TV Plus (Afrikaans)

Kyk wie kook saam

Alfred Adriaan pronk as die nuwe gesig op die ou gunsteling­program Roer!

- Roer! Seisoen 14 Saterdae kykNET & kie (*145) 18:30

“Kyk, hulle het my gebel en gesê hulle dink ek sal die perfekte aanbieder vir die reeks wees,” sê die komediant en TV-aanbieder Alfred Adriaan oor sy betrokkenh­eid by die herlewing van die kos-en-kletsprogr­am Roer!, wat vroeër jare deur die skoonheids­koningin-aanbieder Tammy-Anne Fortuin aangebied is. “Ek was

intrigued, maar het gesê ek wil nie enige teks of draaiboek hê nie, ek wil net myself voor die kameras wees en met die gaste gesels. En kan jy dit glo, hulle het ingestem,” voeg Alfred laggend by. En met “hulle” verwys hy na die kykNET-grootkoppe.

Nou is Alfred kokend op die kassie, maar dis nie eintlik voor die stoof waar die meeste dinge gebeur nie – hulle maak ’n heerlike eenpotgere­g met gelag, dieper gesprekke en meer wat jou sal roer.

DIESELFDE, MAAR ANDERS

Roer! is dieselfde, maar ook anders as toe ons dit in 2013 laas gesien het, sê Alfred. “In Tammy-Anne se seisoene het sy na die gaste se huise gegaan en daar gaan gesels en gebak en brou, maar in my seisoen kom die gaste na ons toe. Ons het ’n splinternu­we en fancy stel gebou en daar kuier ons voor die kameras.”

Vir Alfred is dit belangrik om die gaste gemaklik te laat voel en hy begin reeds met hulle gesels voor die eerste skote geskiet word. “Ek loer by hulle in wanneer hulle in die grimeersto­el is, en as ek hulle nie reeds ken nie, knoop ek ’n vriendskap aan. Teen die tyd wat ons die episode wel begin skiet, is die gas so op sy gemak ons vergeet skoon ons word verfilm,” sê Alfred.

SNAAKS ÉN ERNSTIG

Met elke episode doen die produksies­pan goeie navorsing oor die gas om Alfred te help met agtergrond­inligting. “Hulle e-pos die info vir my,” sê Alfred. “Maar ek doen ook my eie navorsing en werk my vrae uit. Al kan ons lekker lag en grappies maak, kan ons ook ernstig raak.”

Een van die ernstige oomblikke is in episode 3 (beskikbaar op DStv Catch Up) met die sepie-aktrise Jawaahier Petersen (Kaashifa in Suidooster, lees meer op ble. 24 en 25). “Ons was besig om haar boeber (Kaap-Maleier-gereg) te maak (die gaste besluit watter kos in hul episode gemaak word) toe ek haar uitvra oor haar pa, die oorle’ sanger en akteur

Taliep Petersen (oorlede in 2006). En sy het oop en eerlik daaroor gepraat: Hoe sy vandag nog haar pa mis en hoe sy gesukkel het om sy moord te verwerk.” In episode 6 (5 November) gaan Alfred saam met nóg ’n Suidooster-legende, akteur Cedwyn Joel (AB Samsodien) kuier. “Oom Cedwyn gaan vir ons op sy kitaar tokkel en hartstorie­s deel wat my ook ’n traan laat wegpink het,” sê Alfred.

 ?? ?? Natalie (links), Alfred (regs) se geliefde vrou.
Natalie (links), Alfred (regs) se geliefde vrou.
 ?? ?? Oom Cedwyn (links) raak Alfred (regs) se hart in sy episode.
Oom Cedwyn (links) raak Alfred (regs) se hart in sy episode.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa