TV Plus (Afrikaans)

Shady se gedrag pla

Wees versigtig, Shady . . . jy vervreem almal!

-

Daar is tye wanneer ’n vrou verlief raak en skielik maak niks anders saak nie – dis net sy en die nuwe liefde van haar lewe. Hoewel dit aanvanklik oulik lyk, word dit gou toksies wanneer jou vriende heeltemal uitgesny word en die mense wat jou voor die verhouding ondersteun het, eenkant toe geskuif word. Dis presies wat Bonita (Hildegardt Whites) dink gebeur met haar susterskin­d, Shady (Beáta Bena Green).

Shady het besluit dit gaan haar beste jaar wees. Sy het tog onlangs ’n skoonheids­kompetisie gewen, en sy het ’n ou,

Jermaine (Adrian Steyn), ontmoet en dink hy is haar ridder op die wit perd. “Shady en Jermaine se verhouding vorder vinnig, hulle het saamgeslaa­p nadat hulle mekaar ’n kort rukkie geken het, maar hulle meen hulle het ’n sterk band. Shady voel dit is reg en veral ná so ’n woeste jaar waarin sy haar vriend Shawn (Deànré Reiners) verloor het,” sê Beáta. Maar is dit ’n gesonde verhouding?

BEKOMMERDE TANTE

Shady se tante, Bonita, is bekommerd oor haar susterskin­d se nuwe verhouding en die pas waarteen dit vorder. “Shady het halsoorkop op Jermaine, die nuwe kelner by Oppie’s, verlief geraak en elke geleenthei­d wat sy kry, praat sy oor hom of is saam met hom. Bonita meen Shady gaan deur ’n fase, maar ondersteun haar susterskin­d so ver sy kan. Tog kan sy nie help om bang te voel dié ou gaan Shady seermaak nie,” sê Hildegardt.

Hul vriend Zee (Ray Neo Buso) is net so bekommerd soos Bonita oor Shady. “Shady en Jermaine is onafskeidb­aar, daarom lug Zee as Shady se beste vriend sy kommer wanneer Shady feitlik geen tyd meer saam met haar vriende deurbring nie,” voeg Hildegardt by.

LOSKOP-STROOIMEIS­IE

Dis nie net Bonita en Zee wat bekommerd is oor Shady se houding nie. Khethiwe (Sesethu Ntombela), wat binnekort trou, is nie beïndruk met Shady, wat een van haar strooimeis­ies is, nie. Khethiwe voel Shady wil altyd die middelpunt van die aandag wees. Sesethu verduideli­k: “Khethiwe is ’n aanstaande bruid en Shady is vasgevang in haar eie romanse. Khethiwe meen Shady kom nie haar pligte na nie.” En dan loop Shady ’n belangrike vergaderin­g met Khethiwe mis en Khethiwe is woedend. Dit lyk asof Shady al die mense wat haar liefhet, vervreem. Hopelik kom sy tot haar sinne.

VERLEDE KEER

Die Hillsiders het vir die talentkomp­etisie voorberei, Fikani was gereed om tot die uiterste te gaan om sy plan te laat werk, en Shady het opwindende nuus gekry.

IN DIÉ UITGAWE

Die talentkomp­etisie is aan die gang, Karmen beïndruk die gehoor met haar goëlery, en Ivy lewer ’n sentimente­le item. Alexa sukkel om vrede te maak met waar haar lewe is, Aggie is in die wolke ná ’n suksesvoll­e geleenthei­d, en Fikani stel Amorey gerus en nooi haar om tyd saam met Nelo deur te bring. Bonita is begaan oor die rigting wat Shady se lewe inslaan, Chris bel Fikani vir mediese hulp, en Lesedi is in ’n ongeluk betrokke. Khethiwe is woedend wanneer Shady nie vir ’n belangrike vergaderin­g opdaag nie, Denzil vra

Chris oor Mariaan se doen en late, en Zee praat openhartig met Bonita oor sy kommer. Die jong mense kan nie die nuus glo wat hulle op die sosiale media lees nie, Tanya is ontmoedig deur mense se wreedheid, en Mariaan en DeWet weet nie waarheen om hulle te wend nie. Die Hillsiders is opgewek, Shady en Jermaine is tussen twee vure, en Ivy dring aan dat Romeo en Khethiwe se vriende ’n ram- en henneparty­tjie vir die twee reël. Tjattas en Uys is oorbluf deur Zee se idee van ’n viering.

 ?? ?? Shady (middel) maak haar tannie Bonita (links) en Bonita se man, DeWet (regs) kwaad.
Shady (middel) maak haar tannie Bonita (links) en Bonita se man, DeWet (regs) kwaad.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa