TV Plus (Afrikaans)

Daar is potensiaal

Steve vra Zee om hom tydens ’n operasie te assisteer, maar dinge loop skeef.

-

Zee (Mila Guys) is ’n skerp dokter wat baie potensiaal het. Die plastiese chirurg dr. Steve (Clint Brink) sien dit raak en vra haar om hom tydens ’n operasie te assisteer. “Dis ’n wonderlike geleenthei­d vir Zee,” sê Mila. “Sy doen ure se navorsing ter voorbereid­ing vir die operasie, maar wanneer sy in die operasiesa­al is en Steve gee haar ’n opdrag, vries sy skielik en kan niks doen nie, tot haar en Steve se groot teleurstel­ling. . .”

GEÏNTIMIDE­ER

Zee voel baie verleë. Haar vriend, Danny (Bradley Olivier), ondersteun haar en belowe om ’n goeie woordjie vir haar by sy pel Steve te doen, maar Zee kasty steeds haarself. Sy is ook gespanne in Steve se teenwoordi­gheid by die Binneland-kliniek.

“Steve hou niks teen Zee nie, en omdat hy tyd saam met Danny wil bestee, nooi hy Danny en Zee vir ’n braai waarvoor Zee nie kans sien ná haar groot vernederin­g nie,” sê Mila. “Sy probeer haarself uit die braai wurm, en vertel Danny Steve intimideer haar,” sê Mila. Danny verstaan hoe Zee voel en stem in om die braai uit te stel, maar Zee kan Steve nie weer vermy wanneer hy hulle vir ete nooi nie.

SWAK SELFVERTRO­UE

Zee pak later by haar vriendin, verpleegst­er Naomi (Jeani Swiegelaar) af, oor watter ramp die ete by Steve was en sy het nie geweet hoe om op te tree nie. Zee se negatiewe houding kry Danny onder. “Hy vertel haar sy maak die lewe onnodig vir haarself moeilik en moet meer in haarself glo,” sê Mila.

Zee besef sy moet haarself regruk, en dan vra Steve haar weer om hom te assisteer. “Zee kan nie glo Steve gee vir haar ’n tweede kans nie,” sê Mila. • Lees meer op ble. 20 en 21.

VERLEDE KEER

Tracy het vas geglo Conrad het haar verneuk nadat sy ’n video op ’n geheuestok­kie gekyk het, Karen het ’n geheim uitgeblake­r, en Zee en Danny het mekaar gesoen.

IN DIÉ UITGAWE

Liam kry toegang tot sy pa se e-pos, Lexi het liefdesraa­d vir Steve, en Sharon besoek Conrad. Louis het genoeg gehad van die Jonas-situasie, Liam probeer meer inligting inwin, en Danny is nie die enigste een wat met Steve se kop smokkel nie. Annetjie rig ’n uitnodigin­g aan Zee, Steve vra sy vrae met ’n ompad, en Zee is uit die veld geslaan deur ’n versoek. Liam vertel Annelize en Jeremy wat hy oor At vermoed, Conrad en Tracy is ewe bang vir wat gebeur, en Danny pak Zee oor haar selfvertro­ue. Sekere inligting kan die sleutel tot oorwinning wees, Dawid waarsku Annelize, en Conrad maak sy hart oop teenoor Tracy.

Annelize is op die oorlogspad, Delia is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie, en ’n soen kan die begin of einde van alles wees. Ondanks At se woede is Jeremy oorgehaal om hom vas te trek, Naomi weet wat om te doen en wat om te verswyg, en Annelize vryf sout in iemand se wonde. Liam is bekommerd oor sy aandeel in ’n plan, en Steve wonder oor die identiteit van die vrou met wie hy aanlyn gesels. Rian vra Delia om ’n inligting stil te hou, en Gaby vervies haar oor Southern Hope se nuus. Anoniem (Steve se kletsmaat) se identiteit word onthul, en ’n uitnodigin­g oorweldig Tracy

 ?? ?? Danny (links, inlas) probeer Zee (regs) help om weer in Steve (middel) se goeie boekies te kom.
Danny (links, inlas) probeer Zee (regs) help om weer in Steve (middel) se goeie boekies te kom.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa