TV Plus (Afrikaans)

SJARMANTE, WYSE TIAAN

-

Toe Tiaan onlangs met

Vanessa (Ingrid Paulus) gesels het, het hy haar verseker hy is klaar met sy ou streke.

“Vanessa en Tiaan is goeie vriende, hulle onthou mekaar van jare gelede. Vanessa is net bekommerd oor of hy oukei is, want sy is iemand wat altyd empatie het. Hulle het daaroor gesels en hy het haar vertel hy is ’n ander mens, ouer en wyser,” sê Frank.

Van sy ou streke gepraat, Tiaan gesels ook met

Fikani (Nicholas Nkuna) oor Fikani se vrou,

Alexa (Carina Nel). “Tiaan kom gou agter Fikani verwaarloo­s sy vrou, en hy [Tiaan] bewonder Alexa, hy dink sy is ’n wonderlike vrou, sy’s beeldskoon, en Fikani is totaal blind oor hoe hy die juweel wat hy het, behandel.

“‘Alexa vind troos by Tiaan, en hy geniet dit werklik om daar te wees vir haar, om haar emosioneel te ondersteun,” sê Frank.

“Ek persoonlik – as Frank – dink Tiaan gaan ’n bietjie te ver, hy bedoel goed, maar Tiaan is ook ’n bekoorder, en waarom is hy so ingestel op ’n getroude vrou?

“Ek is nie heeltemal seker wat gaan daar gebeur nie, maar ’n mens weet nooit . . .” terg hy.

Mmm, so miskien het Tiaan nie so baie verander van die vrygesel wat ons geken het nie!

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa