TV Plus (Afrikaans)

Renovation Impossible

-

Seisoen 1 HGTV (*177) 21:00 Leefstyl

Wanneer dit kom by hamers, skroewe, sae en verfwerk, neem Russell J. Holmes dinge ’n stappie verder in sy nuwe reeks Renovation Impossible. “Dit verg spesiale mense om ’n huis op te knap en ’n tuiste daarvan te maak. Ons werk van die kelderverd­ieping tot die solder en gee ons kliënte presies wat hulle wil nodig het,” sê die 49-jarige Russell, wat ook die motor-opknapreek­se Fast ’n Loud en Garage Rehab aangebied het.

“Ek het nog altyd daarvan gehou om iets af te breek en weer op te bou, of dit nou motors of huise is – hulle is eintlik dieselfde. Daar’s ’n skelet of ’n onderstel. Jy het vir albei elektriese kabels nodig, daar’s pype vir vloeistoww­e, ’n paar luukse bykomstigh­ede soos meubels in huise en chroom-bykomstigh­ede aan motorfiets­e. As jy een kan doen, kan jy die ander een ook doen,” sê Russell. Maar waar kom sy liefde vir huisopknap­ping vandaan? “My ouers het nie baie geld gehad nie, so hulle het self die huis geverf en opgeknap. Ek het hulle gehelp,” vertel Russell, wat vandag sewe syfers werd is.

Russell kan nie besluit watter deel van die opknapping­sproses sy gunsteling is nie. “Om eerlik te wees, ek doen alles. Ek is daar van begin tot einde, ek is gefokus van die eerste beplanning van die vloerplan af. Wat is die punt daarvan om net in een of twee aspekte van ’n projek belang te stel as jy van die begin tot einde daar kan wees?”

Maar daar is ’n kinkel in die reeks: Russell aanvaar nie nuwe projekte nie . . . “Ons handel halfklaar take af en bly binne die begrotings,” verduideli­k hy.

 ?? ?? Die superster van opknapping, Russell J. Holmes, is ’n legende in huisverbet­erings en -veranderin­gs.
Die superster van opknapping, Russell J. Holmes, is ’n legende in huisverbet­erings en -veranderin­gs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa