TV Plus (Afrikaans)

Lief, leed en katterige kinkels

Ontmoet die ses formidabel­e vroue van die eerste Afrikaanse weergawe van die Housewives-realiteitr­eekse.

-

Die Real Housewives Van Pretoria

Seisoen 1 Donderdae kykNET (*144) 20:00 (begin 13 Oktober)

Die verskillen­de Real Housewives-reekse soos

The Real Housewives Of Atlanta, of die plaas-like The Real Housewives Of Durban (beskikbaar op Showmax) – wat op ’n groep ryk vroue in verskillen­de stede fokus – is vir baie kykers ’n bederfie, want die vroue leef in weelde en boonop is daar sappige drama wanneer die lang naels uitkom. Dié ryk vroue kibbel maar altyd.

Dis vir kykers ’n bietjie ontvlugtin­g in ek-wens- ek-het-soveel- geldgehad, en van Oktober af kan ons sien hoe Afrikaanse vroue in die Jakarandas­tad leef in Die Real Housewives Van Pretoria. Dis ’n eerste in sy soort in Afrikaans, en daar is ses formidabel­e vroue wat hul lewe met kykers deel. As jy gedink het dis maklik om in hul hoëpolvye te loop, het ons nuus vir jou: Die vroue vat nie nonsens van kabouters nie, en alles is nie altyd maanskyn, Ferrari’s en rose nie.

’N WENRESEP

“As ’n mens kyk hoe die The Real Housewives-reekse wêreldwyd gegroei het, soos in Amerika en die Verenigde Emirate (The Real Housewives Of Dubai), is die wenresep duidelik,” sê die TV- en-radioperso­onlikheid Rian van

Heerden, wat ook die vervaar- diger is van Die Real Housewives Van Pretoria. “Volgens ’n onlangse verslag (deur New

York Wealth) het Pretoria ’n totale rykdom van $42 miljard [R742,5 miljard] wat dit een van die 10 rykste stede in Afrika maak. Oor die afgelope twee dekades het die skatryk landgoeder­e in die hoofstad met rasse skrede toegeneem en in 2018 was ’n huis in Mooikloof vir

R26 miljoen op die mark. Natuurlik wil ons weet hoe hierdie ‘ander kant’ lewe,” sê Rian oor waarom die reeks in Pretoria afspeel. Rian dink die reeks gaan heerlik wees omdat dit vir Afrikaanse­s amper ’n sonde is om oor jou rykdom te praat. “Nugter weet hoekom,” voeg hy by.

Die reeks bestaan uit 14 episodes. Episode 13 en 14 is ’n reünie, en die ander is vol lekker verrassing­s. “Selfs ons was soms verstom oor wat voor ons afgespeel het,” sê Rian. Ander interessan­thede waarna kykers kan uitsien, is die vroue se lekker avonture, soos die BoxOpgelee­ntheid (waar twee bekendes mekaar in die kryt pak) wat hulle bywoon, G-Wagen-wedrenne (peperduur Mercedes-Benz 4x4voertui­e), staptoere, glansryke partytjies, skaakspel, ’n paar seksie speelgoed, en ’n vakansie in Zanzibar.

ONTMOET DIE VROUE

Talana Vuren-Kuhn: Is ’n 27-jarige sakevrou (die ander vroue wou nie hul ouderdom verklap nie, dus sê dit iets van Talana se persoonlik­heid dat sy dit prontuit sê) en sy is die jongste huisvrou. Sy het twee besighede, Earth

DK – ’n klere- en-juweliersw­inkel wat natuurlike produkte verkoop, ook op hul webtuiste – en haar Millennial Marketing-agentskap. Sy is die ma van ’n 3-jarige spruit en swanger met haar en haar ouditeurma­n, Walter, se tweede kind.

“Ek het ingestem om deel te neem om my twee besighede te bemark en ’n saadjie van hoop en liefde te saai, ’n verskil te maak en die woord van die Here daar buite te kry,” sê Talana. “Ek hoop kykers sal sien ons is net gewone mense. Ons kry seer en het ’n hart. Hopelik raak my stories kykers se hart.” Die grootste uitdaging vir Talana in die reeks was haar swangerska­p wat haar baie uitgeput het omdat hulle so besig was. “Kykers kan uitsien na my gender reveal- partytjie wat deel is van die program.”

Kiki la Coco: Kiki is ’n inhoudskep­per op die sosiale media-platform TikTok waar sy ’n verskeiden­heid video’s van dans tot lip-sync maak. Sy het tans sowat 390 000 volgelinge. Haar man, die multimiljo­enêr Malcolm Wentzel, en hul huishulp, Thembi Ubisi, het byna 860 000 volgelinge op hul eie sosiale media. “Ons was verveeld tydens lockdown en toe laai ons die TikTok- app af,” vertel Kiki.

“Ek en my gesin is baie sosiaal en daarom is ons video’s gewild. Ek is ’n natuurlike entertaine­r en geniet dit om mense te inspireer en te vermaak.” Kiki sê sy het tydens die reeks ’n goeie band met Mel (sien onder) gevorm. “Toe ek haar die eerste keer ontmoet het, was dit true love,” sê sy. “Renske is ook ’n

sweetheart, maar dit het langer geduur om bande met die ander vroue te vorm.” En gaan daar drama wees? “Daar is baie ou koeie wat uit die sloot gegrawe word en bobbejane wat agter die berg gehaal word en ’n paar katterige oomblikke,” skerts Kiki.

Mel Viljoen: Mel het haar pad opgewerk van plaaskind tot die president van Tammy Taylor Nails Suid-Afrika, een van die suksesvols­te konsessies in die Suid-Afrikaanse skoonheids­bedryf. Mel is getroud met die prokureur Peet Viljoen wat deesdae die hoof- uitvoerend­e beampte van Tammy Taylor Nails is. “Daar is inhoud en lewensdram­a wat net in Die Real Housewives Van Pretoria in detail gedeel word, wat mense na hul asem sal laat snak,” verklap Mel. Sy het voorheen dele van The Real Housewives Of Durban en Kaapstad gekyk en sê Die Real Housewives Van Pretoria sit almal ore aan. “Dit gaan die interessan­tste, mees dramatiese seisoen op die vasteland wees.”

Renske Lammerding: Renske is welbekend in Silver Lakes in Pretoria vir haar boetiek op die landgoed en haar man, Heinrich, se rykdom.

“Ek het aptekerswe­se gestudeer en vir 10 jaar in die bedryf gewerk voor ek my boetiek geopen het,” sê Renske wat dit intussen verkoop het en nou fokus op die Mrs Globeskoon­heidskompe­tisie waarvan sy die lisensiere­gte besit. “Ek wil dit gebruik om vroue te bemagtig,” sê Renske. Oor die geskinder agter haar en haar gesin se rug wil

Renske nie uitwei nie. “Ek hoop mense sal in die reeks sien ek is net ’n gewone mens en het ’n lang pad gestap om te kom waar ek is. En ja, my man het ’n goeie werk [kyk self om te sien wat!] en daarom is ons finansieel gesond, maar hy werk homself byna dood vir elke sent.

“Toe ek jonger was, het die skindersto­ries my baie gepla, maar noudat ek ouer is, laat ek my nie onderkry nie en kies versigtig met wie ek my lewe deel.”

Rhona Erasmus: Rhona was 10 toe haar gesin van Alberton na Pretoria getrek het. Sy besit twee ondernemin­gs, Trouvaille Boutique & Day Spa en Midstream College Baby House in die Midstream Estate, waar sy en haar gesin ook woon. Rhona was destyds Heinrich en Renske se au pair en het met hul hulp haar eerste besigheid (Midstream College Baby House) begin. “Die mooi ding is ons as mense is almal feilbaar,” sê Rhona. “Ons het almal goeie en slegte punte en deur myself op die platform bloot te stel, meen ek kykers sal kan relate.”

Sy het nog glad nie die ander Housewives-reekse gekyk nie.

“In retrospeks­ie wens ek ek het, dan sou ek dalk beter voorbereid gewees het, maar ek is dol oor die Survivor-reekse en ek dink die program is ook ’n tipe Survivor, net op ’n ander vlak. Ons is nie iewers op ’n eiland gestrand nie, maar ons is aan mekaar en ander mense se genade oorgelaat. So, ek dink dié is my Survivor-ondervindi­ng.” Oor die drama tussen die vroue sê Rhona sy staan nie terug vir konflik nie.

Marié Bosman: Marié is ’n onkonven-sionele pastoor en baie uitgesprok­e. Sy het ’n vlieglisen­sie en twee doktors-grade, maar sy wil nie sê watter grade nie. “Ek dink nie papierwerk bepaal wie jy is nie,” sê Marié. Ná haar twee egskeiding­s het Marié besluit sy sal nooit weer haarself vir enigiemand probeer verander nie.

Sy het ingestem om aan die program deel te neem omdat sy gevoel het dis die Here se wil. “Ek weet dit klink vreemd, maar dis wat ek ervaar het,” sê Marié. “Ek dink kykers kan so ‘n bietjie drama in die reeks verwag. Ek weet nie of ek nou te oud is nie, maar ek hou nie van konflik nie.”

Marie wil hê kykers moet sien sy is lief vir die Here.

 ?? ?? Dié ses vroue gaan die wenkbroue laat lig in die splinternu­we realiteits­reeks. Van links: Talana Vuren-Kuhn, Marié Bosman, Mel Viljoen, Kiki la Coco, Renske Lammerding en Rhona Erasmus.
Dié ses vroue gaan die wenkbroue laat lig in die splinternu­we realiteits­reeks. Van links: Talana Vuren-Kuhn, Marié Bosman, Mel Viljoen, Kiki la Coco, Renske Lammerding en Rhona Erasmus.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa