TV Plus (Afrikaans)

Ontmoet die De Wets

Wim, Rose en Nina is ’n hegte middelklas-gesin.

-

Wanneer die jong swemmer Nina de Wet (Reze-Tiana Wessels) die kampioensw­emmer Karla

Swarts (Danielle Swanepoel), wat ook ’n lid is van Die Swart Marlyne-swemklub, ontmoet, word ’n hegte vriendskap gevorm, en Nina se ouers Wim (Neels van Jaarsveld) en Rose (Eloise Cupido) raak uiteraard ook by die swemklub se doen en late betrokke. Ons maak nader kennis met die De Wets.

WIM DE WET

Wim is ’n goedhartig­e en lojale ou en gee baie om vir sy medemens. “Wim se dogter, Nina, is sy alles. Sy ouers is geskei en hy wil graag ’n gesonde, gelukkige gesinseenh­eid hê en ’n goeie wederhelf en pa wees,” vertel Neels. “Wim is sjarmant, intelligen­t, het ’n goeie sin vir humor en stel sy gesin altyd eerste. Sy grootharti­gheid en vermoë om liefde te gee, is sy sterkste karakterei­enskappe.

“Wim wil soms voorgee alles in sy gesin is perfek. Hy sukkel om die regte besluite te neem. Hy prioritise­er nie sy werk nie en dit laat sy vrou dink hy is lui. Hy hou nie van konfrontas­ie nie en ignoreer dikwels probleme omdat hy wil hê alles moet vreedsaam en harmonieus verloop. Wim wil hê sy vrou en dogter moet gelukkig wees, selfs wanneer hulle nie is nie,” sê Neels. “Wim voel soms minderwaar­dig; dat hy sy vrou en dogter in die steek gelaat het.”

ROSE DE WET

Rose hou van haar prokureurs­lewe, want sy het ’n passie vir mense en wil dié wat nie ’n stem het nie, help.

Rose is baie lief vir haar man en kind. “Eintlik is hulle ’n normale, gemiddelde middelklas-gesin. Hulle is lief vir die lewe en vir wat hulle doen. Die De Wets is ’n gesonde gesin op alle vlakke,” sê Eloise. Sy voeg by Rose is nie die tradisione­le moederfigu­ur nie. “Sy is gedrewe in haar loopbaan, maar is nie altyd so betrokke by haar tienerdogt­er se lewe nie en wonder soms of al die opoffering­s ter wille van haar werk, die moeite werd is.”

NINA DE WET

Nina is nie ’n tipiese tiener nie, sê Reze-Tiana oor haar karakter. “Sy is lojaal, vriendelik, maar skaam en ’n regte daddy’s girl. Sy hou daarvan om mense om haar te hê, maar sukkel om te kommunikee­r.” Nina is baie akademies georiëntee­rd. “Sy wil goed presteer in haar skoolwerk sodat sy ná matriek oorsee kan gaan studeer. “Sy kyk op na haar pa, maar het haar ma ook baie nodig.”

Reze-Tiara (25) sê: “Ons is beslis teenpole, want ek is ’n totale ekstrovert.” En met dié dinamika in die gesin gaan dinge beslis êrens verkeerd loop . . .

VERLEDE KEER

Die Swarts-familie was onkant gevang deur Gys se verrassing op sy 66ste verjaardag, Zelda het die skok van haar lewe gekry, en sy en tannie Bybie het via Sanet gehoor waar Meghan is.

IN DIÉ UITGAWE

Die interskole-swemgala is aan die gang, Nina en Karla ontmoet en kom dadelik oor die weg, en Sanet dink Karla doen nie haar beste in die swembad nie. Tannie Bybie kom kuier vir Meghan by haar nuwe huis, Zelda is in ’n slegte bui omdat Meghan haar in die rug gesteek het, en Johan en Tshepo het nie ooghare vir mekaar nie. Meghan stres oor die aand se familie-ete, Zelda se geskenk aan Gys en Meghan ontstel Meghan, en Henry is bang hy verloor sy werk nadat hy per ongeluk een van Gys se kosbare trofeë omstamp en breek. Gys sit Zelda op haar plek, Nina is steeds onseker of sy by Die Swart Marlyne moet aansluit, maar Karla probeer haar oortuig om wel deel van die span te word, en tannie Bybie en Meghan vind uit wat alles in die geheime tas onder Gys en Meghan se bed is. Gys kry die ideale fisioterap­eut vir Die Swart Marlyne, Zelda voel al hoe sieker, en Tshepo kry ’n manier om sy en Henry se geldnood te verlig. Pam is verras om Arno by Die Swart Marlyne te sien, en Sanet kry ’n dosis van haar eie medisyne. Henry maan Tshepo om nie teen Johan resies te swem nie, maar Tshepo is vasberade om Johan op sy plek te sit, en Nina probeer steeds Johan se aandag trek.

 ?? ?? Die De Wet-gesin is van links Nina, pa Wim en ma Rose.
Die De Wet-gesin is van links Nina, pa Wim en ma Rose.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa