TV Plus (Afrikaans)

Oor ’n koppie tee

Jak de Priester kuier en klets weer saam met bekendes.

- Koppieteef­ontein

Seisoen 2 Vrydae kykNET (*144) 17:30

Die sanger en aanbieder Jak de Priester is terug met ’n tweede seisoen van die gespreksre­eks Koppieteef­ontein en die lys van bekende persoonlik­hede saam met wie Jak tee drink. “Die ratte loop net gladder met die nuwe seisoen,” sê Jak. “Die konsep van die program bly dieselfde, maar aan die einde van die program gee ek vir elke gas ’n Koppieteef­ontein-teepot asook ’n artikel wat ek self gemaak het,” vertel hy.

OU HERINNERIN­GE

Jak vertel die gastelys vir die tweede seisoen is spesiaal so saamgestel dat daar goeie afwisselin­g is. “Ek gesels nie net met sangers nie, maar ook met aanbieders, akteurs en mense wat op ander terreine hul merk gemaak het.” Die ekonoom Dawie Roodt, Renaldo Schwarp (aanbieder van Kassie Kuiers op kykNET se digitale platforms), en die nuusleser Daniëlla van Heerden (eNuus) drink onder andere dié ronde ’n koppie tee saam met Jak.

Jak het ook sy slag as ’n onderhoudv­oerder gewys en ses seisoene van die kykNET-reeks Reis Na Gister aangebied. . In dié reeks het hy saam met tientalle bekendes na a hul grootwordp­lekke gereis en die gaste het hul herinnerin­ge uit hul verlede met hom gedeel. “Ons het in elke episode eers van plek tot plek gery en aan die einde van die program het die gaste gewoonlik met ’n terugblik op hul lewe spesiale en emosionele oomblikke gedeel,” sê hy. “Met Koppieteef­ontein kry die gaste nou meer geleenthei­d om dieper te gesels.” Hy het vooraf foto’s van elke gas opgediep wat baie herinnerin­ge tydens

hul kuiertjie oproep.

VELE TALENTE

Dit is 20 jaar sedert Jak sy sangtreffe­r Sally Williams Nougat uitgereik en die liedjie die ATKV-Crescendo-kompetisie gewen het. “Ek vier vanjaar my twee dekades in die musiekbedr­yf met my vertoning Twintig Jaar Ná Sally wat ek by verskeie kunstefees­te opvoer,” vertel hy. “Die vermaaklik­heidsbedry­f het vanjaar ná die Covid 19-pandemie weer behoorlik hoo vlamgevat.”

“Ek het kort ná die d uitbreek van die pandemie ’n blog getiteld Koppieteef­ontein begin waarin w ek oor wat mense me e alles tydens die inperking inp p doen en wat hulle h inspireer, gesels het. Toe het die idee van ’n reeks waarin mense hul dieper gevoelens ontbloot by my opgekom.” Hy het ook tydens die grendeltyd de abstrakte prentjies j met akrielverf begin skilder. “Ek het afdrukke van my kunswerke op slope en e teepotte gemaak en so die idee van ’n Koppieteef­ontein-reeks Kop gekry.” Dié produkte is nou ook aanlyn te koop.

 ?? ?? Jak de Priester drink weer tee saam met verskeie bekendes in die tweede seisoen van Koppieteef­ontein.
Jak de Priester drink weer tee saam met verskeie bekendes in die tweede seisoen van Koppieteef­ontein.
 ?? ?? Van bo: Daniëlla van Heerden, Renaldo Schwarp en Dawie Roodt.
Van bo: Daniëlla van Heerden, Renaldo Schwarp en Dawie Roodt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa