TV Plus (Afrikaans)

Nuwe vennootska­p

Emile is terug en soek sy pond vleis by Mortlocks-restaurant.

-

Net wanneer ons gedink het ons is klaar met die booswig Ingrid van

Schalkwyk (Rehane

Abrahams) en al haar drama toe sy in September vanjaar in ’n inrigting opgeneem is, kom haar voormalige handlanger Emile (Christian Bennett) en maak amok in Arendsvlei. “Emile is uit op parool danksy goeie gedrag,” sê Christian en verduideli­k: “Toe alles oor Ingrid se grudade aan die lig gekom het tydens haar verhoor (in September) en dat Emile in opdrag van Ingrid skuld beken het vir van haar moorde (waarvoor hy in die tronk was), is sy saak en tronkstraf heroorweeg en is hy vrygelaat,” voeg Christian by. As ’n vry man maak Emile sy eerste draai by die Wendy House, of Mortlocks-restaurant soos dit nou bekend staan, en sê vir die bestuurder, Janice (CrystalDon­na Roberts), hy besit die helfte van die ondernemin­g . . .

OM DIE VREDE TE BEWAAR

“Janice is erg geskok deur Emile se onthulling,” sê Crystal-Donna. “Eers wil sy dit nie glo nie, maar Emile het dokumente wat bevestig hy besit 50% van die restaurant.”

Janice het die bestuur van die restaurant oorgeneem toe Ingrid se dogter, Debra (Kay Smith), dit aan Janice oorgedra het met Debra se vertrek na Parys, Frankryk, einde September vanjaar. Janice het gesukkel om haar verantwoor­delikhede by haar eie haarsalon en Mortlocks te versoen, maar het uiteindeli­k ’n balans gevind. “Janice se onlangse miskraam (in Oktober) het sy tol van haar geëis, maar sy gaan nie toelaat dat Emile vir haar voorskryf wat om te doen nie,” sê Crystal-Donna.

THYS SIEN ROOI

Thys (Sherman Pharo), Janice se eksman, is stomgeslaa­n wanneer hy hoor Emile is Janice se sakevennoo­t. “Thys is ontsteld, want Emile het destyds (in 2019) Janice en Thys se dogter, Claudia (Ann Juries-May), ontvoer toe Ingrid Thys leed wou aandoen,” sê Crystal-Donna. Janice is bewus daarvan, maar sê sy sal dinge self hanteer. Boonop betrap Janice se man, Lionel (Jody Abrahams), Emile en Janice later in ’n oomblik by Mortlocks wat lyk of iets romanties tussen hulle broei. Is dit ’n misverstan­d? Crystal-Donna sê Lionel het rede om bekommerd te wees . . .

 ?? ?? Janice (regs) het haar hande vol met haar nuwe sakeven
noot Emile (inlas).
Janice (regs) het haar hande vol met haar nuwe sakeven noot Emile (inlas).
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa