TV Plus (Afrikaans)

IETS BROEI TUSSEN ZEE EN DANNY

-

Dr. Zee (Mila Guy) se lewe is die afgelope tyd erg ontwrig met haar ekskêrel Niel

(Pascual Wakefield) wat in September in ongevalle beland het. Niel en Zee is op ’n slegte voet uitmekaar, en boonop tree hy vreemd op. Hy is siek (die dokters weet nog nie waaraan nie), behep met oefening en wil Zee met alle mag terughê. Zee voel nie dieselfde nie en ly onder die druk wat hy op haar plaas. Haar vriend die paramediku­s Danny (Bradley Olivier) sien hoe sy sukkel en kry nie vatplek aan Niel nie. Danny wonder of Niel steroïede gebruik omdat hy soms aggressief is. “Hy vertel

Zee van sy vermoede, maar sonder bewyse is sy is onseker,” sê Mila.

Intussen besef Zee sy het gevoelens vir Danny. “Sy praat met verpleegst­er Naomi

(Je-ani Swiegelaar) oor haar frustrasie omdat

Danny nog nie ’n move op haar gemaak het nie. Maar sy wil ook nie hul vriendskap skade aandoen indien hy nie so voel nie,” sê Mila.

Dinge verger wanneer Niel en Danny by die kuierplek Doepa oor Zee vassit en Niel geïrriteer­d raak. Hy slaan arme Danny uit die bloute! “Zee voel aaklig daaroor en sit vir Danny steke in,” sê Mila. Danny is van vooraf oortuig Niel gebruik steroïede en wanneer Niel hom later na Doepa nooi om verskoning te vra, sien Danny die steroïde-naalde en botteltjie­sin Niel se sak. Zee is woedend wanneer sy dit hoor en konfrontee­r Niel. “Hulle het ’n hewige uitval, hy ontken alles en sak skielik inmekaar,” sê Mila. “By die hospitaal word hy met bloedklont­e gediagnose­er.”

Danny ondersteun Zee wanneer sy hom van Niel vertel en in ’n oomblik van swakheid soen sy hom! “Albei is oorbluf en omdat sy skaam is daaroor vermy sy hom. Maar dit hou nie lank nie,” verklap Mila.

 ?? ?? Zee (regs) het gevoelens vir Danny (links) ontwikkel.
Zee (regs) het gevoelens vir Danny (links) ontwikkel.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa