TV Plus (Afrikaans)

Aanhouer wen

Daneel van der Walt skitter in stewige rolle van sterk vroue.

-

Fraksie

Seisoen 1 kykNET Dinsdae kykNET (*144) 20:00

Sukses kom nie altyd oornag nie en soms verg dit jare se deursettin­gsvermoë om drome te verwesenli­k. Vra maar vir die aktrise Daneel van der Walt, wat ons tans in die rol van die narkotiseu­r Bianca in die dramareeks Fraksie sien. “Ek sê altyd ek het ’n swart gordel in verwerping,” skerts die 42-jarige Daneel. Toe sy verlede jaar die rol van die polisievro­u Suzette in die dramareeks Nêrens, NoordKaap gekry het, het die winde van veranderin­ge egter begin waai en die deure in die bedryf het die een ná die ander vir haar oopgeswaai.

GROOT DROME

Daneel, wat in Sasolburg in die Vrystaat grootgewor­d het, se belangstel­ling in die kunste het kleintyd al vlamgevat. Sy het in die laerskool met dramaklass­e begin en aan eistedfodd­s deelgeneem.

“Ek is ook baie lief vir sing en het in die Vrystaatse Jeugkoor gesing,” vertel sy. Maar toe tref ’n groot tragedie die gesin: Sy was 13 jaar oud toe haar ma, Anita, ’n onderwyser­es, in ’n motorongel­uk gesterf het. “My ma was die een wat my aangemoedi­g het om toneel te speel en my elke Woensdagmi­ddag vir dramaklass­e Vanderbijl­park toe geneem het. Haar dood het my heeltemal ontspoor.”

Maar Daneel, die jongste van drie kinders, het vasgeklou aan haar droom om eendag ’n aktrise te word. Sy het in haar gr. 11-jaar na Pretoria verhuis en ’n leerder by die kunsskool Pro Arte geword. Ná matriek het sy eers vir ’n ruk lank as kelnerin gewerk voor sy in 2001 na die Universite­it van Kaapstad is om ’n graad in drama te studeer.

ONTNUGTERI­NG

Nadat Daneel haar dramastudi­e in 2004 voltooi het, het sy as vryskutakt­rise begin werk. Maar sy het gou besef rolle val nie sommer uit die lug in jou skoot nie. “Ek wou in daardie stadium net act en stories vertel,” onthou sy. “Een van die eerste oudisies wat ek gedoen het, was vir die sepie Egoli, en toe sê die vrou by wie ek die oudisie gedoen het ek sal dit nooit op televisie of in rolprente maak nie.”

Daneel het weer haar voorskoot uitgehaal en kelnerin geword. “Maar ek was só miserable. My destydse kêrel het my aangespoor om ’n agent te kry.”

Wanneer sy terugkyk, is sy eintlik dankbaar vir al daardie verwerping, bieg sy. “Dit het my nederig gemaak en ook gewys alles gebeur met ’n doel. You never know what you’re saved from,” lag sy.

DROOMROLLE

Die rol van Suzette in Nêrens, Noord-Kaap het haar laat moed skep. “Sjoe, ek was in die wolke. ’n Deurlopend­e rol in ’n hele TV-reeks!

En dit boonop saam met groot name soos

Frank Opperman, wat die patriarg Lourens gespeel het. Die eerste dag op stel was my ouboet Braam se verjaardag. Ek het hom gebel en gesê: ‘Ouboet, jy sal nie glo wie sit hier oorkant my nie: dis Ouboet!’ Ek was so opgewonde, ek het soos ’n kind opgetree en glad nie soos ’n grootmens nie.”

Sy hou daarvan om sterk vrouekarak­ters te vertolk. “Suzette was een van my TV-hoogtepunt­e. Ek dink die kykers het met Suzette geïdentifi­seer omdat sy ander mense soos Ronnie (Albert Pretorius) wil red. Ek is so bly daar is ’n vervolgree­ks aan die kom.”

Die rol van Anna Pretorius, die lesbiese vrou wat sy vanjaar in M-Net se dramareeks Recipes For Love And Murder vertolk het, was net so ’n juweel, vertel sy. “Anna se hart was gebreek en sy het gedoen wat sy moes doen,” sê sy sonder om te veel te verklap vir mense wat dit nog nie gekyk het nie.

En Bianca in die dramareeks Fraksie is ook so reg in haar kraal. “Bianca is intelligen­t en het ’n klein hartjie. Maar eintlik wil sy net haarself wees, en as sy nie kan nie, maak dit haar so ’n bietjie geniepsig.”

VELE TALENTE

Terwyl sy gesukkel het om haar deurbraak op TV te maak, het sy haar talent in tientalle verhoogdra­mas geslyp. Benewens die rol van Petruchio in The Taming Of The Shrew, sonder sy ook Magenta in The Rocky Horror Picture Show uit waarvoor sy met ’n Fleur du Cap-prys bekroon is. Verhoogwer­k en televisie- of filmwerk is “twee verskillen­de diere. Omdat met rolprent- en televisiew­erk nie vooraf repetisies plaasvind nie, moet jy as akteur jou woorde deeglik onder die knie hê wanneer jy op die stel gaan. Ek skryf my woorde uit en leer dit so goed uit my kop uit dat jy my in die middel van die nag kan wakker maak dan sal ek dit vir jou opsê.”

Sy neem ook gereeld oudioboeke op en doen dikwels radiowerk en oorklankin­g. “Ek speel tans die rol van die baddie Chuda in die oorgeklank­te Turkse telenovell­e Soete Wraak op die stroomplat­form eVod, en geniet dit baie.”

 ?? ?? Daneel van der Walt vertolk die rol van Bianca in die nuwe dramareeks Fraksie.
Daneel van der Walt vertolk die rol van Bianca in die nuwe dramareeks Fraksie.
 ?? ?? Daneel as die narkotiseu­r Bianca in ’n toneel uit die dramareeks Fraksie.
Daneel as die narkotiseu­r Bianca in ’n toneel uit die dramareeks Fraksie.
 ?? ?? Daneel het haar kat Finally gedoop omdat sy so lank gewag het om een te kry.
Daneel het haar kat Finally gedoop omdat sy so lank gewag het om een te kry.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa