TV Plus (Afrikaans)

Kings Of Pain

Seisoen 2 History (*186) 19:25 Realiteit

-

Mense, moet dit nie tuis probeer nie! Ook nie wanneer jy alleen in die veld is nie. Die kans is goed jy sal ernstig beseer word of selfs sterf. Kings Of Pain se bioloog Adam Thorn en dierehante­erder Rob (Caveman) Alleva wat doelbewus deur insekte en diere gesteek en gebyt word, het ’n span kundiges en dokters by hulle met talle middels om seker te maak hulle ly nie ernstige gevolge nie.

Maar hoekom jouself aan soveel pyn blootstel? “Vir die wetenskap,” sê David Carr, uitvoerend­e vervaardig­er van Kings Of Pain. “Die idee het ontwikkel uit die entomoloog dr. Justin Schmidt se boek The Sting Of The World (2016), wat sy navorsing bevat oor die steke deur 80 verskillen­de soorte insekte, en pynmeting,” sê David. “Ons het vir die reeks ’n indeks saamgestel wat pyn op drie maniere meet: Intensitei­t, duur en skade, elk volgens ’n skaal van 1 tot 10. Ons het dit dan bymekaar getel en ’n saamgestel­de telling van 1 tot 30 geskep om ’n vollediger beeld te gee hoe om pyn te meet.” Wanneer jy weet waarmee jy te doen het, is dit makliker om die regte behandelin­g te kry, sê hy.

In seisoen 2 begin Adam en Rob in Amerika (episode 1, 6 Oktober) met een van die dodelikste skerpioene in die streek. In episode 2

(13 Oktober) probeer Adam sy vrees vir tarantulas oorkom deur een met die bynaam Orange Bity Thing, en in episode 3 (20 Oktober), word hulle gebyt deur ’n akkedis wie se gifstof hulle wil toets. Episode 4

(27 Oktober) is ’n huldeblyk aan die vader van die pynindeks, dr. Schmidt, en Adam en Rob worstel met ’n nuwe klomp uiters dodelike insekte. Boeiende kykstof!

 ?? ?? Rob (Caveman) Alleva (links) sit ’n yslike perdeby op Adam Thorn se arm wat gereed is om Adam lelik te steek!
Rob (Caveman) Alleva (links) sit ’n yslike perdeby op Adam Thorn se arm wat gereed is om Adam lelik te steek!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa