TV Plus (Afrikaans)

Die goed en die sleg

Die gehate karakters Tim en Nazeem maak harte week as Marco en Irvine.

-

Hul dade en optrede jaag kykers se bloeddruk op in die sepie Suidooster, maar sonder hulle sou dinge net nie dieselfde in Ruiterbosc­h wees nie! Tim (Marco Spaumer) en Nazeem (Irvine van der Merwe) is juis tans besig om saam te konkel en hul gemeenskap­like vyand, die sakevrou Bridgette (Denise Newman) te teiken (lees meer onder), en dié keer lyk dit asof sy tweede gaan kom.

Die rol van ’n booswig hou verskeie uitdagings vir die akteur in, soos kykers wat jou verpes. Maar eintlik is dit ’n kompliment wanneer mense jou haat, want dit beteken jy speel jou rol so oortuigend die kykers glo jy is werklik boos. En dis presies die geval met Tim en Nazeem – kykers se haat is eintlik vir hulle ’n bonus. En die kersie op die koek is dié twee manne is in die ware lewe die goedheid self met sjarme wat jou skoon onkant nt vang.

ONS SIEN DUBBEL

Op 20 September het Marco co en sy tweelingbr­oer Marcel, l, ’n vryskutskr­ywer in die filmbedryf, hul 31ste verjaardag gevier. “Die meeste e van die Suidooster-aanhangers gers weet ek is een van ’n identiese iese tweeling, maar dis altyd interessan­t wanneer hulle ons ieweers raakloop en saam sien. Hulle sukkel om ons te onderskei en sal vra, wie’s Tim en wie’s die broer,” sê Marco. “Ons lag gewoonlik lekker saam, voor ek eers so ’n bietjie uitgetrap word oor Tim se dade, maar dan neem ons ’n foto saam en alles is jolig.”

Die band tussen Marco en Marcel is sterk. “Ek is baie trots op Marcel,” sê Marco. “Hy het sowat ’n jaar gelede bedank as ’n Suidooster-skrywer en op sy eie begin werk. Tot op hede het hy die nuutste, derde seisoen van die komedieree­ks Lui Maar Op, Belinda se draaiboek help voltooi, en hy het ’n paar TV-flieks vir kykNET geskryf soos die fliek Sousie (tans op Showmax). Hy floreer,” voeg Marco by.

MARCO SE HART

Wanneer die ateljeelig­te afgeskakel word en Marco huis toe gaan, is sy neus in die boeke as hy nie eers gaan stap om te ontla ontlaai nie. “Ek is tans in my derd derde jaar vir my graad in sielk sielkunde en het vooruitsig sigte om my meestersgr graad te kry sodat ek ee eendag kan praktiseer,” sê Marco. “Ek het ’n gro groot belangstel­ling daar daarin en wanneer ek eend eendag by Suidooster klaarmaak, sal ek graag as sielkundig­e praktiseer om mense te help en ook in soveel moontlik teaterstuk­ke speel. Dis my hart,” sê Marco.

Die skrywers by Suidooster is verseker dapper wanneer hulle stories vir Tim skryf en dis juis Tim se donker kant en die manier hoe hy risiko’s neem wat Marco soms stomslaan. “Tim leef sy skadu-self [ shadow self,

’n konsep deur die sielkundig­e Jung wat Marco in sy studies geleer het] veel meer uit as wat ek wat Marco is dit doen,” sê hy. “Ek is baie versigtig om my eie skadu-self beheer te laat neem. As ek konflik of kwaad in my voel, leef ek dit nie uit nie, en dis die groot verskil tussen my en Tim.”

DEEL WEES VAN IETS

Nazeem is ’n moeilike karakter: Soms is hy wonderlik en gaan uit sy pad om ander te help en sy geliefdes te beskerm [soos toe hy verlede jaar gehelp het om vir AB (Cedwyn Joel) ’n nier op die swartmark te kry]. Maar dan raak hy weer boos soos toe hy Bridgette se familiepro­kureur in 2020 vermoor het en toe hy onlangs vir arme

Wade (Dean John Smith) geboelie het om sy vuilwerk te doen.

“Ou Zeempie is one of a kind,” sê Irvine. “Die man wil net sy empire bou en deel wees van iets wat waarde het, soos sy halfsuster Bridgette se besigheid, maar sy kyk neer op hom en al is Nazeem allesbehal­we ’n stand-up

guy, voel hy almal verdien hulle plekkie in die son – hy ook.”

In die openbaar is die aanhangers gelukkig nie té hard op Irvine nie, “Hulle raas so ’n bietjie en sê Nazeem moet sy nonsens laat staan, maar daarna lag ons altyd lekker saam en neem ’n selfie. Ek onthou ook een dag toe ons weens die pandemie nog maskers gedra het, het ’n kassier my in die supermark aan my stem herken en ons het heerlik ge- chat oor my rol en hoe kykers werklik dol is oor Suidooster en die stories, want hulle kan daarmee relate,” sê Irvine.

IRVINE SE STYL

Irvine se gesigsuitd­rukkings is ’n

dialoog op sigself en hy het besluit om dit vir sy karakter Nazeem in te sluit, soos wanneer hy bewegings met sy wenkbroue maak. Irvine hou van Nazeem se baard en bolletjie op sy kop wat Irvine nou ook so dra selfs al is hy nie op die stel nie. e. “My hare het meer van ’n natuurlike rlike krul wat ek in my jonger er dae los gedra het,” sê Irvine. “Maar deesdae dra ek dit nes Nazeem. . Maar my kleredrag is meer stylvol.”

Wanneer Irvine nie voor die kameras is nie e is hy baie avontuurlu­stig en geniet die buitelewe. “Ek speel graag spansport soos basketbal, touch rugby, sokker en krieket op die strand. “’n Lekker

hike deur ’n bos of ’n berg vind ek ook verfrissen­d, soos enige ander outdoor activity.”

As ’n kunstenaar hou hy daarvan om verskillen­de rolle te vertolk en so ander te inspireer. “As ek kon kies, sal ek eerder ’n goody two shoes speel as ’n baddy, maar dus juis die bad guys wat my so uitdaag en dit help om my skills as ’n a actor te verbeter. Ek sal ook graag e eendag meer komiese rolle wil speel; s dis een genre wat ek graag gra nog wil verken.”

Oor hul persoonlik­e lewe wil w Irvine en Marco nie te veel ve uitlap nie, maar Irvine sê hy is oop vir die liefde en Marco M het bevestig hy is al vir ’n paar jaar in ’n verhouding met iemand spesiaals in sy lewe en hulle mag dalk in die nabye toekoms verloof raak. Intussen wag ons om te kyk hoe hul karakters hul wraakplann­e gaan uitvoer. En onthou wanneer jy hulle haat: Die manne agter die skelm maskers het harte van goud.

VERLEDE KEER

Bridgette was in sak en as oor haar duursame juwele wat alles vervals was, Kaashifa en Rhafiek het gesukkel om ’n balans in hul huwelik te vind, en Mrs J. het uit haar huis getrek.

IN DIÉ UITGAWE

Gerda se voorstel ontlok gemengde reaksies, Justin voel skuldig ná ’n toevallige ontmoeting met iemand, en Kaashifa sien wie is die Juice Bar se nuwe eienaar: Junaid! Elana weier om haar pa te kontak, Nazeem is besorg oor Tim se taktieke, en Rhafiek is vies dat almal ’n bohaai maak oor Ruiterbosc­h se nuutste sakeman. Elana is ontsteld oor haar pa se toestand, en Bridgette kom voor ’n groot besluit te staan. Dis die amptelike opening van die nuwe sapkiosk, en Nazeem en Tim beklink hul donker komplot, Zoe kry inligting wat Tim en Nazeem se plan met JPD kan ontspoor, en Elana kry nóg skokkende nuus oor haar familie.

Danni hoor Siya en Anja was saam uit, en Elana wil vir niemand vertel haar pa is oorlede is nie. Tim probeer Zoe sagmaak voor sy moontlike skokkende nuus gaan kry, Siya se dag ry wipplank, en Elana se naastes probeer haar ondersteun. Bridgette weier om die nuwe verwikkeli­ng by JPD te aanvaar, en Mrs J. reik uit na Elana. JPD se raadslede moet oor ’n belangrike agendapunt stem – en dit veroorsaak onsekerhei­d oor die lot van die Suidooster-sentrum, iemand vra Danni uit op ’n afspraak, en Bridgette voel verraai. Siya konfrontee­r Danni, en Kate dring daarop aan om Mrs J. se oond te gebruik.

 ?? ?? Nazeem (links) en Tim (regs) skok Bridgette wanneer hulle haar sê sy is uitoorlê.
Nazeem (links) en Tim (regs) skok Bridgette wanneer hulle haar sê sy is uitoorlê.
 ?? ?? Die Spaumertwe­eling Marco (links) en Marcel (regs).
Die Spaumertwe­eling Marco (links) en Marcel (regs).
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Irvine hou daarvan om te lag en lyk altyd stylvol in sy persoonlik­e lewe.
Irvine hou daarvan om te lag en lyk altyd stylvol in sy persoonlik­e lewe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa