TV Plus (Afrikaans)

Wie is Deirdre Wolhuter? AANGESIG TOT AANGESIG

Sy vertolk dalk die genadelose Mariaan oortuigend, maar moenie jou laat flous nie . . . hulle is volslae teenoorges­teldes.

-

Jy ken Mariaan dalk as die hardvogtig­e en gemene vrou met wie niemand mors nie, maar Deirdre Wolhuter is glad nie soos haar karakter nie – wat die uitbeeldin­g van Mariaan selfs meer opwindend vir haar maak. En hoewel sy reeds sewe jaar lank die pad met Mariaan stap, is sy nooit verveeld nie.

’n Mens kan sê Mariaan hou almal – die aktrise wat haar vertolk ingesluit – op hul tone. “Mariaan is ’n ma en vrou wat uiters lojaal en beskermend teenoor haar gesin is, in so ’n mate dat sy geen perke ken wanneer dit kom by die redding of uitkyk vir haar geliefdes nie. Wanneer sy haar gesin moet beskerm, sal niks in haar pad staan nie – of dit nou wettig of onwettig is,” sê Deirdre.

OM MARIAAN TE SPEEL

Deirdre ken Mariaan deur en deur. Maar sy maak steeds noukeurig seker om haar huiswerk te doen wanneer sy die draaiboek lees.

“My voorbereid­ing vir verskeie storielyne behels die navorsing van spesifieke situasies. Ek beplan my optrede vir elke storielyn lank voor die tyd en ek raadpleeg die skrywers gereeld vir hul bydrae en perspektie­f,” sê sy.

En die voorbereid­ing is duidelik in die manier waarop Deirdre elke storielyn foutloos vertolk.

Die storielyn oor die karavaanpa­rk is ’n goeie vooreeld – dis beslis onvergeetl­ik!

Deirdre verduideli­k waarom sy dink dit was so gewild: “Omdat Mariaan so hooghartig, snobisties en gespanne is, dink ek dit was pret vir die kykers om te sien sy word van haar troontjie gestamp; om te sien hoe sy rondtrippe­l wanneer die mat onder haar uitgeruk word, en dit alles in ’n komediesto­rielyn.”

Sy en DeWet (Dirk Stoltz) was op vlug van die Hillside-owerhede en hulle het weggekruip in ’n woonwa in Pretoria-Noord en voorgegee hulle is Jack en Talitha Koekemoer – ’n agterlike paartjie wat ver verwyderd is van die hoogmoedig­e Mariaan en skerp sakeman DeWet. Niemand sou dus daar na hulle gesoek het nie.

Een van die storielyne wat die meeste vir haar uitstaan, is die een genaamd “7de Sel”. “Dit het afgespeel in die tronk met ’n paar van die vroulike karakters Bonita (Hildegardt Whites),

Amanda (Carina Nel, wat nou Alexa in die sepie speel), Vivian (Vinette Ebrahim) en Natalie (Danielle Deysel). Dit was ’n dapper, angswekken­de en uiters opwindende storielyn om te verfilm. Die kykers se reaksie was ook ongeloofli­k.”

Onthou, Mariaan was deel van die 7de Sel-storielyn in Junie 2018. Mariaan was in die tronk omdat sy byna die Laan-prokureur Lesedi (KB Motsilanya­ne) verblind het. Lesedi het seker gemaak Ma-riaan betaal vir haar misdade.

Om Mariaan te speel is nie sonder uitdagings nie. “Ek moet heel anders dink om voor te berei en die rol te speel, want die keuses wat sy maak en die manier waarop sy situasies benader is heeltemal die teenoorges­telde van wat ek sou doen,” sê sy. Sy voeg by die kykers maak alles die moeite werd.

Gepraat van kykers, een van Deirdre se gunsteling­goed om te doen is om op roadshows te gaan en die program se aanhangers te ontmoet. “Ons werk 12 uur per dag in die ateljee, en ons word op ’n manier van die buitewêrel­d geïsoleer.

Dis altyd so ’n plesier om ons aanhangers wat in groot getalle opdaag te ontmoet en interaksie met hulle te hê, om te ontdek hoeveel die program en sy karakters deel van hul lewe is. Dit gee ’n mens perspektie­f

op jou werk wanneer jy by die road

shows sien hoeveel die program vir sy ondersteun­ers beteken,” sê sy.

“Mense is baie gaaf teenoor my. Omdat ek heeltemal verskil van Mariaan, en my voorkoms in die regte lewe is ook die teenoorges­telde van hare, sien mense dadelik hulle het met die aktrise te doen en nie die karakter nie. Mense besef ek byt nie en ek is altyd gretig om ’n geselsie aan te knoop,” voeg sy by.

WAT IS VOLGENDE?

Of jy van haar hou of haar nou haat Mariaan is altyd ’n gesprekspu­nt.

“Hulle weet sy is slegter as sleg en sy sal altyd iets onverwags doen om ’n bietjie moeilikhei­d te veroorsaak. Maar hulle weet ook sy sal deur die vuur loop indien enigiets haar geliefdes bedreig, en die kykers is gereed vir die aksie. Hulle geniet dit ook wanneer haar spykerhak elke nou en dan breek en sy dan gesig eerste in die stof val.”

Wat kan ons van Mariaan verwag? “Ek weet eerlikwaar nie wat die skrywers volgende in die mou voer nie,” sê Deirdre. Maar ons weet met Mariaan gaan dit nooit vervelig wees nie!

VERLEDE KEER

Lesedi was verafsku nadat sy ’n kondoompak­kie in die hysbak van die Heights gekry het en het ’n vergaderin­g belê om met die inwoners te praat, en Alexa het na die kinders verlang toe Amorey haar ’n foto gestuur het van Chris saam met klein Nelo.

IN DIÉ UITGAWE

Vanessa en Tjattas is verras wanneer Denzil tot hul redding kom, Shady en Uys stem saam hulle is niks meer as vriende nie, en Werner praat openhartig met Tanya oor sy trauma. Denzil herleef geestelik die dag toe sy dogter Zoey gesterf het, en Lesedi kan nie Amorey se kommer verminder nie. Bonita is verras om te hoor wat het alles gebeur sedert sy weg was, Zee se afspraak neem ’n onverwagte wending, en die afgelope paar weke het hul tol van Vanessa geëis en sy is gereed om die handdoek in te gooi. Werner is vasbeslote om antwoorde te kry, Alexa het ’n vreemde ontmoeting met DeWet, en Marvin dink hulle het ’n deurbraak gemaak in ’n belangrike saak. Shady is dankbaar vir haar vriende se ondersteun­ing, en Aggie het ’n emosionele ontmoeting met haar vriende. Werner dink Marvin moet doen wat goed is vir sy welstand, en Khethiwe sien uit daarna om ’n groot uitverkopi­ng saam met Ivy te hou. Aggie en Vanessa kyk ’n skokkende nuusbullet­in oor ’n mede-Hillsider, Bonita is diep geraak deur ’n bedagsame geskenk van DeWet, en Amorey vind troos by die plakkerska­mp saam met Tjattas.

VERLEDE KEER

Die drama tussen Çagatay en Yildiz het oorweldige­nd geword en hulle het besluit om ’n breek te vat, Ender het Sitki ondersoek, en Sahika het die wig verder tussen Yildiz en Çagatay ingedryf.

IN DIÉ UITGAWE

Ender en Sahika neem stappe teen Zehra en Hasan Ali, maar nie een van hulle steur hulle daaraan nie, later veroorsaak Ender en Sahika ’n skandaal by Hasan

Ali se geleenthei­d en dit plaas Yildiz in ’n ongemaklik­e posisie, en Çagatay ignoreer sy vrou. Yildiz hou ’n dinkskrum met die hoop om hul gespanne verhouding te herstel, Ender en Sahika se plan werk uit, Hasan Ali handel ’n sakie af en Yildiz is nie die enigste eggenoot met verrassing­s nie. Sahika en Ender word weer deur Hasan Ali uitoorlê, en om sake te vererger kry hulle ’n ongewenste gas. Yildiz gee Feride ’n vredesoffe­r wat lelik skeef loop, en intussen fokus Ender en Sahika daarop om met Hasan Ali af te reken. ’n Besoeker verras Yildiz en veroorsaak chaos in haar huis, Mert maak ’n skuif, en Nurgul skep probleme vir Yildiz, wat probeer jok om haarself te red. Yildiz en Çagatay kom ooreen om van voor af te begin, maar Cansu meng steeds in in hul huwelik. Sahika en Ender vorder met hul wraakplan teen Hasan Ali, dinge raak ongemaklik vir Cansu, Çagatay en Yildiz by Mert se ete, en Sahika gaan na Hasan Ali om hul vredesoore­enkoms te verseël, maar gaan dit haar ondergang beteken? Feride kry ’n leidraad terwyl sy Hasan Ali se eskortskan­daal hanteer.

VERLEDE KEER

Die Koçovali-broers het saamgespan om die talle sake waarin jong seuns uit die buurt verdwyn te beëindig, Cumali was agterdogti­g oor Vartolu, en Medet was nie bly oor die nuwe vriendskap tussen sy baas en Celasun nie.

IN DIÉ UITGAWE

Cumali probeer om te voorkom dat Die Put in twee groepe opbreek, Ceto en Mahsun stuur ’n interessan­te boodskap aan hul vyand, en Ceto sluip by Die Put in, kort op Ivan se hakke. Die Koçovali-familie is angstig om te wil weet of Yamaç gaan oorleef, al dan nie, maar almal moet wag en sien. Vartolu soek wraak, Selim konfrontee­r Sena oor die man met wie sy gesels het, en terwyl die spanning in Die Put verhoog, gaan Yamaç op ’n reis en moet ’n moeilike keuse maak. Cumali en Vartolu probeer die spanning in Die Put verlig, ’n besoeker verras Idris en Yamaç begin sy bewussyn herwin. Dit lyk asof Ceto en Mahsun ’n plan in werking stel, die spanning tussen Cumali en Vartolu wek kommer by Idris, en Sultan laat die familie hy terk terug huis toe en die buurt is verheug om dit te hoor. Meke kry ’n aangename verrassing.

VERLEDE KEER

Eda het ’n oormaakses­sie gekry, Eda en

Selin het saam trourokke aangepas, en Serkan en Eda het die laaste dag van hul vals verlowings­kontrak saam deurgebrin­g.

IN DIÉ UITGAWE

Eda verras almal wanneer sy terugkeer huis toe, en Alptekin is so verward oor wat om te doen wanneer hy ’n skokkende feit ontdek, sy gesondheid begin onder die stres ly. Serkan en Eda het nog nie die laaste van mekaar gesien nie, maar hul verhouding is op ’n vreemde, nuwe voet.

Ferit twyfel oor sy toekoms, en sy verlowing, en ’n groot skandaal ontplof in Selin se gesig voor sy haar verhouding kan red. Die spanning tussen Ferit en Selin raak selfs meer ongemaklik wanneer Ferit ’n nuwe belanghebb­er by die kantoor inbring, en hoewel die nuwe argitek Efe Akman almal bekoor, lyk Serkan agterdogti­g. Aydan en Ayfer stel reëls voor wanneer Serkan en Eda hul ouers vertel van hul ware liefde dié keer, maar hul nuwe verhouding word gou beproef wanneer Serkan ’n waarheid ontdek wat die vertroue tussen hom en Eda kan vernietig.

Dit lyk asof die Bolat-kantoor verdeel is oor of Efe se teenwoordi­gheid iets is om oor bly te wees, en wanneer hy ’n groot laatontbyt hou, is dit ’n geleenthei­d vir pret en geheime om uit te kom. Alptekin en Aydan vind gemeenskap­like terrein, Efe daag Serkan se visie vir ’n groot projek uit, en Eda se wêreld word verpletter wanneer sy uitvind wat werklik met haar Italiaanse studiebeur­s gebeur het. Alptekin ly onder die stres van sy seun, Serkan, wat sy rug op hom gedraai het.

VERLEDE KEER

Mbali se droom het waar geword toe sy uiteindeli­k ’n oplossing gevind het vir haar chaos, niemand het geweet die vermiste medikasie was ’n aanduiding van ’n donker wolk wat binnekort bokant Durban General sou hang nie, en Thabo het besluit dis tyd om stoom af te blaas nadat Thandekile hom vertel het hy moet sy eie vriende kry.

IN DIÉ UITGAWE

Sne is bekommerd of sy haar NGO en verpleging terselfder­tyd kan hanteer, Bhengu slaan nie ag op Calvin wanneer Calvin hom aansê om stadig te werk met die alkohol nie, MaMkhize voel Sne spog deesdae ’n bietjie te veel, en dis ongelukkig die einde vir Sne. ’n Persoonlik­e geheim word in die sosiale media bespreek, en Phumeza moet haar bestie Sne daarop wys dat sy haar werk afskeep. Sne sien haar verantwoor­delikhede oor die hoof ter wille van MaMkhize, Zandile aanvaar Jack se raad en maak dinge amptelik met Skhumbuzo, dr. Bae, alias dr. Limp, is weer groot nuus op die sosiale media om al die verkeerde redes, en Mbali is vagevang tussen haar beroep as dokter en haar tradisione­le werk as ’n sangoma wanneer die kinders van ’n afgestorwe pasiënt nie met Thabo ooreen kan stem oor ’n tradionele saak nie. Mev. Lekabe stel eise ter ere van haar ma, en Thandekile vertel Thembi van haar en Thabo se donker geheim.

VERLEDE KEER

Murat het ontwaak en ’n moeilike situasie aangetref, Arzu het ’n interessan­te besoeker gekry, en Selim was nie suksesvol met sy werkonderh­oude nie. Ayla was desperaat om met Murat te trou, en Yusuf het die Emirogluvr­oue gehelp.

IN DIÉ UITGAWE

Murat wil hê Ayla moet hom uitlos, Ümit versoek Arzu om op hom en hul huwelik te fokus, en Elif ontwikkel ’n hoë koors. Murat is nie tevrede met sy ooreenkoms met Erkut nie, en Bahriye vertel Melek onverwags hulle moet uittrek. Yusuf besluit om Bahriye die leviete voor te lees, terwyl Gonca flitse van haar ou lewe onthou. Murat het trousenuwe­es, maar Ayla is oorstelp. Elif is baie siek en Melek weet nie wat om te doen nie, Yusuf besluit om ’n huis te koop, en Bahriye is besig met ’n slinkse plan om Melek te ontstel. Die bordjies word verhang vir Arzu, die Emiroglu’s kry ’n nuwe huis, en die inwoners van die buurt is bekommerd oor Yusuf se terugkeer. Ayla geniet haar getroude lewe, Leyla ontdek ’n waarheid uit haar verlede, en Arzu wil ’n nuwe winkel koop. Yusuf is emosioneel om in sy ou huis te wees, en Bahriye wil weer die bestuurder by die fabriek wees.

 ?? ?? DeWet (Dirk Stoltz, regs) en Mariaan (links) vermom as Jack en Talitha. Mariaan soos 7de Laan-aanhangers haar leer ken het.
DeWet (Dirk Stoltz, regs) en Mariaan (links) vermom as Jack en Talitha. Mariaan soos 7de Laan-aanhangers haar leer ken het.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Mariaan (voor) is tuis nadat sy en DeWet in ’n ongeluk was.
Mariaan (voor) is tuis nadat sy en DeWet in ’n ongeluk was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa