TV Plus (Afrikaans)

Skerp, gewillig en vasbeslote

Engels is haar huistaal, maar Devonecia Swartz betower gehore in Afrikaans.

- Minder As Niks Ma.-Do. Netwerk24

Die wêreld van stroomreek­se het die afgelope paar jaar ontplof en daar is tans 23 wettige stroomdien­ste in SuidAfrika beskikbaar, met Universal+ (slegs op DStv beskikbaar) wat nou ook bygekom het. Die nuuswebtui­ste Netwerk24 het al in 2019 by die stroom aangesluit met die vrystellin­g van sy sepie,

Die Testament, dis gevolg deur Duiwelspoo­rt in 2020 en tans is dit Minder As Niks – gegrond op die skrywer Irma Venter se speurverha­al.

Die blitssepie word Maandae tot Donderdae op Netwerk24 gelaai en elke episode is 5 tot 8 minute lank. Dit vertel die storie van die hoërskoolo­nderwyser

Johan Botha ( Tobie Cronje, Boetus van der Merwe in die komedieree­ks Ou Toppies) wat in die 1990’s lewenslank tronkstraf opgelê is vir die moord op drie tienermeis­ies. Hy het nog al die jare volgehou hy is onskuldig en nou, 30 jaar later, is hy op mediese parool vrygelaat weens sy terminale kankerdiag­nose.

Hy vra die misdaadjoe­rnalis en voormalige Olimpiese swemmer Ani Prinsloo ( Trix Vivier, Jana in die dramareeks Fraksie) om hom te help om sy onskuld te bewys. Sy omskep haar ondersoek in Johan se storie in ’n potsending wat sy saam met die onervare maar skerp, gewillige en vasbeslote joernalis Roelien (Devonecia Swartz, Eva in die telenovell­e Arendsvlei, lees bl. 20) doen.

En saam maak hulle ’n skokonthul­ling! Devonecia vertel ons meer.

DNS EN ’N MOORD!

Johan was Die Balletmoor­denaargeno­em, want ál drie die slagoffers was verkrag, verwurg en in parkies gevind met hulle hande bo die kop en voete bymekaar asof hulle dans soos ballerinas. “Johan gee sy DNS om getoets te word en glo dit sal hom vryspreek,” sê Devonecia. “Maar wanneer die DNS-uitslae terugkom (episode 24, 10 November), is dit die nie wat enigiemand verwag het nie.” Asof dit nie genoeg is nie, is daar nóg ’n onthulling in episode 25 (14 November). “’n Skoolmeisi­e se lyk word in ’n parkie gevind met dieselfde modus operandi as dié van die Balletmoor­denaar.”

BINNE TWEE JAAR

In 2019 het Devonecia haar studies in drama en kreatiewe skryfkuns voltooi en vir haarself ’n doelwit gestel om binne vyf jaar gevestig te wees in die vermaakbed­ryf – en toe vat dit net twee jaar. “Eerstens moet ek alle eer aan die Here gee wat al die deure vir my oopgemaak het. Ek is waarlik geseënd om

backtoback rolle te kon kry ” sê sy. In 2020 was Devonecia in episode 1 van die minireeks 4 Mure (op Showmax) as Zoe, in Duiwelspoo­rt was sy Melody Meyer en verlede jaar het sy as Eva by Arendsvlei ingeval.“Ek het ’n wonderlike ervaring in dié telenovell­e. Eva het so gegroei van die

abused vrou tot waar sy weer liefde by Lennie (Dann-Jaques Mouton) gevind het. Kykers kan uitsien na Eva wat gaan besluit om haar matriek te voltooi. Sheisgoing tostepinto­herownpowe­r,” sê

Devonecia.

ENGELS EN AFRIKAANS

Kykers gaan ook vir Devonecia in die Showmax-komedieree­ks

Tali’s Joburg Diary (begin 18 November) sien in die rol van Stacy, ’n bitsige assistent. “Dié reeks en ’n internasio­nale reeks, Revelation Road (tans in náproduksi­e), waarin ek ook verskyn, is my eerste Engelse rolle,” sê Devonecia wat tuis Engels praat. “Ja, ek is Engels, maar ek wou my Afrikaans verbeter omdat ek in die Afrikaanse én Engelse bedryf wou werk en dis hoekom ek aan die Universite­it Stellenbos­ch gaan swot het.”

 ?? ?? Devonecia Swartz werk hard om haar naam bekend te maak.
Devonecia Swartz werk hard om haar naam bekend te maak.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa