TV Plus (Afrikaans)

’n Ma en dogter verhouding VERLEDE KEER

Elana vra Susan en Justin ’n reuseguns wanneer haar vervreemde ma, Nelia, kom kuier.

-

Die onlangse afsterwe van Elana (Esther von Waltsleben) se pa, Frikkie (nie op skerm nie), het emosies wat Elana diep weggebêre het, weer na vore gebring. En terwyl sy nog daarmee worstel, daag haar vervreemde ma, Nelia (Joanie Combrink, Ilse in die dramareeks Fynskrif), kort ná haar pa se dood in Ruiterbosc­h op. Nelia wil graag die band met haar dogter versterk, maar dis moeilik, want Nelia worstel steeds om te aanvaar Elana is gay.

GUN JOU MA ’N KANS

“Eintlik wil Elana nie haar ma sien nie,” sê Esther. Nelia het nooit aanvaar Elana is tot vroue aangetrokk­e nie en het nie haar huwelik met Susan (Natasha van der Merwe) – Elana se eksvrou – aanvaar nie.

Mymoena (Jill Levenberg) hoor van Elana se gevoelens jeens haar ma en moedig haar aan om Nelia ’n kans te gun. “Mymoena vertel vir Elana hoe sy destyds toe Bianca (Simone Biscombe) haar kom opsoek het, niks van haar wou weet nie. Maar sy het besef sy as ma is verkeerd en moes na haar kind uitreik. Sy sê vir Elana ma’s is nie perfek is nie en maak foute,” sê Esther.

Elana besuit om haar ma te sien, maar sy maak eers by Susan en haar kêrel Justin (Eden Classens) ’n draai om ’n reuseguns te vra: “Elana vra Susan moet voorgee hulle is nog getroud,” sê Esther. “Elana wil nie vir haar ma die bevredigin­g gee dat sy reg was oor hul huwelik nie.”

DIE SPANNING LOOP HOOG

Susan en Justin is albei onkant gevang deur Elana se versoek, maar stem tog in om haar te help – tot Justin se ergernis.

Susan trek tydelik terug na Elana se woonstel en wanneer Nelia opdaag, is dinge ongemaklik. Dit duur nie lank voor ma en dogter mekaar in die hare vlieg nie. “Nelia probeer hard om hoflik teenoor Susan te wees, maar jy kan die spanning met ’n mes sny,” sê Esther. “Sy begin ook stekies na Elana inkry en verwyt haar dat sy nie by haar pa (wat ook nie wou aanvaar sy is gay nie) se begrafnis was nie.”

Elana wil haar ma finaal afskryf, maar Bianca oorreed haar om dit nie te doen nie. Elana en Nelia verklaar ’n skietstils­tand en vir die eerste keer in jare lyk dit asof hulle ’n verhouding kan bou. Maar dan vang Nelia amper vir Susan wanneer sy stilletjie­s by die huis insluip nadat sy die aand by Justin was . . .

Bridgette het vuur gespoeg toe sy uitvind Tim en Nazeem het haar bedrieg en besit nou aandele in haar besigheid, Rhafiek was ongelukkig met al die aandag wat Junaid in die Suidooster Sentrum gekry het, en Mrs J. het na Elana uitgereik.

IN DIÉ UITGAWE

Danni neem ’n besluit oor Siya, Nazeem word sonder die broers se wete vir ete by die Danielse genooi, en Carlo kry ’n groot terugslag in die eksperimen­t met die speelgoedh­ond. Nazeem is ongeduldig, maar Tim hou hom in toom, Elana vra Susan ’n reuseguns, en Danni en Siya is versigtig optimistie­s oor die pad vorentoe. AB het van Stella se konsert vergeet, Elana se ma, Nelia, is op pad, en Tim probeer ’n plofbare situasie ontlont. AB se dag neem ’n wending, Siya se emosies gaan op loop, en Nelia soek toenaderin­g by Elana. Kaashifa en Rhafiek wil Kupido speel, Siya maak reg met Danni, en Mrs J. dink Anja verdien ook ’n gawe man in haar lewe. Elana het ’n vreemde versoek vir Susan, Siya maak droog met Danni en dit gee iemand anders hoop. Danni en Siya het ’n ernstige gesprek, Nelia probeer om Elana se besluite te aanvaar, en AB oorweeg aftrede. Nog ’n misdaad tref Ruiterbosc­h, Justin is baie ongelukkig oor die situasie met Susan en Elana, en Nazeem wil die apteek koop, maar AB wil skielik nie meer aftree nie. ’n Skokkende gebeurteni­s ruk die Ruiterbosc­h-gemeenskap, Justin is keelvol vir Susan se betrokkenh­eid by Elana, en Lee-Ann neem in Bridgette se afwesighei­d ’n groot besluit vir die besigheid.

 ?? ?? Elana (regs) en haar ma, Nelia (links), sit nie om dieselfde vuur nie.
Elana (regs) en haar ma, Nelia (links), sit nie om dieselfde vuur nie.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa