TV Plus (Afrikaans)

Pienkvoet-planne

Baba Harley kruip diep in Janice en Lionel se hart in.

-

Die atmosfeer tussen die egpaar Lionel (Jody Abrahams) en Janice (CrystalDon­na Roberts) is ietwat koel sedert Lionel Janice in September gevra het om saam met hom ’n baba te hê. Janice was om verskeie redes nie ten gunste van die idee nie, soos haar ouderdom en spesifiek haar nuwe verpligtin­ge by die Mortlocks-restaurant. Maar wanneer baba Harley (Deluca Smith) by hulle opdaag, begin Janice wonder of die deur werklik toe is vir haar en Lionel om saam ’n kind te hê

NIE VIR EWIG NIE

Aunty Gertie (Celeste Matthews) het baba Harley op die kerk se voorstoep gekry toe sy begin Oktober ’n biduur bygewoon het. Aunty Gertie vra Lionel en Janice om na die kleintjie te kyk terwyl hulle probeer om die ouers op te spoor of die dogtertjie in pleegsorg te plaas. Janice en Lionel doop die baba Harley – Lionel is immers versot op Harley Davidson-motorfiets­e – en sy kruip gou diep in hul hart.

Lionel kan sy liefde vir die baba nie verberg nie en dit maak Janice bekommerd, sê Crystal-Donna. “Janice weet die baba gaan nie vir ewig by hulle bly nie, so sy probeer hom beskerm deur hom daaraan te herinner.”

ONDANKS DIE UITDAGINGS

Nietemin kan Janice dit nie miskyk hoe mooi Lionel met Harley werk nie en sy spog by haar vriendin Bianca (Riana Alfreds) met Lionel wat so ’n goeie pafiguur is. “Sy sien hoe baie hy omgee en begin wonder of dit regtig so verregaand­e is om ’n kind van hul eie te hê, ondanks die uitdagings,” sê Crystal-Donna.

Dis swaar vir Lionel wanneer hy later by kapt. Karelse (Charlton George) hoor hulle het pleegouers vir Harley gekry. “Dis ’n skok, want hy het nie gedink dit sou so vinnig gebeur nie; hulle tyd saam is so kort,” sê Jody. Maar Lionel se hartseer verander gou in vreugde wanneer Janice hom laat weet sy het ’n afspraak by haar ginekoloog gemaak en is ontvanklik vir die idee om saam met hom ’n gesin te begin. “Lionel is in ekstase en waardeer die effort wat Janice maak,” sê Jody.

Kort daarna kry Lionel en Janice wonderlike nuus wanneer haar dokter haar laat weet sy is swanger! “Maar hy waarsku haar weens haar ouderdom is haar kans op komplikasi­es hoog,” sê Janice. Nou hoop ons net daardie komplikasi­es word nie ’n werklikhei­d nie. Ná al die dood en ellende in Arendsvlei sal ’n baba almal se gemoedere opbeur.

VERLEDE KEER

Lionel was passievol oor sy ouerskap-plan, maar Janice wou niks weet nie, Bianca en Dominique het koppe gestamp oor Thys, en Rikus het Lennie en Eric beïndruk tydens sy eerste boksoefeni­ng.

IN DIÉ UITGAWE

Lionel is angstig oor Harley en kry dan groot nuus, Hein en Daniel hou ’n seremonie om afskeid te neem van Anton, en Beatrice trap Thys uit oor sy nagtelike aktiwiteit­e met Bianca. Lennie probeer met Rikus praat oor sy pa, maar dit het intense nagevolge, en dis tyd vir Lennie en Eva se konsert. Janice is bekommerd Lionel raak te geheg aan Harley, Nicolene kry nóg hartseer nuus, en Yvette gaan uit haar pad om Nicolene te troos. Rikus vra vir Lennie ’n groot guns wat konflik tussen Lennie en Eva veroorsaak, en Thys wil by Bianca intrek, maar dit betrap haar onkant.

Janice spog by Bianca oor wat ’n wonderlike pa Lionel is, kapt. Karelse het skoknuus vir Lionel, en Janice sê vir Lionel sy het ’n afspraak by haar ginekoloog gehad. Rikus se ware kleure kom na vore, iemand besoek Hein wat die bietjie wat Hein oor het, ook van hom wil wegvat, en die dokter het onverwagte nuus vir Lionel en Janice. Lennie en Eva ontdek skokkende inligting oor Rikus, Natalie maak groot veranderin­ge by die bakkery, en Janice kry ’n ernstige waarskuwin­g by die dokter oor die risiko’s van swangerska­p op haar ouderdom.

• Lees meer op bl. 43.

 ?? ?? Lionel raak gou geheg aan baba Harley (inlas) en wys hy is ’n goeie pa.
Lionel raak gou geheg aan baba Harley (inlas) en wys hy is ’n goeie pa.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa