TV Plus (Afrikaans)

WENNERS VAN COL’CACCHIO SE GESKENKBEW­YSE

-

Dis altyd vir my ’n besondere bederfie om ons lesers beter te leer ken – al is dit dan net deur inskrywing­s-SMS’e en antwoorde op vrae. Om te dink aan ons lesers gee altyd vir my ’n bietjie ekstra petrol in my tenk wanneer ek hier aan die einde van ’n spertyd voel dinge raak effens druk.

Baie geluk aan ons vier wenners wat Col’Cacchio-geskenkbew­yse gewen het met die samewerkin­g van die reeks Jan Braai.

Ons het hulle gevra of hulle pizza of hamburgers verkies, wat hulle beplan om te bestel met hul geskenkbew­ys en ook wat hulle van tvplus geniet.

DÍS WAT HULLE SÊ: Maria Barnard (85) van Delmas, Mpumalanga.

“As ek moet kies tussen pizza en hamburgers, kies ek burgers,” sê sy, want haar seun jag en maak sy eie patties. En sy hou daarvan om haar eie burger te bou. By Col’Cacchio gaan sy “definitief ’n pasta probeer” en haarself bederf met ’n lekker nagereg. “Ek geniet alles in tvplus, ek sukkel net so ’n bietjie met die akteursnam­e onderaan die blad, waar die agtergrond swart is en die lettertjie­s baie klein gedruk is,” sê sy. “Ek het al die tvplusse, van wanneer dit in 1999 begin het (dink ek). Tydens Covid het ek twee misgeloop wat nie beskikbaar was nie.”

Redakteurs­nota: Dankie Maria, ons sal ’n bietjie kyk of ons die akteursnam­e meer leesbaar kan maak, dit vat net soveel plek op. Maar dalk maak ’n ander agtergrond ’n verskil. Ek sal kyk of ons uitlegkuns­tenaar haar towerstaf kan swaai. En ja, tydens die eerste inperking is besluit sommige tydskrifte mag nie versprei word nie omdat dit nie as “nuus en noodsaakli­ke items” gesien is nie. Daardie uitgawes was aanlyn beskikbaar.

Lucas Pheiffer (61) van Mitchells Plain in Kaapstad.

“Ek verkies eerder ’n pizza as ’n hamburger en Col’Cacchio is een van die redes hoekom ek pizza crave. Ek geniet die hele tvplus se inhoud, maar is veral lief vir die blokraaie.”

Sarel van der Linde (77) van Ermelo, Mpumalanga.

“Ek verkies pizza, want dis darem groter as ’n hamburger,” sê Sarel. Ongelukkig is daar nie ’n Col’Cacchio in Ermelo nie, maar hy sal dit bêre tot hy op ’n plek is waar hy dit kan gebruik. “En dan sal ek ’n seekos-pizza bestel. Ek geniet die blokraaise­ls en ander soortgelyk­e dinge in tvplus wat mens lekker kan besig hou.”

Wessel Strydom (62) from Uvongo, KZN.

“Ek hou van pizzas en burgers, kan nie kies tussen die twee nie. Ek hoop ek kan die Col’Cacchio-bewys by hul tak in Gateway, KwaZulu-Natal gebruik. Die Bologna en Prostituto is my gunsteling­pizzas. Ek geniet die program-voorskou in tvplus en die afdeling oor wat is volgende die meeste.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa