TV Plus (Afrikaans)

Alaskan Bush People

-

Seisoen 7 Discovery (*121) 20:00 Realiteit

Die Brown-gesin is terug met ’n nuwe seisoen van hul openhartig­e dokkiereek­s Alaskan Bush People, wat hul lewe in die Alaska-wildernis boekstaaf. En dis ’n strawwe lewe – toe die patriarg wyle Billy epilepties­e aanvalle gekry het, was die naaste dokter meer as 80 km van die kusdorp Hoonah af. “Ons het baie moeilike tye met my pa daar beleef,” verduideli­k die oudste seun, Bam Bam. “Dit was nie maklik nie, want ons het lank nie geweet wat die aanvalle veroorsaak nie, wat toe in die middel van 2021 noodlottig was.”

Een van die redes waarom die 1 gesin na Alaska en die ontoegankl­ike wildernis getrek het, is glo omdat Billy en sy vrou, Ami, hul verlede as misdadiger­s wou verberg. Billy is in die 1980’s weens perdediefs­tal veroordeel, en Ami vir bedrog by liefdadigh­eidsorgani­sasies.

Hoewel Bam en Billy beweer 2 hulle was in 2015 vir ’n maand in die tronk as ’n pleitooree­nkoms weens bedrog met staatsdivi­dende van Alaska se oliebedryf, was hulle eintlik vir ’n maand onder huisarres in ’n gerieflike hotel vir dié misdaad. Die Browns het ná Billy se dood 3 amptelik uit Alaska verhuis en woon almal nou in Washington.

Hul huis in Alaska bestaan nie meer nie nadat dit in 2021 in veldbrande afgebrand het.

Die jongste dogter, Rain, en 4 seun Matt het albei tydens die reeks aan depressie en obsessiewe kompulsiew­e versteurin­g gely. Matt het in 2017 bykans oornag ’n alkoholis geword en sy pa, wat die afgelope 40 jaar geen alkohol gebruik nie, het hom gedwing om rehabilita­sie te ondergaan.

 ?? ?? Alaskan Bush People se Brown-gesin (van links): Bear, Bam Bam, Bird, Rain, Ami, die patriarg wyle Billy, Matt, Gabe en Noah.
Alaskan Bush People se Brown-gesin (van links): Bear, Bam Bam, Bird, Rain, Ami, die patriarg wyle Billy, Matt, Gabe en Noah.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa