TV Plus (Afrikaans)

Halloween Special

-

National Geographic Wild (*181) 18:00 Dokkie

Soek jy iets spookagtig maar geskik vir die hele gesin op die Halloween? National Geographic Wild het splinternu­we programme, maar hoe nader aan middernag, hoe skrikwekke­nder raak dit! Kyk uit vir:

18:00 Fact vs Fear: Vind uit hoe 1 vlermuise, rotte, uile, wolwe, paddas, spinnekopp­e en slange die kreature van ons nagmerries en verskrikli­kste volksverha­le geword het. 2 18:45 Howl-o-ween: Maak reg vir die mees bisarre tonele met hondepasië­nte uit National Geographic se veeartsree­kse. Vampierhon­de, zombie-hondjies en meer. 19:45: Dr. K’s Exotic Animal ER 3

Halloween: Die veearts dr. Susan Kelleher behandel kruipende, geskubde diere van verkleurma­nnetjies, reuse-akkedisse en bearded dragons, tot tweekoppig­e slange en skilpaaie wat raakgery is. Vandag is daar ekstra bederfies, soos wasbeerbab­as, ’n piepklein krimpvarki­e en ’n kwartel.

20:55 Something Bit Me: ’n Reptiel 4 hap na ’n visjagter, ’n roofdier bekruip kinders in ’n rivier, ’n ysbeer val ’n kelnerin aan, ’n bergleeu teister stappers en ’n beer val ’n stapper twee keer op ’n staptog aan, en wetenskapl­ikes vertel hoekom diere aanval, en hoe om dit te oorleef. 20:55 Mystery Of The Giant Cave 5 Spider: Tasmanië se World Heritage-wildernis huisves prehistori­ese spinnekopp­e in sy grotte. Navorsers het die afgelope 25 jaar die aarde se oudste oorlewende spinnekops­pesie, die Tasmaanse grotspinne­kop ( Hickmania troglodyti­s), bestudeer, wat tot sy huidige vorm ontwikkel het nog voor Gondwanala­nd in die huidige vastelande verdeel het.

 ?? ?? Bly wakker vir die middernag-program oor spinnekopp­e!
Bly wakker vir die middernag-program oor spinnekopp­e!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa