TV Plus (Afrikaans)

’n Groot guns VERLEDE V KEER

Ayesha gaan teen haar ouers en haar geloof om Janice se surrogaat te word.

-

Dit is bitter moeilik om die verlies van ’n miskraam te verwerk. Janice (Crystal-Donna Roberts) en Lionel (Jody Abrahams) weet dit maar te goed nadat sy onlangs hul baba verloor het, en dis nog erger vir haar omdat sy jare gelede ’n aborsie gehad het nadat sy swanger was met Lionel se kind, maar hulle toe nie in ’n posisie was om vir die baba te sorg nie.

Maar Janice se halfsuster Ayesha (Megan Saayman) stem in om hul surrogaat te wees al is Ayesha se ouers Thabied (Yusuf Abrahams) en

Zuleika (Natalia da Rocha) is streng gekant daarteen omdat teen die Islam-geloof is. “Ayesha verstaan haar ouers se teenkantin­g, maar sy voel sy is oud genoeg om haar eie besluite te neem en wil baie graag dié guns vir haar suster doen,” sê Megan. Maar Thabied en Zuleika skop haar summier uit die huis.

STAAN STERK

“Lionel en Janice maak dadelik hul deure vir Ayesha oop en praat haar moed in,” sê Megan en voeg by Ayesha staan by haar besluit. “Sy het Janice se absolute hartseer gesien toe hulle uitvind van die miskraam (in

Oktober). Die dokter het gesê Janice kan nie weer sonder komplikasi­es swanger word nie, en Ayesha wil graag vir Lionel en Janice help deur vir hulle dié groot guns te doen.”

OPWINDING EN VERWARRING

Die voorbereid­ing vir die surrogaats­kap begin. “Hulle doen navorsing en begin met die doktersafs­prake en maak seker hulle staan by Ayesha.”

Thys (Sherman Pharo), Janice se eksman, en sy meisie, Bianca (Riana Alfred), het tot ’n plan om te help om geld in te samel. “Thys en Bianca wil ’n crowdfundi­ng op ’n webtuiste aan die gang kry,” sê Crystal-Donna. “Bianca was onseker of Janice sou instem om hul storie met die wêreld en op die webtuiste te deel, maar Janice stem in en die opwinding begin vlam vat.”

Maar kort daarna hoor Caleb (Chad Baai), Hoërskool Arendsvlei se sekretaris, ’n gesprek tussen Lionel en Ayesha – wat albei onderwyser­s by die skool is – wat hom die verkeerde afleiding laat maak dat hulle ’n affair het. En dit lei dan tot skindersto­ries wat moontlik die hele proses kan versuur – en enige hoop op versoening met Ayesha se ouers, kan uitskakel.

Rikus Ri het sy wraakplan op Lennie uitgevoer, Janice Ja het ’n miskraam gehad, en Lee-Roy en Wesley het na Amsterdam vertrek om Ronel te gaan soek.

IN DIÉ UITGAWE

Thabied en Zuleika is onder die indruk die surrogaats­kap-praatjies is oor en verby, Sandy besoek Lennie, en Yvette sê vir Hein sy het ’n besluit oor die bakkery geneem. Hein en Yvette vind ’n manier om finaal van Natalie ontslae te raak, Janice en Ayesha probeer hul ouers oortuig om haar besluit te aanvaar, en Ezra erken aan Caleb hoe sy oor hom voel. Ayesha is diep bedroef ná die trek, Caleb en Ezra kry groot nuus, en Yvette en Hein bereik ’n ooreenkoms. Zuleika konfrontee­r Janice oor Ayesha,

Ezra vra Beatrice om vir Caleb te help met ’n probleem, en Lionel, Janice en Ayesha begin vir die surrogaats­kap voorberei.

Die skool kort ’n nuwe gryswaters­telsel, Beatrice voel of sy in ’n groef is, en Caleb is vry om na New York te gaan. Hein is baie senuweeagt­ig oor sy aanbieding, Thys en Bianca het ’n plan om Janice, Lionel en Ayesha se surrogaats­kap-planne te finansier, en Beatrice kry ’n uitnodigin­g van ’n ou universite­itsvriend. Hein rol sy moue op, Zuleika is vasgevang tussen haar dogters en haar man, en Caleb hoor per ongeluk iets wat hy verkeerd interprete­er. Beatrice mag verlof neem, en ’n ou kennis wat uit die bloute opdaag, keer Hein se wêreld op sy kop.

 ?? ?? Ayesha (hooffoto) wil graag Janice (inlas) se surrogaat word.
Ayesha (hooffoto) wil graag Janice (inlas) se surrogaat word.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa