TV Plus (Afrikaans)

Ambisie neem oor

Nicolette is terug in Pretoria en sy probeer by haar eks-verloofde Liam se pa aanlê!

-

om ons sê maar net Kanada was nie wat sy gehoop het dit gaan wees nie,” sê die aktrise Kate Roothman oor haar karakter dr. Nicolette Nortje wat uit die bloute weer in Pretoria opdaag en sommer dadelik as locum by die Binneland-kliniek se ongevalle-afdeling inval. Haar eksverloof­de, dr.

Liam (David Vivier) en sy huidige meisie, verpleegst­er Karen (Luandri Reynders), is stomgeslaa­n en op hul hoede, want dinge het in April vanjaar op ’n suur noot tussen Liam en Nicolette geëindig.

Volgens hulle het Nicolette ’n agenda en die kans is goed sy gaan hulle probeer terugkry vir haar hartseer toe sy weg is nadat dinge tussen haar en Liam nie uitgewerk het nie. Maar Nicolette is min gepla oor Liam en Karen, sê Kate. Nicolette voel niks meer vir Liam nie en fokus eerder daarop om haar loopbaan te bevorder. Dís haar agenda, en as sy moet vuil speel om die leer te klim, dan sal sy.

PASSIEVOL

Liam en Karen is vies vir dr. Tertius (Reynardt Hugo), die hoof van ongevalle, wanneer hulle hoor hy het Nicolette aangestel. “Tertius was desperaat vir nóg hande in ongevalle en steur hom nie veel aan Liam en Karen se ongelukkig­heid nie,” sê Kate.

Nicolette laat nie op haar wag nie en knoop gou ’n vriendskap met dr. Zee (Mila Guy) aan wanneer sy hoor Zee assisteer dr.

Steve (Clint Brink) met sy operasies. “Nicolette is passievol om haar kennis en vaardighed­e te verbreed en Steve is een van die beste plastiese chirurge in die land. As hy vir Zee die kans kon gee, kan Nicolette hom dalk ook assisteer.”

KENNIS EN INTELLIGEN­SIE

Wat Zee nie besef nie, is Nicolette manipuleer haar om nader aan Steve te kom. Later kuier Nicolette by Doepa en ontmoet dr. Dawid Opperman (Deon Lotz), Liam se pa. “Nicolette het geen idee dis Liam se pa nie, maar sy flirt woes wanneer sy hoor hy is ’n dokter en het al reg oor die wêreld gewerk. Vir haar is kennis en intelligen­sie aantreklik,” sê Kate.

Intussen kry Nicolette die kans om Steve te assisteer. “En as sy Steve, Zee en Dawid om haar pinkie kan draai, kan sy behoorlik amok maak.”

 ?? ?? Nicolette (regs) maak ogies vir dr. Dawid Opperman (inlas).
Nicolette (regs) maak ogies vir dr. Dawid Opperman (inlas).
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa