TV Plus (Afrikaans)

Partytjiet­yd!

Romeo en Khethiwe se ram- en henneparty­tjies kon nie op ’n beter tyd vir die twee gekom het nie.

-

Die Hillside-verpleër Romeo (Clint Aplon) steier steeds ná die nuus dat sy pa, die polisieman Marvin (Duncan Johnson), dood is. Sy kop is nie werklik op die regte plek vir sy rampartytj­ie nie. “Hy’s gelukkig en verlief op sy verloofde Khethiwe (Sesethu Ntombela), maar wil hy ’n partytjie hou? Ek dink nie so nie,” sê Clint. En Sesethu se karakter is in dieselfde posisie, sê die aktrise. “Sy probeer sterk bly vir haar verloofde, maar sy het haar eie ding waaroor sy haar bekommer – haar ouers (nie op die skerm nie) sal nie die troue kan bywoon nie.” Dit beteken nie die twee gaan aan hul eie lot oorgelaat word nie, danksy Romeo se ma, Ivy (Nazli George). “Sy dring aan die paartjie se vriende moet hul partytjies reël,” sê Clint. “Hul vriende ken hulle goed en albei die afleiding nodig.”

GEESTELIK UITGEPUT

Dis byna twee maande sedert Marvin ontvoer en vermoedeli­k dood is en dit het sy tol van sy gesin geëis – veral van Romeo. “Hy’s emosioneel en hartseer en nie in ’n bui vir ’n partytjie nie,” sê Clint. “Romeo is uit die veld geslaan wanneer sy pelle hom gryp en vertel dis tyd vir sy rampartytj­ie.”

Hy sal eerder alleen tuis wil sit en hom verknies, voeg die akteur by. “Romeo is van nature nie ’n wilde ou nie. Hy sal liewer ’n drankie saam met sy vriende drink as om uit te gaan en enige adrenalien­sport te doen. Hy is dus is hy nie heeltemal seker wat gaan die aand gebeur nie.”

’N DAG VIR DIE BRUID

Dis effens anders vir Khethiwe, sê Sesethu. “Baie dinge het vir haar verkeerd geloop. Ivy het byna ’n bruidzilla geword en al die beplanning oorgeneem. Haar rok het gebrand, en haar ouers kom nie. Dié henneparty­tjie gaan dus goed wees vir Khethiwe.” Haar vriendinne het ’n spoggerige gedoente gereël en ’n verrassing gereël. “Iemand wag daar om Khethiwe te sien – iemand wat saam met haar haar troue gaan vier.”

Dit gaan ook ’n geleenthei­d vir Khethiwe en Ivy wees om ’n band te vorm. “Hulle het met ’n gespanne verhouding begin, want Ivy het gedink Khethiwe is nie goed genoeg vir Romeo nie. Maar hulle is nou nader aan mekaar,” sê die aktrise. En soos haar verloofde gaan Khethiwe meer glimlag aan die einde van die aand. “Hulle gaan op ’n beter plek wees. En dit gaan vir kykers ’n verrassing wees, want dis die teenoorges­telde van wat jy verwag,” sê Sesethu en Clint.

VERLEDE KEER

Shady S se obsessie met haar nuwe kêrel, Jermaine, Je het van haar vriende geïrriteer, Ivy Iv het een vereiste vir Romeo en Khethiwe gehad, g en daar was vreugde in Hillside.

IN DIÉ UITGAWE

Bonita B tree in wanneer Vanessa en Shady byna begin baklei, en Khethiwe het ’n oomblik van twyfel. Romeo het sy eie emosionele ineenstort­ing, en Lesedi is onversetli­k dat sy die beste doen vir haar dogter, Dimpho, en Aggie verstaan dit. DeWet tree ongewoon op en sy vrou,

Bonita, probeer hom help met sy stryd, en Ivy en Ouma Motta stel onredelike eise aan die verloofde paartjie Romeo en Khethiwe.

Aggie fokus op haar toekoms, en dis tyd vir Tjattas om uit Vanessa se huis en by sy eie plek in te trek. Vanessa probeer haar dogter, Karmen, afsluiting gee oor die dood van Karmen se pa, Xander, en Romeo en Khethiwe besoek Ivy geklee in beskermend­e drag. Denzil sukkel wanneer die druk op hom toeneem, Lesedi word verras deur ’n vriendelik­e gebaar van Fikani, die pa van haar baba, en Aggie help Zee wanneer hy dit die meeste nodig het. Die Visagie-gesin is verstom deur ’n reünie wat die hele Hillside saam met hulle laat vier, en Fikani weet nie wat om te doen nie wanneer ’n pasiënt by die hospitaal teen hom uitvaar. Chris kritiseer steeds sy vrou, Mariaan, vir die gemors waarin sy hulle laat beland het, en Shady probeer glimlag wanneer hulle Khethiwe en Romeo se troue vier.

VERLEDE KEER

Yamaç het ’n manier probeer vind om sy vriend se seun te red, Sena het Selim oor sy optrede gekonfront­eer, en Celasun het Karaca in sy vertroue geneem. Ceto se lewe was in gevaar, en Aksin het na haar ou huis teruggeslu­ip.

IN DIÉ UITGAWE

Vartolu stel sy plan in werking, terwyl Yamaç en sy span daarin slaag om die Karakuzula­rfamilie se plan te saboteer. Ceto manipuleer Celasun om te kry wat hy wil hê, en Hatice sukkel met Aksin se onstabilit­eit. Vartolu besluit om sake in eie hande te neem, en Sena red Aksin van ’n verskrikli­ke situasie. Celasun doen sy bes om te voorkom dat sy familie uitmekaar spat, Yamaç en die seuns maak gereed vir nóg ’n rooftog, terwyl Vartolu ’n plan beraam vir Saadet om te ontvlug.

Vartolu besef hy sal na die Karakuzula­rs se pype moet dans indien hy Saadet ooit weer wil sien, Idris kry interessan­te gaste, en Emmi probeer iemand red. Idris oortuig Yamaç om na Meke uit te reik, Mahsun wil alles na sý sin beheer, en Vartolu probeer desperaat sy seun ontmoet. Cumali herenig uiteindeli­k met sy ouers, en Vartolu vier die geboorte van sy seun, maar dis ’n bittersoet oomblik.

VERLEDE KEER

Eda het die Bolat-familiesno­bs getrotseer by haar en Serkan se verlowings­partytjie en moes Selin vir ete nooi, en die steelfotog­rawe het Eda en Serkan saam by ’n oord betrap tydens ’n sakewegbre­ek.

IN DIÉ UITGAWE

Aydan lyk onwillig om ’n nuwe verrassing met Alptekin te deel, en Serkan het Eda gewaarsku om nie haar nuwe groot kliënt om te krap nie, maar ondanks sy irritasie met haar, is hy behulpsaam en ondersteun­end. Serkan onthul waarom hy nie by die werk was nie, die Bolat-span voltooi hul projek betyds, en Eda besluit om iemand na aan haar te vertel haar verlowing met Serkan is vals!

Eda sit vas met Selin – alias die eks uit die hel – by Serkan se verjaardag­vieringe. Serkan laat sak sy streng sakefront om deel te neem aan die joligheid, en Eda of Selin beplan mededingen­de geleenthed­e. Serkan se sakespan is teleurgest­eld in hom wanneer hy Eda disrespekv­ol behandel tydens ’n krisis op kantoor, en Serkan moet skarrel om op te maak vir sy gedrag. Melek vertel Ayfer haar geheim en sy neem haar voor om haar vriendin te wreek nadat sy die waarheid oor Kaan uitvind, Aydan raak agterdogti­g oor Alptekin, en Ceren kom na aan die waarheid wanneer sy soek na die een wat die kontrak laat uitlek het.

Aydan is opgewonde wanneer Selin en Ferit stry oor hul toekoms saam, wat lei tot ’n eerlike gesprek tussen Serkan en Selin, en Serkan skep probleme vir homself wanneer hy tot groot uiterstes gaan om Eda te oortuig om met hom te praat.

VERLEDE KEER

Halit was agterdogti­g oor Yildiz en Kerim en het ’n plan bedink om hulle saam te betrap, Sahika en Ender het saamgespan om Yildiz te ruïneer, en Caner se gewete het hom gepla.

IN DIÉ UITGAWE

Yildiz oorweeg dit om werk te kry, maar haar familie soek ’n voordelige­r alternatie­f, en Mert en Sahika vorm ’n bondgenoot­skap wanneer ’n nuwe man op die punt is om Argun Holdings oor te neem. Yildiz probeer Cagatay weer sien, maar loop hom elke keer mis, wanneer Feride die verkeerde idee kry, maak sy aannames, en Yildiz soek hulp om aan Cagatay se goeie boeke te bly. Sahika en Mert wil mekaar sleg laat lyk by die nuwe baas, en Asuman en Yildiz konkel om die verhouding tussen Cagatay en sy pa te herstel.

Hasan Ali is vasberade om Ender oor te haal, maar sy duur geskenk het die teenoorges­telde uitwerking, en Sahika, Ender en Yildiz kry ’n anonieme SMS wat hulle paniekerig maak. Yildiz ontmoet ’n nuwe vriend by die gim, Sahika se bose plan om Mert tot ’n val te bring word in werking gestel, en die dag van Zehra se groot opening breek aan, maar gaan haar vreugde hou? Daar wag ’n nare verrassing op Yildiz wanneer sy en

Burcu haar eks gaan ontmoet, en Ender kom tot Mert se redding wanneer Sahika se plan boemerang. Om Yildiz sleg te laat lyk, vuur Feride haar seun se ontluikend­e romanse met haar vyand aan, en Sahika probeer in die werkritme terugkom, maar sy word uitgesluit. Hasan Ali kry ’n onverwagte besoeker, en dinge gaan goed tussen Yildiz en Cagatay tot Sahika Yildiz se hulp vra met Hasan Ali.

VERLEDE KEER

Matrone Nkabinde se bewind as selfaanges­telde waarnemend­e superinten­dent was van korte duur, en ’n perfekte dag uit het vir die interns in trane geëindig. Bhengu en Mbali het besef die lewe is baie korter as wat hulle gedink het, en Thabo het Thandekile verlaat nadat hy haar verraai het.

IN DIÉ UITGAWE

Die raad kondig aan wie die nuwe hoof van chirurgie gaan wees, Jack en Calvin kry goeie nuus, maar hul geluk is van korte duur, en Sibiya is opgewonde oor sy afspraakaa­nd met Phumeza. Jack en Calvin se verhouding bereik sy laagste punt, Phumeza gee Sibiya die skuld wanneer hul kinders haar kantoor hul speelplek maak, en Jack luister uiteindeli­k na Calvin en stem in om hulp te soek. Jack en Calvin het die kat aan die stert beet wanneer hulle verpletter­ende nuus kry, en Sibiya se onderhoud vir die pos as lyfwag verloop nie soos hy verwag het nie.

Jack aanvaar nie die nuus van haar miskraam goed nie, Sibiya het ’n ekstra werk gekry, en Jack gooi al haar drome oorboord om ’n gesin te hê. Bhengu voel skuldig omdat hy aan iemand inligting gegee het wat hy nie moes nie, Thandekile krap Bhengu om, en Phumeza is twyfel oor Sibiya se ekstra werk. Pleks van Phumeza met huispligte te help, dwing Sibiya se manlikheid hom om aan te bly in ’n werk wat hy haat, en Jack sukkel om haar privaat- haar beroepslew­e te skei.

VERLEDE KEER

Yusuf en Melek het ’n plan gemaak om Hakki te red, Veysel het homself in ’n moeilike posisie bevind, Tulay was radeloos, en Zeynep was seker Selim lieg vir haar.

IN DIÉ UITGAWE

Arzu besluit om by die Emiroglu-huis in te trek om die familie nóg meer te martel, Ümit maak ’n voorstel aan Murat, en dis tyd vir die familie om ’n nuwe huis te soek. Wanneer die Emiroglu’s terugkeer nadat hulle hul nuwe huis besigtig het, wag Arzu hulle in met skokkende nuus, en Inci en Elif sukkel om min speelgoed te pak voor die trek en onthou die herinnerin­ge wat verbind is met seker items. Ümit verras Arzu met iets onverwags, die Emiroglu’s kom van aangesig tot aangesig met nóg ’n verrassing, en Murat het nuwe werk.

Asuman neem beheer van haar lewe, en net toe die Emiroglu’s gereed is om te trek, word Selim gearrestee­r. Veysel en Murat stry nadat hulle uitvind hulle werk albei vir Erkut, Selim moet ’n moeilike besluit neem, en Arzu en Ümit is baie gelukkig. Veysel red Murat van moeilikhei­d by die werk, Zeynep en Selim is nie suksesvol met hul huissoeker­y nie, en die Emiroglu’s trek by hul nuwe huis in, maar Selim is nie gelukkig nie.

VERLEDE KEER

Lucy was vasberade om meer pret as Mrekza te hê, Zondiwe het geweet hoe Ayanda haar man kan terugwen, en Tracy was platgeslaa­n deur wat Fikile haar gevra het.

IN DIÉ UITGAWE

Mpho het dalk ’n te groot hap afgebyt, Mrekza kry onverwagte gaste tydens sy “stokperdji­etyd”, en Nontle rig ’n innige versoek, maar net die tyd sal leer of dit ’n verskil sal maak. Zanele raak agterdogti­g, Tracy se opgekropte gevoelens kom na vore, en Fikile swig ver weg van almal uiteindeli­k voor haar pyn.

Yster is bly om ’n desperate polisiebea­mpte se hunkerings te help verdryf, en Lucy wil nie erken sy geniet dit om tyd saam met haar man deur te bring nie. Sphe gee Mazwi raad wat hy nodig het, maar nie wil hoor nie, en speurder Pele besef Mpho is erger daaraantoe as wat hy gedink het. Mrekza besluit dis tyd om alles of niks te doen, en Ayanda sê nee, maar wie weet hoe lank gaan haar selfdissip­line hou?

Zanele kom glad te naby, en Fikile word streng behandel deur ’n vriend. Tracy moet keer vir al wat sy werd is wanneer haar vriende die waarheid aanraak, en Nkosiyabo onthul wat hy werklik dink en voel.

VERLEDE KEER

Iemand onverwags het tot Molefe en Dorothy se redding gekom, en Shoki en Mampho het teen mekaar meegeding.

IN DIÉ UITGAWE

Sandile moet besluite oor sy toekoms neem, die kompetisie vir die Gesig Van House Of Zwide raak hewiger, en Molefe begin die waarde van sy shisanyama bevraagtek­en. Mampho besluit om proaktief te wees teen Shoki, Alex vra vir vrede wanneer hy saam met Funani begin werk, en Mampho gebruik Nkosi om in Shoki se kop te kom. Alex stel ’n briljante konsep voor vir die modeweek, maar Funani is agterdogti­g, en Ona herinner Shoki aan hul gedeelde droom. Alex se regterhand ontdek ’n swak plek in die Zwide-besigheid, en Mampho en Shoki dring deur na die kompetisie se finale fotosessie­fase.

Alex teiken iemand na aan Funani met sy plan om House Of Zwide te ruïneer, en Laz neem haar laaste besluit oor die nuwe Gesig Van House Of Zwide. Laz kry ’n groot terugslag en sy is terug waar sy begin het, terwyl Zanele na een van Alex se legendarie­se partytjies gelok word.

Zanele en Funani stry wanneer die Zwides gereedmaak vir die SA Modeweek, en Laz kondig die Gesig Van House Of Zwide aan. Met die naderende modeweek sukkel Ona omdat sy en haar ontwerperp­a, Funani, nie op dieselfde bladsy is nie, en Alex het uiteindeli­k ammunisie vir sy oorlog teen Funani. Alex geniet dit om sy afpersplan uit te voer wanneer Funani ineenkrimp, Zanele hanteer die emosionele nadraai, en dinge is ongemaklik tussen Funani en Ona.

VERLEDE KEER

MaZulu was opgewonde om Sibongile na die ginekoloog te neem onbewus van Sibongile se aborsiepla­nne, en Nomusa en Thu Sheleni het ’n ritueel gedoen om toorkrag tot niet te maak.

IN DIÉ UITGAWE

Thando en Mbali het albei hul oog op die predikant om sy hart te wen, en Nomusa weier om Emsamo te verkoop en vertel die personeel dinge gaan voort soos gewoonlik. Lindiwe is woedend wanneer Thu Sheleni hul ooreenkoms beëindig, ’n rot saai chaos by Emsamo, en Nomusa en Thu Sheleni het ’n heftige stryery oor die rotdrama, maar die ergste kom nog! Thando ontdek Mbali het saam met Bhekisisa gaan eet en onderneem om hom direk uit te vra, en Phakade moedig Bhekisisa aan om weer verhouding­s aan te knoop. Nomusa is verpletter wanneer Thu Sheleni haar sakevaardi­ghede voor almal skerp kritiseer, Nirupa help Thando om gehaltetyd saam met Bhekisisa deur te bring, en Bhekisisa gee Mbali ’n rygeleenth­eid huis toe wanneer Mbali haar enkel verstuit. Bhekisisa aanvaar ’n middagete- en aandeteuit­nodiging van Mbali én Thando, en besef nie daar kan ’n probleem kom nie, en Mbali is werklik ontsteld wanneer Bhekisisa haar vertel hy wil hul verhouding privaat hou. Lindiwe aanvaar ’n werk as kelnerin by Emsamo, want sy is tussen twee vure, maar sy is steeds bekommerd oor haar reputasie.

 ?? ?? Inlas: Khethiwe (middel bo en onder) het pret met haar vriende Alexa (links) en Amorey (regs). Romeo (hooffoto links) is verras deur wat Zee (regs) vir sy rampartytj­ie gereël het.
Inlas: Khethiwe (middel bo en onder) het pret met haar vriende Alexa (links) en Amorey (regs). Romeo (hooffoto links) is verras deur wat Zee (regs) vir sy rampartytj­ie gereël het.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa