TV Plus (Afrikaans)

Die spanning loop hoog

Jonas stel sy visier op Tracy in sy wraakplan, en Lukas maak sy verskyning.

-

Die booswig Jonas (Jacques Gombault) het baba Amalia (Lily van Niekerk) dalk aan haar pa, Louis

Koster (Germandt Geldenhuys), en ma, Delia Richter (Odelle de Wet), teruggee nadat hy haar vroeër in September ontvoer het, maar hy is ver van klaar met sy wraakplan teen die Kosters. Sy nuwe teiken? Tracy (Melinda Viljoen), Conrad (Hykie Berg) se lewensmaat.

Tracy en Conrad se verhouding is tans nie gesond nie omdat daar net te min kommunikas­ie tussen hulle is en verkeerde afleidings en simpel onderonsie­s hulle albei onderkry. Tracy is selfs vas oortuig Conrad het ’n affair met sy kollega An

nelize (Cindy Swanepoel) omdat hy haar eerder in sy vertroue neem as Tracy self en meer tyd saam met Annelize deurbring. Wanneer Jonas Tracy in sy visier het, is sy geskok, maar sy gaan nie toelaat dat dié vent haar lewe regeer nie. Maar die gevolge wat dit meebring, kan Tracy en Conrad se liefdesboo­tjie finaal sink.

TRACY SOEK BEWYSE

Conrad probeer Tracy oortuig hy verneuk haar nie, maar Tracy is nie seker of sy hom kan glo nie. “Sy moet iets doen om haar vermoedens te bevestig anders gaan sy van haar kop af raak,” sê Melinda. “Omdat die ding haar so jaag, gaan snuffel sy tussen Conrad se goed by die huis rond en kom af op ’n memory stick, maar dan loop Conrad in en sy steek dit vinnig in haar handsak weg.”

Conrad probeer weer mooipraat met Tracy om haar gerus te stel oor sy liefde vir haar en dat sy die enigste vrou vir hom is, maar dan word hul gesprek deur ’n oproep van Rita (Ilana Cilliers), Jonas se eksmeisie, kortgeknip. Rita sê vir Conrad sy weet nie waar Jonas tans is nie, maar sy is bereid om Conrad te help om Jonas vas te trek. Intussen kom Tracy agter haar foon is skoonveld en sy begin orals daarna soek. Later, tot Conrad se verbasing, kry hy ’n oproep van Tracy se foon af, maar dis nie Tracy wat aan die ander kant van die lyn is nie . . . Dis Jonas en hy dreig om Tracy dood te maak.

DIE WAARHEID KOM UIT

Tot Conrad se verligting vind hy

Tracy by die huis, en omdat hy nie meer ’n ander keuse het nie, vertel hy vir Tracy die waarheid: Jonas het haar foon en hy wil haar doodmaak. “Tracy is oorbluf,” sê Melinda. “Maar terselfder­tyd is sy kwaad vir Conrad, want hy het haar in die duister gehou oor die Jonas-drama en sy is alweer die laaste een in die binnekring wat uitvind wat aangaan.”

Terwyl die drama woed, is Delia verras wanneer haar broer Lukas (André Lötter, Robbie Hugo in die telenovell­e Legacy), uit die bloute daar opdaag. “Lukas het Suid-Afrika sowat agt jaar gelede verlaat om oorsee sekuriteit­swerk vir skatryk sakemanne en sjeiks in die Midde-Ooste te doen,” sê André. “Lukas het gehoor Delia is nou ’n ma en besluit om weer terug te kom om met haar te connect en ’n oom vir Amalia te wees,” sê André.

Delia kry Lukas voor stok omdat hy nie daar was vir haar om te help met die probleme wat sy met hul pa Andries (André Odendaal) en sy alter ego’s gehad het nie, maar Lukas praat dit vinnig weg en probeer haar op ander goed laat fokus. “Lukas sukkel met sy pa se siekte en wil eintlik niks daarmee te doen hê nie,” verduideli­k André.

JONAS SLUIP ROND

Dinge is stram tussen Tracy en Conrad wanneer hy daarop aandring sy bly tuis vir haar veiligheid – min wetende dis waar die slang gaan inseil. “Tracy is alleen by die huis wanneer Jonas opdaag, maar sy sien hom nie; hy sluip rond,” verklap Melinda. “Tog voel sy iets is nie pluis nie en wanneer die honde onophoudel­ik begin blaf, skakel sy die alarm aan, bel vir Conrad en hy beveel haar om in die badkamer weg te kruip.”

Die emosies loop hoog wanneer Conrad daar opdaag en voetspore in die tuin sien. Met Tracy se lewe in gevaar hou Conrad haar aan sy sy en wanneer hy Lukas ontmoet en hoor

hy is ’n beroepslyf­wag, stel hy hom aan om Tracy te beskerm. “Tracy hou niks daarvan nie, want sy voel sy kan nie beweeg sonder iemand wat haar dophou nie. En sy wil nie in sulke vrees leef nie,” sê Melinda.

Lukas is ook nie juis Tracy se grootste aanhanger nie. “Maar hy is gewoond aan dié soort teenkantin­g wat hy al vroeër ervaar het met ander kliënte wat ook nie lyfwagte wou hê nie,” sê André.

DIE VIDEO

Jonas se plan om die Kosters te vernietig gaan voort, maar dinge verloop nie soos hy gehoop het nie. Hy vind uit Rita, wat hom intussen opgespoor en oortuig het sy kan hom help in sy wraakplan, werk nou vir Conrad. Hy rand haar aan en sy beland in ongevalle in die Binneland-kliniek, en asof Conrad nie genoeg probleme het nie, kyk Tracy na die inhoud van die geheuestok­kie wat sy in haar handsak gegooi het. Wat sy op die video sien, ruk haar tot in haar diepste wese en bevestig haar vermoedens dat Conrad ’n affair het! Wat die inhoud van die video is mag ons nie verklap nie, maar dit breek Tracy en in wie se arms soek sy troos? Lukas s’n . . .

VERLEDE KEER

Daar was chaos in die Koster-huis toe Amalia ontvoer is, die geheim dat Dawid Opperman Liam se pa is, is onthul, en Zee se ekskêrel Niel is in ongevalle opgeneem.

IN DIÉ UITGAWE

Lukas se verrassing word nie goed ontvang nie, Tracy is ontsteld omdat sy die laaste een is wat uitvind wat aangaan, en Niel is woedend oor Danny se beskuldigi­ngs. Jeremy het raad vir Liam, dinge tussen Conrad en Tracy is stram, en daar is groot moeilikhei­d by die Koster-huis. Rita draai nie doekies om nie, Zee is geskok oor wat sy hoor, en ’n ontmoeting met Lukas gee Conrad ’n idee. Liam het nuus vir Annelize, Rita is in ’n gevaarlike situasie, en At onthul die volgende stap in sy plan. Lukas se eerste dag maak mense gespanne, Zee probeer sin maak van haar optrede, en Jeremy konfrontee­r At.

’n Senuagtige Karen blaker ’n geheim uit, Dawid se rekenaar is dalk net waar Jeremy die bewyse kan kry waarna hy soek, en Liam se donker daad het dalk ’n silwer randjie. Delia en Steve bring tyd saam deur, Conrad en Tracy se uitval het groot gevolge, en Danny se reëlings krap Zee om. Jeremy dink hulle moet Liam harder druk, Karen praat met Annelize oor Liam, en Conrad vertel Louis hoe hy voel. Annelize pleit by Conrad om van plan te verander, en At het ’n oplossing vir Dawid se probleem. Dawid stel sy seun voor aan At, en ’n uitnodigin­g van Steve laat Zee flink op haar voete dink.

 ?? ?? Conrad (middel) vra Lukas (regs en inlas) om Tracy (links) se lyfwag te word.
Conrad (middel) vra Lukas (regs en inlas) om Tracy (links) se lyfwag te word.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa