beloof.

In Augustus 2021 het Nesie (Melissa Massyn) en Buks (Adriaan Marais) tydens ’n verrassing­stroue afgehaak en daarna saam met vriende bruilof gevier. Die salon-eienares Bibi, wat voorheen deur diep waters aan die liefdesfro­nt was, en die geskeide krag-en-kondisione­ringsafrig­ter Jordan (Theodore Jantjies) het in November 2021 eers tydens ’n weglooptro­ue in Kaapstad getrou, maar daarna in die kuierplek

Pottie’s ’n informele trouseremo­nie saam met hul vriende gehou.

Lulu (Ansu Visser) en Simon (David Louw) het ná al hul dramas uiteindeli­k bymekaar uitgekom en in Maart getrou.

TRAGEDIES

Maar daar was ook die suur.

Reitz het in Julie 2021 in ’n motorongel­uk gesterf en sy verbitterd­e vrou, Amanda, het ’n feeks geword. Nóg ’n treurspel het vanjaar in Mei afgespeel toe Simon sy eie lewe geneem het. Hy is drie weke voor sy dood tydens ’n fratsongel­uk op die rugbyveld verlam en hy het met behulp van ’n kollega selfdood gepleeg. Simon se weduwee, Lulu, moes daarna haar en sy dogtertjie, Anja (Kiara-Lee Brits), sowel as klein Regardt (Sion van der Westhuizen) uit Simon se verhouding met sy eks,

Renate (Christel van den Bergh), grootmaak.

Schalk se lewensmaat, Jana, is verlede November na Panama ontvoer. Sy’s ná talle ontberings in Februarie gevind, maar het ’n ruk lank aan geheueverl­ies gely. Ook het Lienkie se terminale kanker ’n maand gelede teruggekee­r en Bibi en Jordan het in Mei geskei.

’N TERUGBLIK

Getroud Met Rugby is geskoei op die Britse reeks Footballer’s Wives, en is deur die skrywer en vervaardig­er Deon Opperman en die aktrise en skrywer Hanli Rolfes vir kykNET in ’n dramareeks ontwikkel wat een keer per week uitgesaai is. Die eerste seisoen het op 7 April 2009 op kykNET begin, maar het van 2010 tot 2012 ’n blaaskans geneem toe die fliek Getroud Met Rugby – Die Onvertelde Storie – verfilm is. Seisoen 2 is op 17 Julie 2012 hervat. Vanaf 4 April 2016 is Getroud Met Rugby as ’n sepie uitgesaai. Die slotepisod­e word op 30 September uitgesaai.

VERLEDE KEER

Lienkie het eers uitgevind sy is swanger, maar is paar dae later met terminale kanker gediagnose­er, Pine het teruggekee­r en hard probeer om Kristien terug te wen, en Lulu was raadop met Wouter se kinders. Kristien het besluit om Chris in sy geveg te ondersteun, en Damon wou hê hy en Ryno moes weer saam in die openbaar verskyn.

IN DIÉ UITGAWE

Bibi en Maryke verras Lienkie met ’n dag by die spa, Schalk kry slegte nuus, en ’n emosionele bom bars tussen Chris en Kristien. Blitz en Johan sukkel om tot verhaal te kom, die Stryders se finansiële probleme neem toe, en Kristien neem ’n drastiese besluit oor haar en Chris se toekoms. Schalk het min tyd om die Stryders te red, Blitz maak ’n draai by die stadion, Fafa en Maryke moet ’n moeilike besluit neem, en Schalk word gedwing om die werklikhei­d te aanvaar. Nesie is raadop met Petro se hardkoppig­heid, Koekie en Festus weier om outehuis toe te gaan, en almal kom bymekaar ter viering van ’n lewe. Lulu neem ’n moeilike besluit, Maryke vertel Magda en Bibi hulle gaan na Ierland emigreer, en Buks en Nesie se reisplanne tref ’n spoedhobbe­l. Lulu moet kop bo water hou, ’n nuwe geleenthei­d wink vir Blitz, en die pompons neem afskeid. Pottie en Magda kry ’n groot verrassing, Lulu wonder of sy saam met Wouter Kaap toe moet gaan, en Pottie’s maak gereed vir die finale groot Stryder-kuier.

 ?? ??
 ?? ?? Lulu en Simon se troue was ’n vreugdevol­le dag.
Lulu en Simon se troue was ’n vreugdevol­le dag.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa