TV Plus (Afrikaans)

WAT GEBEUR IN DIE STORIE

-

Soos wat haaie hul prooi omsingel voor hulle die eerste hap vat, berei Bridgette (Denise Newman) se aartsvyand-halfbroer Nazeem en haar niggie se argitek-man Tim voor om haar aan te val. Maar Bridgette het geen idee sy is in hul visier en hul prooi nie. Tim en Nazeem het vroeër in September kragte saamgesnoe­r om Bridgette behoorlik in te loop om te kry wat hulle meen hulle verdien: stemreg en belange in Bridgette se maatskappy Jacobs Property Developmen­t (JPD). Bridgette het Nazeem al vroeër vanjaar uit haar besigheid gewerk toe hy nog aandele besit het, en tot onlangs het Bridgette alles in haar vermoë gedoen om Tim se posisie by JPD oorbodig te maak. Tim was keelvol en toe hy Nazeem nader om saam met hom teen Bridgette te werk het Nazeem nie vir ’n oomblik gehuiwer nie.

Op die oomblik help

Gerda (Clara Joubert) die gevaarlike duo om

Bridgette ’n rat voor die oë te draai. Gerda – die eienaar van ’n klein eiendomsag­entskap

– het ’n aanloklike geleenthei­d vir Bridgette, maar indien Bridgette dit aanvaar, kom daar moeilikhei­d. “Natuurlik sit Tim en Nazeem agter al die gekonkel,” sê Marco. “Gerda sit met ’n eiendom wat met ’n klein bietjie ontwikkeli­ng kan verdriedub­bel in waarde.”

So koop Nazeem en Tim Gerda se besigheid en sê sy mag nie ’n woord daaroor rep nie. Bridgette besluit Gerda se eiendom is te waardevol om deur haar vingers te laat glip. Sy koop dit by Gerda met aandele in JPD as deel van die transaksie. Bridgette vier die aankoop van Gerda se eiendomsag­entskap met ’n skemerkelk­partytjie by haar huis. Sy is teleurgest­eld wanneer sy hoor Gerda kan dit nie bywoon nie, maar is oorbluf wanneer Nazeem daar opdaag en vir Bridgette sê hy en

Tim besit eintlik Gerda se agentskap, en dus nou ook JPD-aandele. “Bridgette kan haar ore nie glo nie,” sê Irvine. “Kort daarna spoeg sy vuur en jaag albei mans uit haar huis.” Bridgette begin planne maak om JPD te ontbind, want sy sal eerder alles verloor as om saam met Tim en Nazeem te werk.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa