TV Plus (Afrikaans)

Ice Road Rescue

-

Seisoen 7 National Geographic (*181) 20:00 Realiteit

So sleg soos wat Suid-Afrika se paaie vol slaggate ook al is, is dit nie naastenby so gevaarlik soos die bevrore snelweë in die ysige toendra van Noorweë nie. In die realiteits­dokkiereek­s Ice Road Rescue spring ’n span werkers in hul vragmotors sodra hulle ontbied word en vaar die wildernis in om wrakke, ongelukke en enigiets anders wat in motoriste se pad is, op te ruim. Thord Paulsen, alias The Boss, hou die leisels.

Thord bestuur al sedert hy 10 1 was en het by sy pa geleer om groot voorhakers met 18 wiele en trekkers in die sneeu en ys te hanteer. “My pa het dié werk (paaie opruim) gedoen en ek doen dit omdat ek daarvan hou. Dis ’n eerlike bestaan en groot pret,” vertel Thord. 2 Danky sy rol in die reeks het Thord ’n lewenslang­e borgskap van Blamann-bande in Norweë.

Die vreemdste ding wat Thord 3 en sy span van ’n botsing moes herwin, was ’n yslike wollerige mammoet wat na ’n museum op pad was. “Dit was massief en het ’n paar ton geweeg. Ek het nie geweet of ek moet lag oor die poging om die reuse-plastiekol­ifant op te tel, of ernstig moet wees nie,” sê Thord.

Die realiteits­ter besit ’n Isuzu4 dubbelkaju­it-bakkie in die ware lewe – dieselfde een wat hy in die reeks gebruik, en onthul: “Dis die ideale voertuig vir dié omgewing, maar verg ’n paar veranderin­gs.” Thord sê hy hou nie van publisi5 teit nie en het die reeks op aandrang van sy gesin aangepak oor hulle wou hê “hy moet ’n doel in die lewe hê”. “En nou is ek ’n TV-ster, dus is hulle gelukkig.”

 ?? ?? Thord Paulsen is ’n meesterlik­e bestuurder op Noorweë se gevaarlike paaie.
Thord Paulsen is ’n meesterlik­e bestuurder op Noorweë se gevaarlike paaie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa