TV Plus (Afrikaans)

Oor en verby

Daar is geen versoening­spad vir Conrad en Tracy nie.

-

Ons het so gehoop om weer binnekort ’n troue in Binnelande­rs te sien, en meer spesifiek vir Tracy (Melinda Viljoen), ’n groot gunsteling onder kykers, en Conrad (Hykie Berg). Maar die trouklokke gaan beslis nie vir dié paartjie lui nie. Veral nie wanneer Conrad instap presies wanneer Tracy se lyfwag Lukas (André Lötter) Tracy soen nie.

“Dit is ’n koebaai-soen,” sê Melinda. “Sy het besluit om die affair tussen haar en Lukas stop te sit, maar nou het dit alles in haar gesig ontplof. Sy is nou sonder Lukas én sonder Conrad.”

ALLEEN EN VERSTOTE

Ná die drama met Conrad wat

Tracy en Lukas betrap het, vat Lukas die hasepad en Tracy trek uit die Koster-woning en bly tydelik in haar koffiewink­el Tonik, in die Binneland-kliniek, en slaap in haar kantoor. “Naomi (Je-ani Swiegelaar) kom loer in om by Tracy te hoor of sy oukei is, maar Tracy voel alleen en verstote,” sê Melinda. Skindersto­ries versprei ook soos ’n veldbrand in die hospitaalg­ange en Naomi moet net vure doodslaan en haar medeverple­egsters berispe.

Intussen kry verpleegst­ers Karen (Luandri Reynders) en Gaby (Maude Sandham) Tracy baie jammer en bied aan dat Tracy vir ’n ruk by hulle bly. “Tracy sit aanvanklik ’n front voor dat alles fine is en dat hulle dierbaar is om aan te bied, maar sy sal regkom,” sê Melinda. Maar nie lank daarna nie trek sy tog by hulle in. En Conrad sit alleen in die Koster-huis en lek sy wonde.

CONRAD IS HARDKOPPIG

Naomi probeer by Conrad hoor wat Tracy se kant van die storie is en of hulle kan versoen, maar Conrad wil nie daaroor praat nie. Karen moedig Tracy aan om met Conrad te praat, of om selfs dan minstens haar goed by sy huis te gaan haal. “Tracy dink nie dis ’n goeie idee nie, maar gaan wel na die huis om haar goed te kry wanneer sy dink Conrad gaan nie daar wees nie. Maar in wie loop sy dan vas? Natuurlik Conrad. Hy is baie koud en wil nie eers vir Tracy ’n kans gee om te verduideli­k nie,” sê Melinda.

En asof sy nie genoeg gehuil het nie, soek sy na Tonik se koopkontra­k in die kluis en kom op ’n ringboksie af, wat beteken Conrad wou haar vra om te trou! “In daardie oomblik besef sy die ding wat sy die graagste wou hê – om Conrad se vrou te word – het sy weggegooi weens haar

insecuriti­es. As sy net vasgebyt het, hom vertrou en nie haar eie afleidings gemaak het nie, sou sy nou ’n ring aan haar vinger gehad het,” sê Melinda.

’N PLEK OM TE ROU

Intussen besef Tracy daar is ’n krisis met Tonik. “Die huurtydper­k van die koffiewink­el is verstreke en sy moet die nuwe kontrak met Conrad bespreek en sy weet nie hoe sy dit gaan doen nie,” sê Melinda.

Tracy kan nie glo sy het alles verloor nie en verval in ’n depressie wat Karen en Gaby in die woonstel moedeloos maak. En omdat die verpleegst­ers nie meer die hartseer atmosfeer kan verdra nie, gee hulle vir Tracy

Tertius (Reynhardt Hugo) – Gaby se halfbroer – se huissleute­ls om daar te bly terwyl hy in Australië is. “Tracy verstaan Karen en Gaby se gevoelens en dink ook dis beter as sy uittrek.”

DINGE RAAK BETER

Tracy raak net gemaklik in Tertius se woonstel wanneer hy uit die bloute daar opdaag. “Tertius is verbaas om haar te sien, maar nadat Tracy alles mooi verduideli­k, het Tertius simpatie en stem in dat sy nog daar kan bly, wat vir Tracy die wêreld beteken. Dinge raak beter wanneer Conrad die Tonik-huurkontra­k verleng, en wanneer Tracy haarself weer een aand sit en bejammer terwyl Tertius daar is, sit hy sy voet neer en sê sy moet nou begin vorentoe kyk. “Stadig maar seker gaan Tracy weer oukei wees,” sê Melinda. “En sy gaan haarself vergewe en besef sy het nie ’n verhouding nodig om gelukkig te wees nie.”

 ?? ?? Conrad (regs) wil nie eers na Tracy (links) kyk wanneer probeer om met hom te praat nie.
Conrad (regs) wil nie eers na Tracy (links) kyk wanneer probeer om met hom te praat nie.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa