TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Liam waarsku Thomas om Douglas nie te gebruik om Hope terug te lok nie, en nadat Ridge aan Steffy erken hy het Taylor lief, dring sy daarop aan dat Thomas haar help om Brooke en Ridge vir altyd uitmekaar te dryf. Intussen jok Ridge vir Taylor deur te sê sy maak hom kalm, terwyl Ridge beweer hy wil Brooke as sy vrou hê en is toegewyd aan hul huwelik. Sheila sluip in by die huis op die krans en hou klein Hayes vas, Ridge betrap Brooke en Bill wat mekaar omhels, Bill sleep vlerk by Finn se ma, Li, en Hope skel Thomas omdat hy Steffy help om Brooke en Ridge se afspraak te ruïneer.

DAYS

Stefan verwerp Gabi nadat sy hom soen, Sarah sê Xander af nadat hy sy flankeerde­ry met Nicole beken, en Stefan maak Chloe die hof. Clyde vra Nancy om te trou net toe Craig na Salem terugkeer, Chad vind uit Stefan lewe steeds, EJ vra Stefan se hulp om Gabi te vernietig, en hy skop Johnny en Ava uit die DiMera-herehuis. Rolf vergiftig Kate, Kayla en Marlena met ’n seldsame gifstof, en Rafe arresteer Orpheus. Tydens Rachel se toesigsaak haal Kristen Chloe se verlede op en beskuldig Brady van die moord op Philip, en Sonny en Chad besef wie Abby vermoor en Sonny byna doodgemaak het.

Y&R

Sally loop ’n bemarkings­vergaderin­g mis terwyl sy met Adam gesels, Sally het seks met Nick in haar kantoor, en Victoria bewys sy is die regte Newman-sakedryfkr­ag. Nate bedank by Chancellor-Winters en gee Victoria binne-inligting oor Jill se planne met Chancellor-Winters, en Nikki vlieg na Los Angeles om Deacon oor Diane se verlede uit te vra.

 ?? ?? Rolf vergiftig Marlena in opdrag van Kristen.
Rolf vergiftig Marlena in opdrag van Kristen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa