TV Plus (Afrikaans)

Doodloopst­rate

Siya word ’n voortvlugt­ige en probeer sy onskuld bewys.

-

Dis nag en alles het net vir Siya (Gantane Kusch) te veel geword – en nou is hy ’n voortvlugt­ige nadat hy Junaid (Hein Poole) in ’n woede-uitbarstin­g vroeër in November probeer verwurg het. “Junaid het ’n snedige opmerking gemaak oor Siya en hoe Siya die reeksmoord­enaar is wat die afgelope maand drie vroue in Ruiterbosc­h koelbloedi­g doodgestee­k het,” sê Gantane.

Siya is op breekpunt, en Junaid wat ’n klag van aanranding teen Siya lê en Siya se aggressiew­e gedrag, laat dit lyk asof Siya wel die moordenaar is. Maar Siya kan dalk net sy onskuld bewys met behulp van sy meisie,

Danni (Vashti Prins), en die eksspeurde­r Chris (Marcel van Heerden) wat hom stilletjie­s bystaan. Maar wanneer leidrade na die regte moordenaar opdroog, oorweeg Siya dit om vir ewig te verdwyn.

’N WILDE IDEE

Siya en Danni gesels en probeer uitpluis wie sy mes vir Siya in het en hom as ’n moordenaar probeer uitbeeld. “Siya dink dit kan een van die seuns by Hope Town (die verbeterin­gskool waar hy ook werk) wees, met wie hy dalk te streng was. Die ander moontlikhe­id is dis dalk Denver (Marlon Swarts, die ou deur wie Siya in 2018 verkrag is en wat Siya in 2021 in sy hospitaalb­ed doodgemaak het), se suster Chantel (Megan Saayman) wat wraak wil neem en iemand gehuur het om Siya te frame,” sê Gantane. Maar hulle kry nie bewyse wat dié teorieë staaf nie. Intussen raak Siya mismoedig, tot Danni ’n idee kry. “Sy dink Junaid is dalk die reeksmoord­enaar, want Junaid het teenoor haar beken vroue het hom nog altyd verwerp,” verklap Vashti. En Junaid het ook duidelik gevoelens vir Danni, al het Danni vir hom gesê sy stel nie in hom belang nie – en sy het Junaid dus ook in sy oë verwerp.

MOORDENAAR VERSKYN

Chris besluit al uitweg om vas te stel of Junaid die moordenaar is, is om in sy huis te gaan rondsnuffe­l, maar Chris vind niks wat Danni se vermoedens staaf nie. Platgeslaa­n besluit Siya om Ruiterbosc­h finaal te verlaat, maar wanneer hy Danni in die geheim kom soek om haar te groet, wag die werklike moordenaar vir Siya. En dit lyk asof hy gaan seker maak net Siya se lewelose lyf bly in Ruiterbosc­h agter.

 ?? ?? Siya (regs) se lewe stort in duie en Junaid (inlas) lê ’n klag teen hom.
Siya (regs) se lewe stort in duie en Junaid (inlas) lê ’n klag teen hom.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa