‘Vreemde’ vriende
Rits rond in ’n karavaan saam met drie vriende wat niks gemeen het nie, behalwe die vooruitsig van die dood . . .
Karavaan
Seisoen 1 Dinsdae SABC2 (*192) 19:30
Wie sal jy aan jou sy wil hê tydens jou laaste tyd op aarde? Die vrygeestige Renske (Elsabé Daneel) prop haar beste vriend
Hennie (Kurt Egelhof), en nuwe vriende Gert (Albert Maritz), ’n oorlogsveteraan wat ’n beroerte gehad het, afgetrede en morele veearts Marshall (Ivan Abrahams), en die niksnuts Pretty Boy (Denver Vraagom) – die selfbekroonde karaoke-koning van die Weskus – in ’n lendelam woonwa vir haar laaste reis.
MARSHALL SE STORIE
Marshall is ’n wewenaar wat vervreem is van die res van sy familie. Hy wag net om dood te gaan. “Marshall het op sy verjaardag werk toe gegaan en gehoor hy moet nou aftree. Maar ek het sy karakter se lewe geniet daarna, want ek as Ivan is eintlik moeg gewerk, maar nouja, akteurs tree nie af nie, hulle gaan maar net dood,” skerts hy oor die rolle wat hy steeds aanvaar. “Renske het die groep fossiele opgeraap en gesê hulle kan saam ‘wegloop’ en nog die lewe geniet. Sy wou dié mense nog iets spesiaals laat ervaar, en ek en Elsabé het pragtige, emosionele tonele saam gehad.”
Al dink Marshall nie meer veel aan sy familie nie, voel Ivan anders. “My eie familie is vyf honde en twee katte. Ons was omtrent ’n maand van die huis af weg terwyl ons Karavaan verfilm het, en ek kon nie wag om terug te gaan na hulle toe nie. Was hul opgewonde om te sien? Ek het n genoeg arms ge om almal vas te Maar hulle verst diere verstaan Ivan.
Ivan moes tot lyf natmaak in die yskoue see in die middel van die winter. “Eers was ek in ’n duikpak en ek is die see in saam met ’n paar lewensredders, want ek kan nie swem om my lewe te red nie. Maar toe ek uitkom, sê die regisseur vir my dit lyk nie goed met die duikpak aan nie en vra of ons dit so halfpad kan
Toe doen ek en ek’s terug see, want ’n trooper. En uitkom, moes hoor: ‘Uhm, jy die duikpak net met die Marshall red in die toneel, so Albert het bly sê ek moet tog net in die water gaan en klaarkry.” Bibberend maar roerend, belowe Ivan.
GERT SE STORIE
Gert kon nie letterlik spring om Renske se aanbod van die woonwareis te aanvaar nie, want hy is vasgevang in sy eie lyf ná ’n
beroerte. Maar innerlik is Gert in die wolke. “Toe was enigiets beter as die inrigting waarin hy was. Gert was verras maar gelukkig. Maar ook tog beduiweld,” sê Albert. “Dis interessant hoe hy reageer en optree teenoor die nuwe mense. Miskien, omdat hy meer tyd het om net te kyk en nie so baie kan doen nie, word hy ’n soort buffer vir Renske, veral wanneer hy bewus word van haar kankerdiagnose.”
Albert moes Gert se beperkinge in gedagte hou tydens sy toneelspel. “Ek het die toestand (beroerte) nagevors en met een van my doktersvriende gepraat oor hoe dit
Gert sou raak. Wanneer jy die toestand verstaan soos dit verduidelik word, dan moet jy dié boodskap na jou hele lyf toe stuur. Jy kan nie stadig beweeg, maar jou kop vinnig draai om na iemand te kyk wat langs jou kom sit nie. Al jou bewegings moet dieselfde wees. Maar jy kan ook nie die storie vertraag met jou stadige reaksies nie,” voeg hy by. “Gelukkig het ek nie groot gebare nodig gehad om myself duidelik uit te druk nie, ek kon dit deur klein, subtiele dingetjies doen, maar jy kan sien wat in sy kop aangaan.
“Maar hy is nie altyd in die rolstoel nie,” verklap Albert. “Hy word beter. Sy verhouding met veral Pretty Boy word komieklik en kosbaar. Gert is self verras hoe sy verhoudings met die mense groei en hoe belangrik selfs die verhoudings wat aanvaklik stram is, verhoudings word wat hy koester.”