TV Plus (Afrikaans)

Aap uit die mou

Zelda se groot geheim oor haar kanker onthul.

-

Die manipulere­nde Zelda (Sandi Schultz) wil heeltyd hê almal moet na haar pype dans. En die meeste van die tyd kry sy haar sin. Maar nou loop sy haar rieme styf. Sy steek al vir meer as ’n maand haar groot geheim, dat sy kanker het, vir die personeel by haar salon Skin Investment en selfs vir haar dogter, Pam (Tracey Lee Olivier), weg. Maar haar handlanger, vertroueli­ng en katelknaap, Arno (Jean Henry), vind haar groot geheim uit – en sy weet wanneer die nuus oor haar kanker verder uitlek, kan dit ’n slegte nadraai hê. WOEDE EN FRUSTRASIE

Zelda is woedend wanneer Arno in haar lêers loer en afkom op ’n verslag van haar dokter, waarin haar diagnose bevestig word, sê Sandi. “Zelda wil nie hê ander mense moet van haar siekte weet nie. Sy word as ’n sterk en suksesvoll­e vrou in die gemeenskap gesien en boweal is sy baie trots,” voeg Sandi by.

Zelda se frustrasie neem toe wanneer Arno sonder haar medewete vir haar ’n afspraak by ’n ander dokter reël. “Sy is kwaad, want nou het hy reeds vir iemand anders vertel. Sy het gereeld kontak met haar dokter; en weier om na die ander dokter te gaan, want dit gaan wys sy is ’n swakkeling.” Eintlik is Zelda so ’n bietjie in ontkenning. “Sy glo sy is sterk en is nie veronderst­el om siek te wees nie. Sy het gereeld pyn, maar probeer dit wegsteek, al begin almal om haar onraad vermoed. En dit maak haar natuurlik nóg knorriger en meer kort van draad.” SKOK EN KOMMER

Zelda sukkel al hoe meer om haar diagnose weg te steek. Sy weet nie hoe sy haar chemo-sessies vir haar personeel by die salon gaan verberg nie.

Wanneer Lydia (Rika Sennett), Sanet (Nadia Valvekens) en Anja (Reandi Grey) se ma aan kanker sterf, maak dit Zelda vreesbevan­ge. “Zelda weet sy het mediese hulp nodig. Maar sy wil nie te veel oor haar siekte tob nie, want sy moet Gys (Justin Strydom) eers laat ondergaan,” sê Sandi oor haar karakter se vyand.

“Zelda wil sien Gys betaal vir wat in die verlede gebeur het.” Maar die uurglas loop leeg.

 ?? ?? Zelda (regs) probeer haar terminale siekte vir almal wegsteek, maar Arno (links) vind haar geheim uit.
Zelda (regs) probeer haar terminale siekte vir almal wegsteek, maar Arno (links) vind haar geheim uit.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa