TV Plus (Afrikaans)

Tussen treine en stasies

Ry saam trein en ontdek die wonderskon­e Wes-Kaap.

- Spoor Stories Seisoen 1 Woensdae SABC2 (*192) 19:30

Treinry is vir duisende SuidAfrika­ners ’n alledaagse manier van vervoer om by die werksplek te kom, maar baie mense het nog nie hierdie avontuurli­ke en goedkoper manier van reis op eie bodem ontdek nie. Die aanbieder Iana Strydom neem ons op ’n visuele en onvergeetl­ike ontdekking­sreis op die Wes-Kaap se treinroete­s.

STUDIES EN VUURDOOP

Die lewenslust­ige Iana het nooit trein gery tydens haar grootwordj­are in Suid-Afrika nie. “Ek het wel in 2015 en 2016 baie in Europa gereis en toe die plesier van n treinry ontdek, en ook in 2018 018 toe ek in Amerika getoer het. In 2019 het ek ook in Hongarye, Duitsland en Oostenryk baie trein gery.”

Iana se kop het nooit aanbieding­swerk toe gestaan nie. Sy het in 2017 vir drie jaar onder meer geoo grafie en geesteswet­enskap aan die Noordwes-Universite­it op Potchefstr­oom gestudeer en haar honneursgr­aad in 2020 in geografie en omgewingsw­etenskap voltooi. In 2021 het sy tydens die grendeltyd begin om haar passie vir fotografie en videografi­e uit te leef en vir haarself ’n platform op die sosiale media gevestig. “Ek was nog altyd lief vir die buitelewe en het gedink ek kan dalk deur middel van die sosiale media ’n sigbaarhei­d kweek,” vertel sy. “In daardie stadium het ek my fotografie en my studies gebalansee­r, veral toe ek tydens die inperking tuis gebly het.”

Iana se plasings op die sosiale media het nie ongesiens verbygegaa­n nie, want Geoffrey Butler, die regisseur van Spoor Stories het haar plasings op Instagram raakgesien en haar in April genooi om ’n oudisie vir die aanbieding­spos te doen. “Ek was o op die kortlys en h het glad nie my hart daarop gesit om dit te kry nie, en was baie opgewonde toe ek gekies is,” vertel sy. “Dit is nou wel my vuurdoop as TV-aanbieder, maar ek het gou my voete gevind.”

ONTDEKKING­SREIS

Sy sê Spoor Stories was ’n heerlike ontdekking­sreis. “Ons het op die stasies stilgehou en baie van die kos, kultuur en aktiwiteit­e en die omgewing van nader leer ken. Dit was ook lekker om met die passasiers te gesels en hul stories te hoor.”

Sy meen Suid-Afrikaners ry nou meer trein, want: “Dis familievri­endelik; jy merk plekke en natuurskoo­n op wat jy nie dalk op ander roetes sou teëkom nie. Dit is ’n meer bekostigba­re manier van reis.”

Die township Langa was vir Iana een van die hoogtepunt­e. “Ek was aangenaam verras oor die ryk geskiedeni­s van dié township. Ons het die museum besoek en ’n draai gemaak by die sangeres-liedjieskr­ywer Brenda Fassie, wat in 2004 oorlede is, se huis.” Sy sê Prasa (Passenger Rail Agency of South Africa) was baie tegemoetko­mend tydens die verfilming van die reeks. “Die vervaardig­ers beoog om ook die treinroete­s in ander dele, soos in Mpumalanga, te verken.”

 ?? ?? Iana ontdek die plesier en avontuur van treinry in die reeks Spoor Stories.
Iana ontdek die plesier en avontuur van treinry in die reeks Spoor Stories.
 ?? ?? Brenda Fassie.
Brenda Fassie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa