TV Plus (Afrikaans)

Drie vermoor!

Daar is ’n reeksmoord­enaar in Ruiterbosc­h en Siya is die hoofverdag­te.

-

Die onheil hang soos ’n donker wolk oor Ruiterbosc­h ná die onlangse moord van die jeugpastoo­r

Anja (Monique Basson). Pastoor Gustav (Andre Jacobs), Anja se pa, is ontroosbaa­r – en hy blameer die mede-pastoor Siya (Gantane Kusch) vir haar dood. Siya was immers die laaste persoon wat Anja lewend gesien het. Siya voel reeds sleg dat hy Anja daardie aand alleen gelos het by die kerk omdat hy op pad was om saam met sy meisie Danni (Vasthi Prins) te gaan kuier, en Gustav se houding veroorsaak dat Siya homself nog meer kwalik neem. Gustav weier selfs dat Siya na Anja se roudiens gaan en die diens lei. Dit maak Siya bitter seer, maar dis niks in vergelykin­g met wat voorlê nie . . .

TRAP UIT DIE KERK

Wanneer Danni se vriend en die nuwe eienaar van die sapstallet­jie Junaid (Hein Poole), na haar uitreik en sy ondersteun­ing bied waardeer sy dit, maar raai Junaid aan om eerder op sy nuwe liefdesbel­angstellin­g Shahiema (Anthina Jansen), te fokus. Danni oortuig Siya om tog na Anja se roudiens te gaan, al is hy net daar om die ander gemeentele­de te ondersteun. Maar wanneer Siya daar opdaag maak Gustav ’n boehaai en smyt hom uit die kerk!

“Siya is woedend,” sê Gantane. “Hy verskreeu Danni en sê hy moes nooit na haar geluister het nie.” En asof almal nie klaar paniekbeva­nge is oor wat die moorde nie – onthou die maatskapli­kewerker Ruth (nie op skerm nie) is ook einde Oktober vermoor – onderbreek ’n gemaskerde man Danni se bestie Zoe (Lauren Joseph) se laatmiddag draf in die park . . . Zoe kry dit reg om die gemaskerde man te ontduik, maar nou almal is nou nog meer bekommerd.

SIYA IS IN SKOK

Danni praat ernstig met Siya oor sy agressie en stel voor hy gaan na ’n AA-byeenkoms vir ondersteun­ing siende dat hy ook ’n herstellen­de alkoholis is. “Siya stem in want hy besef hy kort hulp,” sê Gantane. “Die waarheid is Siya is self in skok. Hy verwyt homself dat hy Anja daardie aand alleen gelos het en só die moordenaar ’n kans gegee het om die gruweldaad te pleeg.” Later raas ’n jaloerse Shahiema met Junaid.

Shahiema het gesien hoe Junaid om Danni dartel, en Shahiema hou net niks daarvan nie. Sy vra Junaid reguit of hy iets vir Danni voel, maar Junaid lieg deur sy tande wanneer hy haar antwoord. “Hy ontken dit sterk en sê Danni probeer hom manipuleer om ’n skouer vir haar te wees,” verklap Hein.

’N SWAAR LAS

Shahiema sê vir Siya sy meisie krap in haar slaai en ’n steeds brose Siya vlieg Shahiema in en verdedig Danni. Danni hoor van Siya se uitbarstin­g en probeer met hom daaroor praat, maar dit lei net tot nog ’n argument. Later erken Siya wel sy humeur is ’n probleem. “Die aantygings dat hy vir Anja se dood verantwoor­delik is, is ’n verskrikli­ke las om te dra.”

NOG ’N MOORD

Die volgende dag is daar skoknuus: Shahiema is ook vermoor – die derde slagoffer! “Junaid is stomgeslaa­n,” sê Hein.

Mymoena (Jill Levenberg) – wat die nuus aan Junaid moes oorda – se hart breek vir Junaid, maar terselfder­tyd wonder sy oor beide Anja en Shahiema se moorde en die feit dat beide vroue interaksie met Siya gehad het voor hul dood.

Die gemeenskap vergader en word gewaarsku ’n reeksmoord­enaar is in hul midde. Junaid braak gal oor hoe daar iets aan die situasie gedoen met word, en Mymoena se vermoedens oor Siya begin aan haar krap, so Mymoena gaan praat met die speurders oor Siya se konneksie met die twee vroue. Siya word ondervra en hy word gou die hoofverdag­te. “Siya word in ’n blik gedruk en hy weet nie wat om te doen nie, en dit vuur net sy woede aan. En voor hy homself kan keer konfrontee­r hy Mymoena voor almal in Oos-Wes-restaurant oor wat sy die polisie vertel het,” sê Gantane.

Kort daarna word Siya na die polisiesta­sie geneem vir verdere ondervragi­ng en dan word hy amptelik van die moorde aangekla. Met sy humeur buite beheer, is dit nie onmoontlik dat hy wel die skuldige is nie . . . • Lees in ons volgende uitgawe meer oor die skokkende storie!

 ?? ?? Danni (inlas) probeer Siya (hooffoto) in dié tyd ondersteun, maar sy aggressie veroorsaak probleme tussen hulle.
Danni (inlas) probeer Siya (hooffoto) in dié tyd ondersteun, maar sy aggressie veroorsaak probleme tussen hulle.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa