TV Plus (Afrikaans)

Die dood kry lewe

Dr. Richard Shepherd lig die sluier in CBS Justice se nuwe reeks The Truth About My Murder.

-

Die forensiese patoloog dr. Richard Sheperd het in sy loopbaan al meer as 23,000 nadoodse ondersoeke afgehandel. Hy het vir die Britse departemen­t van binnelands­e sake gewerk in hoëprofiel-ondersoeke soos die dood van

prinses Diana en was ’n raadgewer oor die bestuur van Britse sterfgeval­le in die 9/11-terreuraan­valle.

Nou ontleed hy tien van Amerika en Brittanje se berugste moordsake – insluitend­e die 69-jarige prof. Peter Farquhar wat deur sy 31-jarige verloofde, Benjamin Field, vermoor is – in CBS Justice (*170) se nuwe reeks oor ware misdaad The Truth About My Murder. Met behulp van ’n anatomage-tafel (wat vollengte digitale beelde van die menslike anatomie wys), en gedetaille­erde, oorspronkl­ike forensiese verslae, lei dr. Shepherd die kyker deur die sake. Onderhoude met famililie en vriende, joernalist­e, sielkundig­es en ander mense in die kriminele regstelsel onthul die motivering en optrede van die moordenaar­s en hul slagoffers. Lees verder hoe dr. Shepherd die reeks ontleed.

LEWE IN DIE DOOD Jy het laat in jou loopbaan geleer hoe om die stres van dié beroep te verwerk. Hoe doen jy dit?

Die belangriks­te ding vir my was om ’n sielkundig­e te besoek, wat na my kon luister terwyl ek in die dieptes van depressie en angs was. Om te praat oor hoe ek die beelde van sake wat ek in my geheue weggebêre het, kan opdiep, die grusaamhei­d eenkant toe kan skuif en op ’n profession­ele wyse daarna kan kyk. Maar ook onthou ek gaan die sake altyd wegbêre.

Sy beskyf dit as herinnerin­ge wat ek in ’n boks terugsit, wat dan op ’n rak gebêre word. Jy moet dit bewustelik doen; jy kan dit nie net die rug toekeer nie. Tydsdruk vroeër het beteken ek moes vinnig deur die sake werk en dit was dus moeilik om af te skakel. My stokperdji­es: Ek vlieg

 ?? ?? Dr. Shepherd gebruik die anatomaget­afel om te verduideli­k waarna patoloë kyk in ’n nadoodse ondersoek.
Dr. Shepherd gebruik die anatomaget­afel om te verduideli­k waarna patoloë kyk in ’n nadoodse ondersoek.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa