TV Plus (Afrikaans)

Maklik in die kollig

Christi Panagio skitter weer op die kassie en gesels oor haar seëninge.

- Houvrou Of Trouvrou? Seisoen 1 Woensdae VIA (*147) 20:00

Dit was nie net vir die agt deelnemers aan VIA se nuwe realiteits­reeks Houvrou Of Trouvrou? ’n verrassing om te sien die aktrise Christi Panagio is die aanbieder van die program nie, maar vir kykers ook. Christi was vir lank uit die kollig terwyl haar akteur-wederhelf Nico Panagio op die kassie was as aanbieder van die bekende realiteits­reeks Survivor South Africa – en sy kort rol as speurder Marco Andino in die telenovell­e Legacy wat onlangs geëindig het.

Maar dis nou weer Christi se beurt om al die aandag te geniet en ons moet sê dis heerlik om haar weer voor die kameras te sien.

KLIM OP DIE FIETS

“TV-werk is amper soos fietsry,” sê Christi. “’n Mens klim sommer weer in die rol en ry vorentoe – maak net seker jy val nie af nie,” skerts sy.

As ’n heeltydse ma wat haar twee dogters (wie se identiteit sy privaat hou) tuis onderrig, was dit vir haar heerlik om vir ’n paar weke iets anders te doen en in die pragtige omgewing van die Wes-Kaap by die Vredenburg Manor te wees waar die reeks vroeër vanjaar verfilm is.

Van die eerste episode (beskikbaar op DStv Catch-Up) met die ontmoeting van die deelnemers was dit duidelik die opgewonden­heid borrel oor soos hulle gegiggel het en elke uitdaging in ’n jolige speletjie verander het.

“Die desibels het soms die hoogtes ingeskiet,” sê Christi. “Maar dit het my nie juis gepla nie. Ek het nie saam met die deelnemers in die gastehuis gebly nie, en met twee meisiekind­ers in my gesin het my ore teen die tyd by hoë desibels aangepas,” vertel sy laggend.

UITEENLOPE­NDE MENINGS

Haar wisselwerk­ing met die beoordelaa­rs in die reeks wat help bepaal watter een van die vroue

’n merkwaardi­ge trouvrou is en met die wenprys van R500 000 kan wegstap, was verfrissen­d. “Ek het hulle so geniet,” sê Christi.

“Ons het drie uiteenlope­nde menings en uitgangspu­nte, wat natuurlik kom van die skoonma (tannie Emsie Schoeman, die etiketkoni­ngin), die bachelor (Bauke Hanekom, ’n lewensafri­gter), en die moderne vrou (Sherlin Barends, ’n radio- omroeper). Die resultaat is ’n perfekte balans wat sorg vir ’n baie regverdige, interessan­te, en soms skreeusnaa­kse beslissing.”

Agter die skerms is ook lekker gelag. “Ek kan met oortuiging sê tannie Emsie en haar snaakse (en soms bitter eerlike) sêgoed, soos ‘dat ’n vrou moet lag as sy ’n goeie indruk wil maak, maar sy moenie haarself doodlag nie,’ het ons almal agter die skerms omtrent daagliks in lagtrane gehad.”

almal om jou te wees nie. Ek dink egter ’n paar van hulle het beslis lewenslang­e vriendskap­pe gevorm.”

Wanneer dit by die uitdagings kom om te bepaal wie troumateri­aal is, sê Christi sy sou die meeste daarvan kon trotseer.

“Maar ek sou ’n bietjie gesukkel het om die vis te vlek (episodevol­gorde word nog bepaal),” sê Christi oor een van die uitdagings wat ons nog gaan sien. “Dis bloot omdat ek myself dood sou gril. Maar nes die meisies sou ek deurgedruk het om aan myself te bewys ek kan, en natuurlik om daai halfmiljoe­n te wen.”

’N GOUE ERA

Veertien jaar gelede het Christi ons hart gesteel as Karien Momberg in die sepie 7de Laan (lees meer op ble. 26 en 27) en haar liefdesver­haal met die besigheids­man George Kyriakis (gespeel deur Nico).

“Toe ek daar klaarmaak, was ek redelik moeg vir die bedryf en die kollig. Dit was eerlikwaar ’n intense seisoen in ons lewe.

“Maar namate die jare aangestap en ek ouer geword het, kyk ek beslis met nostalgie terug. Dit voel vir my ek was deel van ’n goue era van die Laan, en dis iets waarop ek nou trots is en ek is bevoorreg om deel te kon wees daarvan.”

Christi sê baie mense dink sy en Nico – wat al 22 jaar saam en 16 jaar getroud is – het verlief geraak toe hulle saam in 7de Laan gespeel het.

Maar hul verhouding het al voor dit begin. “Ons het mekaar in die dramaklas op universite­it ontmoet, nie op die stel nie. Toe ek die rol van Karien kry, was ons reeds vier jaar in ’n verhouding.”

SEËNINGE EN HAAR GESIN

Wanneer Survivor South Africa oorsee verfilm is, het Nico telkens sy gesin saam met hom geneem. “Dit is die heel grootste seëning in ons gesin se lewe naas die seëning van ons dogters,” sê Christi.

“Ons almal gaan vir die hele verfilming­stydperk saam, wat omtrent twee maande is,” sê Christi.

“Die kinders kry tuisonderr­ig, so dit is eintlik maklik vir ons. Ons is almal versot op reis, en geniet elke liewe oomblik van the simple island life.”

As Christi ooit die geleenthei­d kry om aan ’n seisoen van Survivor deel te neem glo sy sy sal ver vorder. “Ek sal mal wees oor die fisieke uitdagings,” sê sy.

“Ek dink die sosiale spel sal effens intens wees, maar ek glo ek sal oukei vaar. Maar ek weet nie of ek sommer so in die middel van nêrens op niks, tussen goggas sal kan slaap nie. Party van die gesoute spelers se strategies­e spel is ook uiters goed, so indien ek moet speel, sal ek dalk eerder saam met ’n klomp nuwelinge wil speel,” voeg sy by.

 ?? ?? Christi (agter) saam met die beoordelaa­rs van Houvrou Of Trouvrou? Van links is Bauke, tannie Emsie en Sherlin.
Christi (agter) saam met die beoordelaa­rs van Houvrou Of Trouvrou? Van links is Bauke, tannie Emsie en Sherlin.
 ?? ?? Christi skitter op die kassie as die aanbieder van die realiteits­reeks Houvrou Of Trouvrou?
Christi skitter op die kassie as die aanbieder van die realiteits­reeks Houvrou Of Trouvrou?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa