TV Plus (Afrikaans)

Line Of Duty

Seisoen 6 SABC3 (*193) 21:00 Drama

-

Shalom Brune-Franklin sê die laaste ding wat sy wou doen, was om ’n Britse speurder soos speurkonst. Chloe Bishop in die dramareeks Line Of Duty te speel. “Toe ek gedroom het oor aktrise wees, wou ek teater doen en regte meisieroll­e speel. Dis nie regtig hoe dit uitgewerk het nie, maar om eerlik te wees, daar’s nie veel wat ek aan my loopbaan tot dusver sou verander nie,” sê die 28-jarige Australies-Britse aktrise.

1 Shalom is in Brittanje gebore, maar haar ouers – haar ma is Mauritiaan­s en haar pa Thai-Brits – het met hul gesin na Australië getrek toe Shalom 14 was. Sy het Britse en Australies­e burgerskap.

2 Sy het drama gestudeer terwyl sy op hoërskool was by Ocean Reef Senior in Perth en joernalist­iek aan die Edith Cowan-universite­it. “Ek het opgeskop en die Wes-Australies­e Academy Of Performing Arts bygewoon om ’n aktrise te word. Ek wil my graad voltooi, maar dit kan wag tot ek moeg is vir toneelspel,” sê sy.

3 Die aktrise bly fiks deur joga en ski. “Ek kon nie ski terwyl ek in Australië grootgewor­d het nie, dus noudat ek in Engeland bly, gaan ek ten minste een keer per jaar na Frankryk om te ski,” sê Shalom.

4 Sy was voor haar oudisie al dol oor Line Of Duty en die opleiding om soos ’n polisiebea­mpte op te tree was vir haar interessan­t. Shalom sê: “Daar’s ’n manier vir alles wat polisiebea­mptes doen, soos hoe om ’n pistool vas te hou en ons het vir 3 maande geleer om dit reg te kry. My karakter hardloop nie rond om booswigte in die straat te jaag nie, maar dit was lekker om die vaardighed­e te leer om Chloe te speel.”

 ?? ?? Speurkonst­abel Chloe Bishop (foto) soek na korrupte polisiebea­mptes in Line Of Duty.
Speurkonst­abel Chloe Bishop (foto) soek na korrupte polisiebea­mptes in Line Of Duty.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa