TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Iemand bel die Kindersorg­diens nadat Thomas ’n mes in Brooke se rigting rondswaai, en Ridge herken Brooke se stem en betrap haar met ’n leuen. Bill vra Steffy om na sy huis in Aspen te gaan kyk wanneer hy dit op die mark wil sit, Steffy besluit om Taylor op ’n ma-dogter-rit na Aspen saam te neem, maar Ridge daag op om by Taylor te pleit, en Brooke vlieg na Aspen om na Ridge te soek. Nikki Newman besoek Eric by Forrester Creations en sy eis inligting oor Diane Jenkins by Deacon.

DAYS

Chad ontvoer Clyde van die munisipale kantoor wanneer EJ Clyde se dood beplan, en Clyde vertel Chad hoe Abby gesterf het. Gwen waarsku Jack oor Jennifer terwyl Jennifer hallusinee­r oor ’n gesprek met Abby, en Gwen word omgery in ’n trefen-trap-ongeluk. Chad praat met Abby se spook, en Julie konfrontee­r Jennifer oor haar verslawing. Rex verbind Kate, Kayla en Marlena se siekte met die simptome waaraan Roman ’n rukkie terug gely het, en net wanneer dr. Mike Horton na Salem terugkeer maak Jennifer gereed om Jack en Salem te verlaat.

Y&R

Johnny is afsydig jeens Victoria en Billy nadat hulle onthul Chelsea is sy biologiese ma, Nick weier om Adam te vertel of hy met Sally seks gehad het, maar Sally is minder diskreet tydens haar geselsie met Chloe. Nate het ’n nuwe vriend, en Elena trek by die Grand Phoenix in om van Nate weg te kom. Diane soen Jack voor sy ’n man in haar hotelkamer ontmoet wat groot planne vir Kyle en Summer se hernuwing van hul troubeloft­es het, en Nikki het ’n foto van Diane by Deacon in LA gekry.

 ?? ?? Catherine Chancellor se seun Tucker McCall wag op Diane in haar hotelkamer.
Catherine Chancellor se seun Tucker McCall wag op Diane in haar hotelkamer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa